In die tweede aansoek het die eiser egter ‘n nuwe standpunt ingeneem:
In die tweede aansoek het die ▇▇▇▇▇ egter ‘n nuwe standpunt ingeneem:
“▇▇ ▇▇▇▇▇ dat die ooreenkoms tot op datum deur my sowel as die respondent geïnterpreteer was as een wat eksklusief is.”
en verder:
“Ek word egter nou geadviseer dat daardie interpretasie waarskynlik foutief is.”
Die aanhef van die kontrak is belangrik, aangesien dit die bedoeling van die partye uiteensit ten tye van die sluit van die kontrak:
“Aangesien die Meule behoefte daaraan het dat voorraad van en na ▇▇ ▇▇▇▇▇ te Mokopane vervoer moet word.
En aangesien die Kontrakteur bereid is om sodanige vervoer waar te neem.
En aangesien die Meule en die Kontrakteur ooreengekom het om die voorwaardes van hul ooreenkoms op skrif ▇▇ ▇▇▇▇▇.
Nou, derhalwe, getuig hierdie akte as volg:”
In MTK Saagmeule (Pty) Ltd v Killyman Estates (Pty) Ltd 1980 (3) (AA) 1 op p12 FH:
“Dit is so dat 'n dokument in die algemeen nie vertolk kan word nie deur die latere gedrag van die partye in aanmerking te neem, maar, wanneer daar dubbelsinnigheid bestaan, kan gepoog word om die werklike bedoeling van die partye vas te stel uit die kontrak self en uit getuienis wat aantoon hoe die partye self die kontrak verstaan het. In ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ v ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ 1949 (1) SA 91 (A) te 101 stel hierdie Hof die posisie ▇▇▇▇ volg:
“By their conduct both parties construed clause 4 of the agreement in the meaning contended for by the plaintiff, and, assuming that that clause is ambiguous, their conduct constitutes an additional reason for holding that that meaning is correct. See Breed v ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ and Others 1932 AD 283 at 292 and Shill v ▇▇▇▇▇▇ 1937 AD 101 at 110, 111.”
Die vervoer kontrak is baie duidelik uiteengesit in klousule 4 en kan daar in hierdie geval nie sprake wees van dubbelsinnigheid nie.
Nêrens in die vervoerooreenkoms word dit bepaal dat die ▇▇▇▇▇ slegs, nadat ‘n skriftelike versoek van die verweerder vir vervoer werk ontvang is, ▇▇▇ prestreer as hy kan nie. Mnr ▇▇▇▇, vir die ▇▇▇▇▇, ▇▇▇▇ toegee dat daar nie so ‘n klousule in die vervoerkontrak is nie en dat dit ‘n afleiding is wat die hof
moet maak. Die ▇▇▇▇▇ ▇▇ argument dat elke opdrag of versoek van die verweerder as ‘n nuwe kontrak onderhewig aan die sogenaamde hoofooreenkoms is, kan nooit korrek wees nie. Daar is geen sodanige klousule in die ooreenkoms nie.
Klousule 4 van die vervoerkontrak bepaal dat die ▇▇▇▇▇ die vervoer van Potgietersrus Meule se voorraad na en van die meule se depots en ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ doen ▇▇▇▇ skriftelik versoek deur die meule. Al vervoer wat deur die kontrak uitgesluit word, is die van mielie aankope wat op ‘n ad hoc basis ▇▇▇ geskied in terme van klousules 6 en 9. In terme van klousule 6 is losmaat mielies en meel wat deur kliënte van die meule self gelaai word, uitgesluit. In terme van klousule 5 is alle vervoer van voorraad op die meule se perseel ook uitgesluit.
Die meule het ook in klousule 7 gewaarborg dat die ▇▇▇▇▇ vir elke drie maande van die ooreenkoms 2500 ton voorraad per maand ▇▇▇ vervoer. Klousule 8 handel met die tyd van aflewering en bepaal:
“Die Kontrakteur is verplig om alle aflewerings so spoedig moontlik te doen, maar in alle gevalle nie later nie as 24 (vierentwintig) uur vanaf die tyd waarop die opdrag vir die vervoer aan hom gegee is nie.”
Die ▇▇▇▇▇ is van mening dat dit gewysig is deurdat die laaibriewe soms latere datums bevat het vir aflewering. Die ▇▇▇▇▇ was van mening dat dit veroorsaak het dat die bepalings van klousule 8 nie meer van toepassing behoort ▇▇ ▇▇▇▇ nie, en het dus nie meer gesorg dat die vervoer in terme van klousule 8 geskied nie. Dit is so dat die verweerder ‘n informele reëling met die ▇▇▇▇▇
▇▇▇▇▇ het dat die laaibriewe die vorige dag tussen 12h00 – 13h00 aan die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ word. Dit was egter slegs ‘n toegewing.
Dit kan egter nie die terme van die vervoerkontrak wysig nie, aangesien klousules 40 en 41 uitdruklik voorsiening maak dat die leerstuk van estoppel nie opgewerp kan word ten opsigte van enige tegemoetkoming vir uitstel of toegewing nie en dat alle wysigings van die kontrak skriftelik moet wees en deur beide partye aanvaar en onderteken moet word. Dit het nooit gebeur nie.
Indien die vervoerkontrak as geheel gelees word, is dit duidelik dat daar geen sprake kan wees dat elke versoek of opdrag vir vervoer aan die ▇▇▇▇▇ ‘n tipe minikontrak is nie en dat die ▇▇▇▇▇ geregtig is om die opdrag te aanvaar of van die hand ▇▇ ▇▇▇, nie. Dit ▇▇▇ tot absurde gevolge lei en is totaal onhoudbaar met die terme van die vervoerkontrak.
Die bepalings van die vervoerkontrak is duidelik dat die ▇▇▇▇▇ onderneem om vervoer vir die verweerder te doen nie slegs as hy kan nie, maar in alle gevalle.
Hier het die repudiasie plaasgevind in die funderende eedsverklaring van die ▇▇▇▇▇ in die tweede aansoek en is die repudiasie deur die verweerder aanvaar in die antwoordende eedsverklaring en is die kontrak gekanselleer.
Hierdie hof moet nou aan die hand van die objektiewe toets bepaal of die ▇▇▇▇▇ die vervoerkontrak repudieer het. In hierdie geval het mnr ▇▇▇▇, namens die ▇▇▇▇▇, betoog dat die ▇▇▇▇▇ bona fide geglo het dat hy die kontrak korrek interpreteer en subjektief aan die kontrak gebonde ▇▇▇ ▇▇▇▇.
In Datacoror International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd 2001 (2) SA 284 SCA het ▇▇▇▇▇▇▇▇ AR bevind op p 294:
“Conceivably it could therefore happen that one party, in truth intending to repudiate (as he later confesses), expressed himself so inconclusively that he is afterwards held not to have done so; conversely, that his conduct may justify the inference that he did not propose to perform even though he can afterwards demonstrate his good faith and his best intentions at the time. The emphasis is not on the repudiating party's state of mind, on what he subjectively intended, but on what someone in the position of the innocent party would think he intended to do; repudiation is accordingly not a matter of intention, it is a matter of perception. The perception is that of a reasonable person placed in the position of the aggrieved party. The test is whether such a notional reasonable person would conclude that proper performance (in accordance with a true interpretation of the agreement) will not be forthcoming.” (my beklemtoning)
Die toets in hierdie geval is dus wat ‘n redelike ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ aflei, in die posisie van die verweerder, wat die bedoeling van die ▇▇▇▇▇ was. Dit is geykte reg dat
die onskuldige party by ‘n repudiasie ▇▇▇ ▇▇▇▇ om die kontrak in stand ▇▇ ▇▇▇ en af ▇▇ ▇▇▇▇▇ óf om die kontrak te kanselleer. Die keuse is dus die van die verweerder wat in hierdie geval betoog dat die ▇▇▇▇▇ die kontrak repudieer het in die eedsverklaring in die tweede aansoek voor die hof en het die verweerder as gevolg van die repudiasie die kontrak kanselleer in die antwoordende eedsverklaring.
In Metalmil (Pty) Ltd v AECI Explosives and Chemicals Ltd 1994 (3) SA 673 AD het Howie AR bevind op p 685:
“The test which must be applied is whether respondent ‘acted in such a way as to lead a reasonable person to the conclusion that he did not intend to fulfil his part of the contract.”
In ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ v Minister van Openbare Werke en Gemeenskapsbou 1978 (2) SA 835 (A) het Rabie AR op p 845H – 846A bevind:
“Om 'n ooreenkoms te repudieer, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ nie, ▇▇▇▇ in die aangehaalde woorde uit Freeth v ▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ word, 'n subjektiewe bedoeling ▇▇ ▇▇▇▇ om 'n einde aan die ooreenkoms ▇▇ ▇▇▇▇ nie. Waar 'n party, bv, ▇▇▇▇▇ ▇▇ 'n belangrike bepaling van 'n ooreenkoms na te kom, sou sy optrede regtens op 'n repudiëring van die ooreenkoms kon neerkom, al sou hy ook meen dat hy sy verpligtinge behoorlik nakom.”
In hierdie geval het die ▇▇▇▇▇ dit duidelik gemaak dat volgens hom die vervoerkontrak slegs as ‘n raamwerk gesluit is en alle opdragte vir vervoer is individuele kontrakte wat onderhewig is aan die vervoer kontrak. Die ▇▇▇▇▇ het in sy eedsverklaring in die tweede aansoek beweer:
“Alhoewel beide ▇▇ ▇▇▇▇▇ as die respondent van daardie standpunt af uitgegaan het, word ek geadviseer dat die ooreenkoms nie bepaal dat ek verplig is om alle bestellings wat die meule vir ‘n bepaalde dag aanvaar het, af ▇▇ ▇▇▇▇▇ nie. So ‘n benadering ▇▇▇ tot gevolg hê dat ek kontrakbreuk pleeg wanneer ek nie voertuig beskikbaar het om ‘n bepaalde vrag te kan vervoer nie en ek nie die aanbod om die vervoer van so ‘n vrag waar te neem, kan aanvaar op ‘n tydstip wat my daartoe in ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ stel om die aflewering op die gevraagde datum te kan behartig nie.
So ‘n benadering ▇▇▇ ook inhou dat die respondent my in kontrakbreuk kan dwing deur eenvoudig meer bestellings vir ‘n bepaalde dag te aanvaar as die totale tonnemaat voertuie wat ek tot my beskikking het om aflewerings mee te behartig.
▇▇ ▇▇▇ dus alleenlik onderneem om vrag te vervoer op die tydstip wanneer ek ‘n voertuig vir ‘n bepaalde vrag beskikbaar stel.”
Verder beweer hy dat hy nie in gebreke is aan die bepaling om vervoerwerk binne 24 uur vanaf ‘n versoek te doen nie.
“Wanneer ek dus ‘n voertuig beskikbaar stel om ‘n bepaalde vrag te vervoer, ▇▇▇ die omstandighede bepaal wanneer aflewering plaasvind.
Indien, dit op die tydstip wanneer ek die voertuig beskikbaar stel, duidelik is dat ek nie op die gevraagde dag ▇▇▇ ▇▇▇ aflewer nie en die respondent gaan voort om die aanbod van die voertuig in te skaal, te laai en uit te skaal kan die respondent nie aanvoer dat ek kontrakbreuk pleeg as ek nie die vrag nie op die oorspronklik gevraagde datum aflewer nie.”
Dit blyk hieruit dat die ▇▇▇▇▇ ook sy eie interpretasie ten opsigte van die 24 uur tydperk waarin die vervoer in terme van die kontrak gedoen moet word. Dit is in geheel strydig met klousule 8 van die vervoerkontrak.
In ▇▇▇▇▇▇▇ v van der Merwe 1980 (3) SA 606 T op 611F het ▇▇▇▇▇▇▇ R bevind:
“Wanneer ▇▇▇▇▇▇▇▇ R afstanddoening vermeld, sê hy dat dit (afgesien natuurlik van 'n reeds verwerfde vorderingsreg) alleen betrekking kan hê op 'n bepaling wat uitsluitlik tot die voordeel van een party is; 'n bepaling, bv, dat huurgeld voor 'n sekere datum betaal moet word, is uitsluitlik tot voordeel van die verhuurder en hy kan vanselfsprekend daarvan afstand doen.”
Klousules 40 en 41 van die ooreenkoms is baie duidelik en daarom behoort die ▇▇▇▇▇ ▇▇ beroep op afstanddoening nie te slaag ten opsigte van die 24 uur tydperk nie.
Verder beweer die ▇▇▇▇▇ dat hy nie verplig is om vervoerwerk te doen nie en maak weer staat op die beginsel dat die vervoerkontrak slegs die raamwerk
daar stel en elke opdrag ‘n individuele kontrak behels.
“Indien ek nie ‘n voertuig beskikbaar het om ‘n bepaalde vrag waarvoor daar ‘n aanvraag vir ‘n bepaalde datum gemaak was, te kan vervoer nie, en ▇▇ ▇▇▇▇ so voertuig tot beskikking van die respondent kan stel nie, kan daar tog seer sekerlik nie ‘n vervoerkontrak ten opsigte van daardie goedere tot stand gekom het nie.
Ek het nooit aan die respondent ▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇ dit uitdruklik of stilswyend dat ek, wanneer die respondent ‘n bestelling vir voertuie vir ‘n bepaalde ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ , onvoorwaardelik onderneem om voertuie vir elke lewering beskikbaar te stel nie.”
Hierdie bewerings van die ▇▇▇▇▇ is ook strydig met die terme van die vervoerkontrak.
Die ▇▇▇▇▇ het ook volgens die ▇▇▇▇▇ nie die verweerder in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ as hy nie kan voldoen aan die opdrag nie – die vragmotor het net nie opgedaag nie.
Indien gevolg gegee word aan die ▇▇▇▇▇ ▇▇ interpretasie van die kontrak, ▇▇▇ dit tot absurde gevolge lei, want ▇▇▇ is die vervoerkontrak van nul en gener waarde. Hierdie standpunt van die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ook nie versoen word met die standpunt uiteengesit in die deklarasie nie. Dit blyk ook duidelik dat dit nie is hoe die ▇▇▇▇▇ aanvanklik die vervoerkontrak intrepreteer het en mee gehandel het nie.
Die ▇▇▇▇▇ ▇▇ optrede het gelei tot die verweerder se aanvaarding van die repudiasie as volg:
“Dit is duidelik dat die applikant nie homself meer gebonde ag aan die skriftelike bepalings van die ooreenkoms nie. Ek het regsadvies hieroor ingewin en ▇▇▇▇ ▇▇▇ regsargument aan die Agbare Hof voorgehou word dat die applikant hom in hierdie aansoek skuldig
gemaak het aan die repudiasie van aanhangsel “RD1”. Ek het die magtiging om namens die respondent die voormelde repudiasie te aanvaar. Daar word hiermee ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aan applikant van ‘n teenaansoek van respondent waarvolgens respondent die Agbare ▇▇▇ ▇▇▇ vra om te beslis dat die ooreenkoms behoorlik gekanselleer is.”
In Highveld 7 Properties (Pty) Ltd and Others v ▇▇▇▇▇▇ 1999 (4) SA 1307 (AA) op p 1315 B het ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ AR bevind:
“The test to determine whether conduct amounts to a repudiation is whether
fairly interpreted it exhibits a deliberate and unequivocal intention no longer to be bound”
en ook op p 1315 FG:
“Apart from the fact that it is a question of law, to be decided by the Court, whether the respondent's conduct constituted a repudiation, the test which has to be applied to determine whether the original agreement was repudiated is an objective one. It follows that even a bona fide, subjective intention not to repudiate the agreement would not assist the respondent if he acted in such a way as to lead a reasonable person to the conclusion that he did not intend to fulfil his part of the original agreement.” (my beklemtoning)
Objektief beskou het die optrede van die ▇▇▇▇▇ in hierdie aangeleentheid myns insiens die verweerder die reg gegee om die kontrak te kanselleer, op grond
daarvan dat die ▇▇▇▇▇ die kontrak repudieer het ▇▇▇▇ ▇▇ uitleg van die kontrak in die tweede aansoek se funderende verklaring.
Die ▇▇▇▇▇ ▇▇ uitleg van die kontrak is objektief gesproke onhoudbaar. Die ▇▇▇▇▇ het geen bedoeling gehad om die kontrak na te kom ▇▇▇▇ ooreengekom in die vervoerkontrak nie.
Enige redelike ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ tot hierdie gevolgtrekking kom as die optrede van die ▇▇▇▇▇ ondersoek word. In Datacor International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd (supra) het ▇▇▇▇▇▇▇▇ AR op p 294 J tot p 295 A bevind:
“The conduct from which the inference of impending non or malperformance is to be drawn must be clearcut and unequivocal, ie not equally consistent with any other feasible hypothesis. Repudiation, it has often been stated, is 'a serious matter' (cf ▇▇▇▇ ▇ ▇▇▇▇▇ & Co Ltd v ▇ ▇ ▇▇▇▇▇▇, Son & Co [1940] 3 All ER 60 (HL) at 72B; Metalmil (Pty) Ltd v AECI Explosives and Chemicals Ltd (supra at 685B C), requiring anxious consideration and because parties must be assumed to be predisposed to respect rather than to disregard their contractual commitments not lightly to be presumed.”
Hierdie hof stem saam dat dit ‘n ernstige aangeleentheid is, en ‘n hof al die feite behoorlik moet opweeg en in aanmerking neem alvorens die hof kan beslis dat repudiasie van die hele kontrak plaasgevind het.
Die ▇▇▇▇▇ ▇▇ interpretasie van die vervoer kontrak in hierdie geval raak die wese van die vervoerkontrak en gee geensins uiting aan die bedoeling van die partye nie. Die uitleg van die kontrak ▇▇▇▇ uiteengesit in die tweede aansoek se funderende verklaring kan slegs dui op repudiasie. Die daaropvolgende kansellasie van die kontrak deur die verweerder is die noodwendige gevolg. Dit is dus ook nie nodig vir die hof om die uitleg van klousule 2 te bepaal in die lig van die hof se bevinding ten aansien van repudiasie nie. Die hof bevind dat die ▇▇▇▇▇ ▇▇ eie woorde en gedrag die wese van die kontrak raak en totaal wysig en daardeur het die ▇▇▇▇▇ die kontrak repudieer. Derhalwe was die verweerder geregtig om die kontrak te kanselleer.
Die koste van die twee dringende aansoek was koste in die geding en is dit so dat waar die hof in die guns van die verweerder beslis, die koste die uitslag ▇▇▇ ▇▇▇▇.
▇▇ ▇▇▇▇ die volgende bevel:
Die aksie word van die hand gewys met koste, insluitende die koste van die twee dringende aansoeke.
C Pretorius
Regter van die Hooggeregshof
▇▇▇▇ nommer : 39380/2005
Gehoor op : 16 Oktober 2007
Vir die Applikant : Adv ▇▇ ▇▇▇▇
Opdrag deur : Coetzer de Beer & ▇▇▇▇▇▇▇
Vir die Respondent : Adv ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ SC
Opdrag deur : ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ & ▇▇▇▇▇▇ Ingelyf
Datum van Uitspraak : 18 Oktober 2007
