GRONDWET
PROFESSIONELE VERENIGING VIR AFRIKAANS-TAALONDERRIG IN NAMIBIË
GRONDWET
1. Naam
Die naam van die Vereniging ▇▇▇ ▇▇▇▇ die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië (PVATN), voortaan “die Vereniging”.
2. Doelstellings
Die doelstellings van die Vereniging ▇▇▇ ▇▇▇▇
2.1 die bevordering van Afrikaans as vak aan Namibiese skole;
2.2 die fasilitering ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ en kommunikasie tussen Afrikaansonderwysers in Namibië;
2.3 die daarstel van ’n fasiliteit waardeur Afrikaansonderwysers ’n gevoel van professionele samehorigheid, onderlinge professionele kontak en kommunikasie en ’n gevoel van professionele sin kan ontwikkel en handhaaf;
2.4 die daarstel van ’n forum wat uit Afrikaansonderwysers bestaan wat in mekaar se ondervinding en kundigheid ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ kongresaanbiedings en publikasies wat deur die Vereniging georganiseer, geproduseer en versprei word;
2.5 om die ministeries gemoeid met onderwys by te staan in die indiensopleiding en opknapping van Afrikaansonderwysers;
2.6 om van hulp ▇▇ ▇▇▇▇ in die voorsiening in materiële behoeftes vir die onderrig van Afrikaans in skole;
2.7 om van hulp ▇▇ ▇▇▇▇ in die handhawing en verbetering van onderrig- en leerstandaarde in die vak Afrikaans;
2.8 om met instellings met soortgelyke doelwitte ▇▇ ▇▇▇▇▇▇.
3. Lidmaatskap
3.1 Die volgende kategorieë van lidmaatskap ▇▇▇ bestaan:
3.1.1 Individuele lidmaatskap: primêr Afrikaansonderwysers, -dosente, onderwyskundiges en personeel van die ministeries gemoeid met onderwys. Enige ander belangstellendes wat die doelstellings van die Vereniging onderskryf.
3.1.2 Erelidmaatskap mag deur die Bestuur (kyk paragraaf 5) aan enige persoon toegeken word wat uitstaande bydraes tot die veld van Afrikaansonderrig gelewer het. Sodanige ▇▇▇▇ ▇▇▇ vrygestel wees van ledegelde, maar ▇▇▇ ▇▇▇▇ stemreg hê nie.
3.1.3 Groeplidmaatskap mag deur die Bestuur aan organisasies en skole toegeken word. Ledegelde ▇▇▇ ▇▇▇▇ maal die waarde van individuele ledegelde wees. Vier eksemplare van alle publikasies en korrespondensie van die Vereniging ▇▇▇ aan groeplede gestuur word, en ▇▇▇ aan ’n aangewese persoon geadresseer word wat die groeplidmaatskap verteenwoordig. Slegs een stem ▇▇▇ per groeplidmaatskap toegelaat word.
3.2 Die Bestuur ▇▇▇ die waarde van ledegelde vir die verskillende kategorieë van
lidmaatskap bepaal. Na die betaling van ledegelde ▇▇▇ ’n lid van die Vereniging geregtig wees om publikasies en ander materiaal teen ’n verlaagde tarief te bekom waar moontlik en van toepassing.
3.3 Lede mag hulle reg om oor enige aktiwiteite van die Vereniging te stem uitoefen wanneer hulle persoonlik teenwoordig is by ’n algemene of spesiale vergadering van die Vereniging.
3.4 Die Bestuur mag enige lid se lidmaatskap om geldige redes opskort.
4. Vergaderings
4.1 Die Vereniging ▇▇▇ vergaderings hou ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die Bestuur bepaal, maar ’n algemene vergadering ▇▇▇ ten minste elke twee jaar plaasvind.
4.2 Geouditeerde finansiële state van die Vereniging se ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ aan die algemene vergadering voorgelê word vir goedkeuring deur die teenwoordige lede.
4.3 Die kworum by spesiale of algemene vergaderings van die Vereniging ▇▇▇ uit een derde van die geregistreerde lede van die Vereniging bestaan.
4.4 ’n Spesiale vergadering kan ter enige tyd wanneer die Bestuur dit nodig ag of op versoek van minstens twintig (20) geregistreerde lede afgekondig word met ’n maand ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ van die datum, tyd, plek en doel van die vergadering.
5. Die Bestuur
5.1 Die bestuur en beheer van die Vereniging ▇▇▇ in die Bestuur gesetel wees, wat ▇▇▇ bestaan uit:
5.1.1 ’n President;
5.1.2 ten minste agt (8) ander verkose lede wat die vier basiese onderrigfases (junior primêr, senior primêr, junior sekondêr, senior sekondêr) asook eerste- en tweedetaalonderrig verteenwoordig;
5.1.3 gekoöpteerde lede (▇▇▇▇ nodig) wat goeie betrekkinge met die Vereniging handhaaf.
5.2 Die Bestuur ▇▇▇ tydens ’n algemene vergadering van die Vereniging gekies word en ▇▇▇ vir ’n termyn van twee (2) jaar dien.
5.3 ’n Uittredende lid van die Bestuur ▇▇▇ herverkiesbaar ▇▇▇▇, ▇▇▇▇▇ hy/▇▇ ▇▇▇-/ haarself nie vir herverkiesing beskikbaar stel nie.
5.4 Die President kan twee opeenvolgende termyne dien, maar kan weer verkiesbaar word na die verstryking van ’n volgende termyn.
5.5 Die kworum vir ’n behoorlik gekonstitueerde Bestuursvergadering ▇▇▇ uit 50% van die lede van die Bestuur bestaan.
5.6 Die Bestuur ▇▇▇ die mag hê om ▇▇ ▇▇▇▇ aan ’n Uitvoerende Komitee, wat uit die Bestuur se geledere verkies is, te delegeer.
5.7 Die Bestuur ▇▇▇ ’n Visepresident, Sekretaris en Tesourier aanwys. Die Visepresident moet uit die lede van die Bestuur aangewys word, terwyl die Sekretaris en Tesourier gekoöpteer kan word uit ander geregistreerde lede.
5.8 Die Bestuur ▇▇▇ by magte wees om lede tot die Bestuur te koöpteer.
5.9 Die verantwoordelikhede van die Bestuur ▇▇▇ ▇▇▇▇:
5.9.1 om toe ▇▇ ▇▇▇▇ dat die doelstellings van die Vereniging uitgevoer word;
5.9.2 om na die finansiële sake van die Vereniging om ▇▇ ▇▇▇▇, waaronder die opening van bankrekeninge ▇▇▇▇ nodig geag, die behoorlike boekhou van rekeninge, die voorlegging van geouditeerde finansiële state, ens.;
5.9.3 om die ledegelde in die verskillende kategorieë van lidmaatskap te bepaal;
5.9.4 om toesig oor die publikasie- en ander aktiwiteite van die Vereniging ▇▇ ▇▇▇, en om daarvoor personeel aan te stel;
5.9.5 om die stigting van takke van die Vereniging aan te moedig;
5.9.6 om verantwoordelikheid te aanvaar vir die reël en hou van kongresse en/of ander vergaderings van die Vereniging;
5.9.7 om met ander akademiese, professionele en staatsliggame met soortgelyke belange ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇ ▇▇ werk;
5.9.8 om enige subkomitees aan te stel wat nodig sou wees om die werk van die Vereniging uit te voer;
5.9.9 om enige nodige regulasies te formuleer wat onmiddellik van krag ▇▇▇ ▇▇▇▇, binne die raamwerk van hierdie Grondwet. Sodanige regulasies ▇▇▇ aan ’n algemene of spesiale vergadering van die Vereniging vir goedkeuring, regstelling en/of wysiging voorgelê word.
5.9.10 Enige klagte wat teen ’n lid van die Vereniging ingebring word, ▇▇▇ ▇▇▇▇ die Bestuur ondersoek word. Die Bestuur ▇▇▇, indien nodig, die gepaste stappe teen sodanige lid doen.
5.10 Die Bestuur ▇▇▇ by magte wees om ’n individu, groep of instelling deur middel van ’n ondubbelsinnig gespesifiseerde kontrak aan te stel en finansieel te vergoed om ’n bepaalde taak uit te voer wat direk met die doelstellings van die Vereniging skakel. Die Bestuur ▇▇▇ tydens algemene vergaderings in besonderhede aan die Vereniging verantwoording doen oor die aard en uitkomste van alle sodanige kontrakte.
6. Kongresse, seminare en opleiding
Die Bestuur, of ’n regmatig gedelegeerde subkomitee, ▇▇▇ verantwoordelik wees vir die organisasie van kongresse, seminare en opleidingsgeleenthede. ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ versprei word ▇▇▇▇ vooraf met die gasheerinstelling ooreengekom is.
7. Fondse
7.1 Die Vereniging ▇▇▇ ’n fonds stig om die onkostes van die Vereniging ▇▇ ▇▇▇▇. Sodanige fonds mag ook aangewend word vir ander waardige doeleindes waarop die Bestuur mag besluit, onderhewig aan paragraaf 7.2.
7.2 Die Vereniging ▇▇▇ ▇▇▇ aanspreeklik wees vir enige finansiële laste of tekorte wat voortspruit uit die ongrondwetlike optrede van Bestuurslede nie.
8. Wysiging van die Grondwet
Hierdie ▇▇▇▇▇▇▇▇ mag gewysig word deur ’n twee-derde meerderheid van die lede teenwoordig by ’n algemene vergadering of ’n spesiale vergadering vir dié doel afgekondig. Volledige kennis van voorgestelde wysigings aan die Grondwet ▇▇▇ ▇▇▇▇ die Sekretaris van die Vereniging aan alle lede gegee word ten minste een maand voor die vergadering waartydens sodanige voorgestelde wysigings ter tafel gelê word.
9. Ontbinding van die Vereniging
9.1 Die Vereniging mag ontbind word deur ’n 75% meerderheid van die lede teenwoordig by ’n vergadering spesiaal afgekondig vir die oorweging van ontbinding.
9.2 By ontbinding of likwidasie van die Vereniging ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ geadministreer word as ’n trust deur ’n ander organisasie of vereniging wat vir dié doel aangewys is.
