Beskrywing van gebruik Voorbeeld Klousules

Beskrywing van gebruik. Gebruik vir sosiale-, huishoudelike-, plesier- en private doeleindes uitgesonderd (a) gebruik in verband met enige besigheid, handel of beroep of terwyl die versekerde eiendom uitverhuur word op huur- of bevragtingskontrak (b) gebruik vir resiesja of snelheidstoetse of enige proewe in verband daarmee Met dien verstande dat: indien die versekerde die bykomende premie betaal het vir hierdie uitbreiding die maatskappy die versekerde skadeloos xxx xxxx of vergoed ingevolge hierdie afdeling terwyl die vaartuig gebruik word vir resiesja of snelheidstoetse of enige proewe in verband daarmee. 5.
Beskrywing van gebruik. Gebruik vir sosiale, huishoudelike en ontspanningsdoeleindes en gebruik vir die besigheid of beroep van die versekerde. Met uitsluiting van: (a) verhuring, vervoer van passasiers teen vergoeding of die vervoer van reisgeldbetalende passasiers, xxxxx, spoed of ander wedrenne, tydrenne, tydtoetse, vervoer van plofstowwe of vervoer van enige vrag of passasiers wat die dravermoë oorskry waarvoor dit gebou of gelisensieer is; (b) enige aktiwiteit wat verband hou met die motorhandel. Die skadeloosstelling aan die versekerde in verband met enige versekerde voertuig geld terwyl sodanige voertuig in die bewaring of onder die beheer van ’n lid van die motorhandel is vir die doel van versiening, instandhouding of herstelwerk.
Beskrywing van gebruik. Stelsels gebruik deur die Versekerde uitsluitlik virboerderydoeleindes vir eie gebruik alleen. Die skadeloossteling van die Versekerde ten opsigte van enige xxxxxxx is slegs van toepassing terwyl sodanige versekerde xxxxxxx xxxxx die beheer of toesig van die Versekerde of sy werknemers vir die doel van boerderydoeleindes. 4.
Beskrywing van gebruik. Klas 0 Motorvoertuie gebruik deur boere uitsluitlik vir: (a) eie boerderydoeleindes en/of (b) sosiale-, huishoudelike- en plesierdoeleindes en/of (c) vir georganiseerde gebiedsbeskerming ter voorkoming van misdaad. Klas 1 (i) Privaatmotors, ligte afleweringswaens (LAW's), karavane, motorfietse, vierwielmotorfietse en tweewielbagasie sleepwaens gebruik deur boere betrokke: (a) in ander beroepe vir sosiale-, huishoudelike- en plesierdoeleindes en/of (b) vir xxxx xx en van die werk van die versekerde en gebruik in verband met die versekerde se besigheid of beroep xxxx vermeld in die bylae en/of (c) kommersiële jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite en/of (d) vir georganiseerde gebiedsbeskerming ter voorkoming van misdaad. (ii) Privaatmotors, ligte afleweringsvoertuie (LAW’s), karavane, motorfietse, vierwielmotorfietse en tweewielbagasiesleepwaens gebruik deur individue betrokke in ander beroepe vir sosiale-, huishoudelike- en plesierdoeleindes en/of vir xxxx xx en van die werk van die versekerde. Die skadeloosstelling van die versekerde ten opsigte van enige voertuig is van toepassing terwyl sodanige versekerde voertuig onder die beheer of toesig van 'n lid van die motorhandel vir doeleindes van opknapping, versiening of herstelwerk is Met uitsluiting van: verhuring, vervoer van passasiers teen vergoeding of die vervoer van reisgeldbetalende passasiers (uitgesonderd ten opsigte van jag- en/of wildbesigtigingsaktiwiteite), xxxxx, spoed of ander wedrenne, tydrenne, tydtoetse, vervoer van plofstowwe of vervoer van enige vrag of passasiers wat die dravermoë oorskry waarvoor dit gebou of gelisensieerd is of gebruik vir enige doeleindes in verband met die motorhandel. 4.
Beskrywing van gebruik. Gebruik vir sosiale, huishoudelike en ontspanningsdoeleindes en gebruik vir die besigheid of beroep van die versekerde. Met uitsluiting van verhuring, vervoer van passasiers teen vergoeding of die vervoer van reisgeldbetalende passasiers, xxxxx, spoed- of ander wedrenne, tydrenne, tydtoetse, vervoer van plofstowwe of vervoer van enige vrag of passasiers wat die dravermoë oorskry waarvoor dit gebou of gelisensieer is of gebruik vir enige doeleindes in verband met die motorhandel. Die skadeloosstelling aan die versekerde in verband met enige voertuig geld terwyl sodanige voertuig in die bewaring of onder die beheer van ’n lid van die motorhandel is vir die doel van versiening, instandhouding of herstelwerk. Opsionele beperkings Slegs derde party (indien in die bylae as van toepassing vermeld) Onderafdeling A en C en die bepalings ten opsigte van die geeneiskorting word gekanselleer. Slegs derde party, brand en diefstal (indien in die bylae as van toepassing vermeld) Die aanspreeklikheid van die versekeraar ingevolge onderafdeling A word uitsluitlik beperk tot verlies of skade wat ontstaan weens brand, selfontbranding, weerlig of ontploffing of weens diefstal of enige poging daartoe. Verder word onderafdeling C en die bepalings ten opsigte van die geeneiskorting gekanselleer. Spesifieke uitsonderings 1. Die versekeraar is nie aanspreeklik vir enige ongeluk, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid nie (a) terwyl die voertuig met die medewete en toestemming van die versekerde op ’n xxxxx xxxx as in ooreenstemming met die klousule: beskrywing van gebruik, gebruik word. (b) opgedoen buite die Repubiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi, maar die versekeraar stel die versekerde skadeloos teen verlies van of skade aan enige voertuig terwyl dit in xxxxxxxx is op see of per lug tussen hawens of plekke in hierdie grondgebiede, insluitende die laai en aflaai wat met sodanige xxxxxxxx gepaard gaan. (c) opgedoen terwyl enige voertuig bestuur word deur (i) die versekerde terwyl xx xxxxx die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ’n lid van die mediese beroep behalwe hyself) of terwyl hy nie gelisensieer is om sodanige voertuig te bestuur nie. (ii) enige xxxxx xxxxxxx met die algemene toestemming van die versekerde wat na wete van die versekerde onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (ten...