Premie-aanpassing Voorbeeld Klousules

Premie-aanpassing. Indien hierdie afdeling op ’n ongespesifiseerde voertuig-grondslag uitgereik word, moet die versekerde aan die einde van elke versekeringstydperk ’n verklaring van die totale aantal voertuie wat op sodanige verstrykingsdatum deur hom besit, gehuur of gebruikhuur is, by die versekeraar indien. By ontvangs van hierdie verklaring doen die versekeraar ’n premie-aanpassing van 50 persent van die jaarlikse tarief per voertuig toegepas op die verskil in die aantal voertuie by die aanvang of die hernuwing en die aantal wat verklaar is. 2.
Premie-aanpassing. Indien die premie vir enige afdeling van hierdie polis volgens enige geraamde syfers bereken word, moet die versekerde ná die verstryking van elke versekeringstydperk die versekeraar van sodanige besonderhede en inligting voorsien as wat die versekeraar vir die herberekening van die premie vir sodanige tydperk mag verlang. Enige verskil word deur of aan die versekerde betaal, na gelang van die geval. 5.
Premie-aanpassing. (a) Ongespesifiseerde Voertuie Indien hierdie Afdeling op ‘n ongespesifiseerde voertuig grondslag uitgereik word, moet die Versekerde aan die einde van elke versekeringstyperk ‘n verklaring van die totale aantal voetuie wat op sodanige verstrykingdatum deur hom/haar besit, gehuur of gebruikhuur is, by die Maatskappy indien. Op ontvangs van hierdie verklaring doen die Maatskappy ‘n premieaanpassing van 50% van die jaarlikse tarief per voertuig toegepas op die verskil in die aantal voertuie by die aanvang of die hernuwing en die aantal wat verklaar is. (b) Gespesifiseerde Voertuie Indien ‘n voertuig wat hierdeur verseker is met ‘n ander motorvoertuig in plek daarvan vervang word, vir watter rede ookal, xxx aanpassing van premie gemaak word slegs indien die versekerde waardes en uitbreidings van toepassing op die betrokke voertuie verskil. Indien versekerde waardes met die vervanging sou verhoog of verlaag en uitbreidings bygevoeg of weggelaat word, xxx die premie dienooreenkomstig aangepas word. 2.
Premie-aanpassing. SPESIFIEKE VOORWAARDES Indien 'n xxxxxxx wat hierdeur verseker is van die hand gesit word en 'n xxxxx xxxxxxx in die plek daarvan in die Afdeling opgeneem word, xxx xxxx aanpassing van premie gemaak word nie indien die versekerde waardes en uitbreidings van toepassing op die betrokke xxxxxxx nie verskil nie. Indien versekerde waardes met die vervanging sou verhoog of verlaag en uitbreidings bygevoeg of weggelaat word, xxx die premie dienooreenkomstig aangepas word. 2.