Breinlyn
Breinlyn
Leerwêreld
Standaard ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇
Hersien: 27 Junie 2017
Brainline Learning World (Pty) Ltd. Reg. no.: 2008/020005/07
Direkteur: C ▇▇▇▇▇▇
▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇
Montana, Pretoria, 0182 Privaatsak X505, Sinoville, 0129
▇▇▇ (▇) ▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇
▇▇▇▇@▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇ ▇▇▇.▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇
Hierdie Standaard ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ is die wettige kontrak tussen u en ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ (Edms.) Bpk. Ten einde u leerervaring met ▇▇▇▇▇▇▇▇ te geniet, moet u hierdie ooreenkoms lees en aanvaar. Maak asseblief seker dat u die hele dokument deeglik deurlees voordat u die bepalings en voorwaardes van inskrywing by ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ (Edms.) Bpk. aanvaar.
* Druk asseblief hierdie dokument uit. Voltooi dit, en parafeer elke bladsy voordat u dit by die Aanlyn InskrywingsplaForm oplaai.
A. ALGEMENE BEPALINGS EN VOORWAARDES
1. Definisies: In hierdie ooreenkoms word die volgende betekenis aan die woorde hieronder geheg, behalwe as die kontrak anders impliseer.
• “Ek” en “my” beteken die kliënt,
• “julle” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die verskaffer, synde ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ (Edms.) Bpk. (hierna Breinlyn),
• “Hoohantoor” beteken die hoof administratiewe sentrum van Breinlyn,
• “probleem ervaar” beteken enige probleme wat ondervind mag word,
• “sertifikaat” beteken ’n sertifikaat wat die inligting rakende uitstaande bedrae en rente bevat.
2. Ek aanvaar dat gebruik van die enkelvoud in hierdie ooreenkoms ook die meervoud omvat en ▇▇▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇▇▇ die inhoud anders vereis.
3. Ek verstaan dat hierdie ’n bindende aanbod vir die produk is, en onderhewig is aan aanvaarding deur ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇. Eers nadat akademiese en finansiële goedkeuring gefinaliseer is, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ inskrywing bevestig. As ek nie die produk (óf as ’n elektroniese aflading óf in DVD-formaat óf beide) ontvang nie, sal dit geensins my verantwoordelikhede en/of aanspreeklikhede ingevolge hierdie ooreenkoms beïnvloed nie.
4. As die kliënt, magtig ek hiermee óf julself óf ’n vervoerder, waar die keuse van wie by ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇, om die produk (of ’n gedeelte daarvan) by die gemelde afleweringsadres af ▇▇ ▇▇▇▇▇ ooreenkomstig met die besonderhede wat ek via die aanlyn inskrywingsplatform voorsien het.
5. In ’n geval waar enige produkte (of ’n gedeelte daarvan) wat ingevolge hierdie ooreenkoms gekoop is, gebreek of beskadig word, verstaan ek dat sulke produkte gratis vervang ▇▇▇ word op voorwaarde dat ▇▇ ▇▇▇▇▇ vyf (5) werksdae na ontvangs van die produk julle daarvan in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ van ’n e-pos aan ▇▇▇▇@▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇.
6. Ek besef dat die meerderheid van my kommunikasie met Breinlyn telefonies, via e-pos, die brainONLINE- platform en/of die inskrywingsplatform geskied. Daarom aanvaar ek die belang daarvan om my volle en korrekte elektroniese kontakbesonderhede aan Breinlyn te voorsien.
7. Ek verstaan dat julle kommunikasie met my meestal per e-pos geskied. Ek verstaan dat daar nie beweer kan word dat e-posse vanaf Breinlyn nie ontvang word nie, aangesien die bestuur van my e-posrekening my eie verantwoordelikheid is. Breinlyn kan nie aanspreeklik gehou word vir my versuim om my e-posse oop ▇▇ ▇▇▇▇ en/of ▇▇ ▇▇▇▇ nie, of as ek toegang tot my e-posse sou verloor.
8. Ek ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ vyf (5) werksdae skriftelik in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ van enige veranderinge in my residensiële en/ of posadres, e-posadres, of telefoonnommer. Ek aanvaar dat ek enige ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ dra wat ▇▇▇▇▇▇▇▇ mag aangaan omdat ek nagelaat het om Breinlyn in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ stel van ’n verandering in my kontakbesonderhede, ▇▇▇▇ hiervoor genoem.
9. Ek verklaar dat ek bewus van die aard, kwaliteit en inhoud van julle produk is. Ek aanvaar die produk ▇▇▇▇ dit is, met geensins enige waarborge nie.
10. Ek is bewus dat alle afleweringskostes, vir watter rede ookal, insluitend verskepingskoste, posgeld, vraggeld, hanteerkoste, en mediakoste, vir my rekening ▇▇▇ ▇▇▇▇ as ▇▇ ▇▇▇▇▇ Suid-Afrika se grense woon, of as my afleweringsadres buite Suid-Afrika se grense val.
11. Alle ingeslote sagteware en leermateriaal is nie aan my verkoop nie maar gelisensieer slegs vir my gebruik volgens die bepalings van hierdie ooreenkoms. Ek is bewus dat alle regte wat nie uitdruklik aan my toegestaan is nie, deur ▇▇▇▇▇▇▇▇ voorbehou word. ▇▇▇▇▇▇▇▇ behou alle aanspraak op en eienaarskap van hul nie-stoflike goedere en verwante dokumentasie, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ gemeld word. Slegs leerders wat by Breinlyn ingeskryf is, mag Breinlyn se sagteware en leermateriaal gebruik. Alle elektroniese indienings word Breinlyn se eiendom.
12. In geval van enige soort probleem wat ervaar word, is ek bewus van Breinlyn se telefoonnommers en adresse waar ek julle mag kontak vir kliëntediens. Ek besef dat enige soort probleem wat ek ervaar my nie die reg ▇▇▇ ▇▇ hierdie ooreenkoms te kanselleer of betaling ▇▇ ▇▇▇▇▇ nie.
13. Ek aanvaar dat ‘n sertifikaat wat deur ‘n Breinlyn-gemagtigde beampte onderteken is, voldoende bewys is van besonderhede wat hierin gemeld word met die doel om enige voorlopige dagvaarding of ander vonnis teen my te bekom, of vir enige ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇. So ‘n sertifikaat ▇▇▇ ook as prima facie bewys dien dat ek die vermelde bedrag, saam met die rente, skuld en dat die rente betaalbaar is teen die ▇▇▇▇▇ wat daarin vermeld word.
14. Ek voorsien die inligting op die inskrywingsplatform met die doel om my kredietrekord te bekom, en ek verstaan dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ my kredietrekord mag ondersoek en inligting rakende my kredietbestuur met betrekking tot my rekening aan kredietburo’s en ander mag rapporteer.
15. Ek verstaan dat alle vorms van formele assessering nie beskikbaar ▇▇▇ ▇▇▇▇ nie wanneer alle dienste aan my (en dus die leerder) opgeskort word. Ek besef dat dit daartoe ▇▇▇ ▇▇▇ dat die leerder punte verloor. Hiermee aanvaar ek onherroeplik verantwoordelikheid indien so ‘n situasie hom sou voordoen, aangesien ▇▇▇▇▇▇▇▇ nie deur die Departement van Onderwys gesubsidieer is nie en wanbetaling deur my as kontrakbreuk beskou word. Hierdie ▇▇▇ daartoe lei dat die leerder(s) benadeel word weens my eie nalatigheid. Dus vrywaar ek vir Breinlyn en Breinlyn se personeel teen alle verantwoordelikheid in hierdie verband.
16. Ek ▇▇▇ ▇▇▇▇ gedeelte van Breinlyn se produk reproduseer, kopieer of kopiëring daarvan teweegbring nie. Ek stem in tot ‘n boete van ten minste R100 000 (een honderd duisend rand) met skuldbevinding van so ’n oortreding. Die bedrag ▇▇▇ vermeerder afhangende van die bewyse voorsien deur ▇▇▇▇▇▇▇▇.
17. Ek stem saam dat die behoorlike onderrig van my kind/kinders my verantwoordelikheid is, en nie Breinlyn se verantwoordelikheid nie. Ek verstaan dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ net leermiddele voorsien.
18. Ek aanvaar self verantwoordelikheid daarvoor om te verseker dat alle vakkeuses ooreenkom met beoogde loopbane vir alle leerders in graad 10 tot 12.
19. In geval van regsaksies wat uit die breuk van hierdie ooreenkoms voortspruit, ▇▇▇ ek aanspreeklik wees vir alle kostes wat volgens die prokureur-kliënt-skaal bepaal word, insluitend invorderingskommissie.
20. Ek aanvaar die regsbevoegdheid van die Landdroshof met betrekking tot alle geregtelike stappe wat voortspruit uit verbreking van hierdie ooreenkoms.
21. Ek besef dat inskrywing by ▇▇▇▇▇▇▇▇ nie geld as aansoek/registrasie/inskrywing by enige ander owerheid, hetsy privaat of openbaar, ▇▇▇▇ die Department van Onderwys nie.
B. DERDEPARTYVERHOUDINGE
1. ▇▇ ▇▇▇▇▇ dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ geen verhoudinge of affiliasies met enige derdepartye ▇▇▇▇ privaat onderwysers, privaatonderwyssentrums, huisskole, mikroskole, onderwysers/onderwyseresse, onafhanklike skole,
publieke skole of enige ander opvoedkundige instansies het nie, tensy dit uitdruklik in skrif gestipuleer word.
2. Ek verstaan dat die produk aan die ouers of voogde van leerders wat op die inskrywingsplatform ingeskryf is voorsien word en, as sulks, ▇▇▇ ▇▇▇▇ gesprekke of ooreenkomste met enige derdepartye gekommunikeer of oorweeg word nie behalwe met die ouer/voog of individu, ▇▇▇▇ hierbo vermeld.
3. Ek aanvaar dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ nie verantwoordelik gehou ▇▇▇ word vir enige dispuut tussen ouers, voogde of individue en enige ander derdeparty nie.
4. ▇▇ ▇▇▇ toe dat ’n derdeparty aanspreeklik gehou ▇▇▇ word met betrekking tot oortreding van kopiereg waar hy/sy namens ’n ouer, voog of individu optree. ’n Boete ▇▇▇▇ vervat in klousule A.16 kan van toepassing word wanneer so ’n oortreding plaasgevind het.
5. Ek aanvaar dat geen derdeparty namens ’n ouer, voog of individu, met of sonder hul toestemming, enige leerder of individu by ▇▇▇▇▇▇▇▇ mag inskryf nie.
6. ▇▇ ▇▇▇ toe dat die inskrywing van ’n leerder of individu uitdruklik die ouer, voog of individu se verantwoordelikheid is.
7. Ek verstaan dat ’n derdeparty nie betaling namens ▇▇▇▇▇▇▇▇ kan aanvaar nie.
C. KOPIEREG VAN LEERMATERIAAL OF ANDER PRODUKTE VOORSIEN DEUR ENIGE DERDEPARTY
1. Ek aanvaar dat die gebruik van Breinlyn se sagteware en die inhoud daarvan, asook e-▇▇▇▇▇ en ander leermateriaal wat voorsien word, aan lisensiebeperkings onderhewig is. Deur hierdie sagteware en die inhoud daarvan te installeer of te gebruik, stem ek daartoe in om onderworpe ▇▇ ▇▇▇▇ aan die bepalings en voorwaardes van die Breinlyn Standaard Oooreenkoms, die ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en Prosedures, asook ander Riglyne wat deur die jaar op ▇▇▇.▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇ en ▇▇▇.▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇ gepubliseer word.
2. Ek begryp en stem saam dat slegs ’n leerder wat by Breinlyn ingeskryf is, die Breinlyn-produk vir sy/haar eie persoonlike, nie-kommersiële gebruik mag benut en nie vir herverkoop- of herverspreidingsdoelwitte nie.
3. ▇▇ ▇▇▇ toe dat die Breinlyn-produk internettoegang benodig om geaktiveer te word. Die Breinlyn- toepassingsprogram moet dwarsdeur die betrokke akademiese jaar oor die internet gewaarmerk word.
4. Ek verstaan en stem saam dat ek nie gelyktydige toegang tot die leermateriaal op meer as twee toestelle op ‘n keer toegelaat word nie.
5. Ek word slegs toegelaat om leermateriaal wat deur ▇▇▇▇▇▇▇▇ geskep is uit te druk vir my eie, nie-kommersiële gebruik, en nie vir herverkoop of herverspreiding nie. Ek word geensins toegelaat om afskrifte van enige leermateriaal ▇▇ ▇▇▇▇ nie. Geen ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ of party mag enigsins namens my leermateriaal vanaf die Breinlyn-produk uitdruk nie. Hierdie sluit uitdruk by ‘n Postnet of ’n soortgelyke instansie in. Oortreding van hierdie bepaling is ‘n verbreking van die lisensiëringsooreenkoms en regstappe kan daarop volg. Die boete ▇▇▇▇ vervat in klousule A.16 mag ook van toepassing word.
7. Ek aanvaar dat enige en alle kennisgewings en erkennings van kopiereg van enige uitgewer, of uitgewer se lisensieerders, en/of ander intellektuele eiendomsregte wat in die digitale publikasies mag verskyn, insluitend alle kopiereg-, handelsmerk- en ander kennisgewings, van toepassing is.
8. As ▇▇▇▇▇▇▇▇ ’n sistematiese patroon van wangebruik by my sou bespeur, ▇▇▇ ▇▇▇ regstappe geneem word en maatreëls getref word, wat die opskorting van my rekening insluit, om verdere wangebruik te voorkom.
D. TEGNIESE VEREISTES
1. Ek verstaan dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ hul kursusmateriaal, insluitend, maar nie net, e-▇▇▇▇▇, leerdergidse en onderwysersgidse, deur middel van ’n aflaaibare rekenaarprogram ▇▇▇▇▇ wat die Breinlyn-rekenaarprogram genoem word (hierna, die “Rekenaarprogram”).
2. Ek verstaan dat die Rekenaarprogram aan my toegang tot die materiaal van die kursus waarvoor ek ingeskryf het, ▇▇▇▇▇▇▇.
3. ▇▇ ▇▇▇▇▇ dat addisionele sagteware vir die suksesvolle gebruik van die Rekenaarprogram vereis word en dat dit my verantwoordelikheid is om te verseker dat ek al die vereiste sagteware op my rekenaar aflaai voordat ek die Rekenaarprogram installeer en probeer gebruik. Dit is verpligtend dat ek die volgende installeer:
3.1 Adobe Acrobat Reader
3.2 Adobe AIR
3.3 Adobe Flash
4. Ek verstaan dat die Rekenaarprogram slegs vir gebruik op ’n skootrekenaar of ’n rekenaar met ten minste ’n Windows 7-bedryfstelsel (of ▇▇▇▇▇) beskikbaar is, en ▇▇▇ ▇▇▇ met ’n tabletrekenaar, ’n sellulêre foon of ’n Mac versoenbaar wees nie.
5. Ek verstaan dat dit my verantwoordelikheid is om ’n antivirusprogram en “malware”-beskermingsprogram, wat vertroud en opgedateer is, te installeer.
6. Ek verstaan dat die Rekenaarprogram net op een rekenaar of skootrekenaar geïnstalleer kan word, weens redes rakende intellektuele eiendom. Dit is my verantwoordelikheid om die Rekenaarprogram op ’n rekenaar of skootrekenaar te installeer waarop ▇▇ ▇▇▇ werk, en waartoe ek daagliks vir ’n aaneenlopende tydperk toegang het.
7. Ek verstaan dat ek die volgende hardeware benodig om die Rekenaartoepassing suksesvol te kan gebruik:
7.1 ’n Persoonlike rekenaar of skootrekenaar.
7.2 ’n Minimum van 2 GB RAM.
7.3 ’n Minimum van 10 GB vrye hardeskyfspasie of, met ander woorde, ten minste 10 GB stoorplek op my persoonlike rekenaar of skootrekenaar.
7.4 ’n Drukker en skandeerder.
7.5 ’n Mikrofoon en webkamera, indien dit nie by my rekenaar of skootrekenaar ingesluit is nie.
E. CAMBRIDGE
1. Ek verstaan dat Cambridge deur ▇▇▇▇▇▇▇▇ in samewerking met eduCLinED aangebied word.
2. Dit is my eie verantwoordelikheid om te verseker dat ek die korrekte vakke het vir die graad of kwalifikasie wat ek by ‘n tersiêre instansie wil gaan studeer. ▇▇ ▇▇▇ nie vir ▇▇▇▇▇▇▇▇ aanspreeklik hou vir enige vakkeuses wat ek gemaak het nie.
3. ▇▇ ▇▇▇ toe dat Cambridge-fooie ten volle betaalbaar is voordat my inskrywing goedgekeur ▇▇▇ word. Ek aanvaar dat geen uitsonderinge in hierdie verband gemaak ▇▇▇ word nie.
4. Ek aanvaar dat die Cambridge-eksamenfooie ‘n betaling afsonderlik van my kursusfooie uitmaak.
5. Ek verstaan dat die Cambridge-kursusfooie nie handboeke insluit nie, en dat dit my verantwoordelikheid is om die vereisde handboeke vir die vakke wat ek gekies het, aan te koop.
6. Ek verstaan dat Cambridge-kursusfooie vooraf en ten volle betaal moet word voordat my inskrywing goedgekeur en toegang tot die kursusmateriaal aan my toegestaan ▇▇▇ word.
7. Ek verstaan dat my eksamenfooie ten volle betaal moet word voordat ek toegelaat ▇▇▇ word om die eksamen af te lê.
8. Ek verstaan dat ▇▇ ▇▇▇▇▇ geen omstandighede op ‘n terugbetaling vir Cambridge-kursusfooie of
-eksamenfooie geregtig is nie.
F. GENERAL EDUCATION DEVELOPMENT (GED®)
1. GED® is a graad 12-ekwivalent wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid erken word.
2. Breinlyn is ‘n goedgekeurde GED®-verskaffer.
3. Ek verstaan dat ek vir inskrywing en betaling van my eksamen by die GED® Academy verantwoordelik is.
4. Ek verstaan dat GED®-kursusfooie vooraf en ten volle betaal moet word, voordat my inskrywing goedgekeur en toegang tot die kursusmateriaal aan my toegestaan ▇▇▇ word.
5. Ek verstaan dat my eskamenfooie ten volle aan die GED® Academy betaal moet word voordat ek toegelaat ▇▇▇ word om enige eksamen af te lê.
6. ▇▇ ▇▇▇ toe dat geen terugbetalings onder enige omstandighede vir die GED®-kursusfooie of -eksamenfooie gemaak ▇▇▇ word nie.
G. BETALINGSBELEID EN AGTERSTALLIGE REKENINGE
I. BETALINGSBELEID
1. ▇▇ ▇▇▇ toe dat die volgende betalingsmetodes aanvaar word:
1.1 Volle betaling van die totale bedrag.
1.2 Aanvanklike deposito wat gelykstaande is aan 25% van die totale kursusfooi. Hierdie is betaalbaar via elektroniese oorbetaling (EFT), krediet- of debietkaart of ’n
direkte kontankdeposito, gevolg deur debietorderbetalings wat onderworpe
is aan kwalifiserende kredietwaardigheid en indiening van die verpligte Debietordermandaat en ondersteunende dokumentasie volgens die Debietordermandaat.
2. ▇▇ ▇▇▇ toe dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ nie kontantbetalings by hul onderskeie takke, of maandelikse paaiemente via elektroniese oorbetaling, krediet- of debietkaarte, aanvaar nie.
3. ▇▇ ▇▇▇▇ IN DAT SLEGS DEBIETORDERBETALINGS AANVAAR WORD.
4. Ek aanvaar dat debietorderbetalings op ’n maand-tot-maand-basis verwag word, en ▇▇▇ begin vanaf die datum waarop ▇▇▇▇▇▇▇▇ die inskrywing aanvaar en wat onderhewig is aan akademiese en finansiële goedkeuring.
5. Ek aanvaar dat ek vir die produk in paaiemente mag betaal, OP DIE VOORWAARDE DAT die volle uitstaande bedrag (met die finale paaiement) moet voor of op 1 November 2017 betaal word.
6. Ek is daarvoor aanspreeklik om ’n administrasiefooi van R150 te betaal indien my debietorderbetaling nie slaag nie.
7. Ek onderneem om my rekening ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ betaal voordat ▇▇ ▇▇▇▇ inskryf vir die volgende jaar.
II. AGTERSTALLIGE REKENINGE
8. Wanneer my rekening agterstallig is, ▇▇▇ dit ▇▇▇▇ volg hanteer word:
8.1 As my rekening agterstallig is, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ my in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ van my wanbetaling.
8.2 As ek versuim om my rekening te betaal, ▇▇▇ Breinlyn hul dienste binne twintig (20) werksdae na kennisgewing van wanbetaling opskort. Ek verstaan dat dit aanleiding ▇▇▇ ▇▇▇ tot die implikasies ▇▇▇▇ uiteengesit in klousule A.15.
8.3 Ek verstaan dat ▇▇▇▇▇▇▇▇ die reg voorbehou om my oor te handig aan ’n skuldinvorderingsagentskap as ek versuim om my rekening te betaal. Voortgesette
wanbetaling is gelykstaande aan ’n deurslaggewende breuk wat daartoe ▇▇▇ ▇▇▇ dat my kontrak met ▇▇▇▇▇▇▇▇ beëindig word.
9. Ek verstaan dat ek my rekening by die skuldinvorderingsagentskap ten volle moet afbetaal. Indien ▇▇ ▇▇▇▇ sou wou inskryf, verstaan ek dat ek die volle bedrag vir die betrokke ▇▇▇▇▇▇▇▇-produk moet betaal voordat die diens weer ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇.
10. Sodra ek aan ’n skuldinvorderingsagentskap oorgegee is, ▇▇▇ ek in die toekoms nie in aanmerking kom vir paaiementbetalings by ▇▇▇▇▇▇▇▇ nie.
H. BELEID OOR KANSELLASIE EN TERUGBETALING
DEFINISIE(S):
• “Werksdae” behels alle dae behalwe Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae.
• “Datum van kansellasie” is die datum waarop Brainline ’n voltooide Kansellasievorm ontvang het of, indien dit nie op ’n werksdag ingedien is nie, die eerste werksdag daarna.
• “Produk” behels alle goedere en dienste, i.e. die kurrikulum, wat gekoop is by inskrywing.
• “Voorgeskrewe kansellasietydperk” is ten minste twintig (20) werksdae, van ontvangs van kennisgewing af, voor die aanvang van die assesserings- of eksamentydperk, ▇▇▇▇ aangedui in die spesifieke klousule.
I. ALGEMENE KANSELLASIEPROSEDURE:
1. As u u kontrak wil kanselleer, kan u ’n Kansellasievorm aanvra by ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇@▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇ (sluit asseblief u P-nommer in). Daarna ▇▇▇ u die vorm ontvang en ook bystand terwyl u dit invul.
2. Die voltooide Kansellasievorm ▇▇▇ ▇▇▇ aan ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇@▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇▇ gestuur word om die kansellasie af ▇▇ ▇▇▇▇▇▇.
3. Kansellasies ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ twee (2) werksdae na ontvangs afgehandel word.
4. Die rekeninghouer ▇▇▇ steeds aanspreeklik vir enige uitstaande bedrae wat aan Breinlyn verskuldig is vir die produk tot en met die dag van kansellasie.
5. ’n Kansellasie van ’n assessering of eksamen wat ná die voorgeskrewe kansellasietydperk ontvang word ▇▇▇ ▇▇▇ vir ’n terugbetaling in aanmerking kom nie.
6. ▇▇ ▇▇▇ aanspreeklik teenoor ▇▇▇▇▇▇▇▇ vir die bedrag ▇▇▇▇ ooreengekom tydens inskrywing, tot en met die datum van kansellasie. ▇▇▇▇▇▇▇▇ behou die reg voor om ‘n billike kansellasieboete te hef met betrekking tot enige goedere en dienste wat aan my voorsien word.
7. ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇-produk het spesifieke vereistes rondom kansellasie waaraan voldoen moet word.
II. BREINLYN SE EDU2GO GRAAD R:
8. Die volledige Edu2Go-produk word by inskrywing voorsien. Die rekeninghouer is daarvoor verantwoordelik om hierdie produk by inskrywing ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ te betaal.
III. BREINLYN SE EDU2GO GRAAD 1–7 EN OPSIONELE FORMELE ASSESSERING:
9. Die volledige Edu2Go-produk word by inskrywing voorsien. Dit sluit die hele jaarkurrikulum en selfassesseringspakket in.
8. Die rekeninghouer is daarvoor verantwoordelik om hierdie produk by inskrywing ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ te betaal.
9. Opsionele Formele Assessering:
11.1 Inskrywing vir die Junie/November Formele Assessering moet binne die voorgeskrewe kansellasietydperk gekanselleer word.
11.2 ’n Kansellasie ▇▇▇ ten ▇▇▇▇▇ terugbetaal word, mits ’n Kansellasievorm binne die voorgeskrewe kansellasietydperk ingedien word.
11.3 Kansellasies wat ná die voorgeskrewe kansellasietydperk ontvang word ▇▇▇ ▇▇▇ terugbetaal word nie.
IV. BREINLYNEXPRESS GRAAD 8–11 EN OPSIONELE EINDEKSAMEN:
12. Die volledige skoolgebaseerde assessering (SBA) portefeulje word by inskrywing voorsien. Dit sluit die minimum assesseringsitems vir die hele akademiese jaar in.
13. Die rekeninghouer ▇▇▇ aanspreeklik gehou word vir enige uitstaande betalings wat aan ▇▇▇▇▇▇▇▇ verskuldig is tot en met die dag van kansellasie, volgens die Debietordermandaat wat tydens die inskrywingsproses ingedien is.
14. Opsionele Eindeksamen:
14.1 Inskrywing vir die November Formele Assessering moet binne die voorgeskrewe kansellasietydperk gekanselleer word.
14.2 ’n Kansellasie ▇▇▇ ten ▇▇▇▇▇ terugbetaal word, mits ’n Kansellasievorm binne die voorgeskrewe kansellasietydperk ingedien word.
14.3 Kansellasies wat ná die voorgeskrewe kansellasietydperk ontvang is ▇▇▇ ▇▇▇ terugbetaal word nie.
V. BREINLYN (IEB-GERIGTE) GRAAD 8–11:
15. ▇▇▇▇▇▇▇▇ behou die reg voor om ’n billike kansellasieboete te hef met betrekking tot die produk, wat alle assesserings en take insluit, sou ’n Kansellasievorm gedurende die jaar van inskrywing ingedien word.
16. Die rekeninghouer ▇▇▇ aanspreeklik gehou word vir enige uitstaande betalings wat aan ▇▇▇▇▇▇▇▇ verskuldig is tot en met die dag van kansellasie, volgens die Debietordermandaat wat tydens die inskrywingsproses ingedien is.
17. In gevalle waar die hele akademiese jaar vooruit betaal is, ▇▇▇ die bedrag vir terugbetaling bepaal word volgens die dag van kansellasie. ▇▇▇▇▇▇▇▇ is daarop geregtig om ’n billike kansellasieboete te vra, ▇▇▇▇ dit betrekking het op die spesifieke Breinlyn-produk wat gekanselleer word.
VI. BREINLYN (IEB-GERIGTE) GRAAD 12:
18. Die IEB-registrasiefooi moet onmiddellik na die registrasie van ’n matrikulant betaal word en as ’n kansellasie hiervoor na 28 Februarie ingedien word, ▇▇▇ ▇▇▇▇ terugbetaling gedoen word nie.
19. ▇▇▇▇▇▇▇▇ behou die reg voor om ’n billike kansellasieboete te hef met betrekking tot die produk, wat alle assesserings en take insluit, sou ’n Kansellasievorm gedurende die jaar van inskrywing ingedien word.
20. Die rekeninghouer ▇▇▇ aanspreeklik gehou word vir enige uitstaande betalings wat aan ▇▇▇▇▇▇▇▇ verskuldig is tot en met die dag van kansellasie, volgens die Debietordermandaat wat tydens die inskrywingsproses ingedien is.
21. In gevalle waar die rekening vir die hele akademiese jaar vooruit betaal is, ▇▇▇ die terugbetalingsbedrag bepaal word volgens die dag van kansellasie. ▇▇▇▇▇▇▇▇ is daarop geregtig om ’n billike kansellasieboete te vra, ▇▇▇▇ dit betrekking het op die spesifieke Breinlyn-produk wat gekanselleer word.
22. Verpligte fooie vir praktiese eksamens vir Verbruikerstudies en Lewenswetenskappe, asook konsessies (indien van toepassing):
22.1 Kansellasie van inskrywing wat die bogenoemde fooie raak, kan ingedien word binne die voorgeskrewe kansellasietydperk.
22.2 ’n Kansellasie ▇▇▇ ten ▇▇▇▇▇ terugbetaal word, mits ’n Kansellasievorm binne die voorgeskrewe kansellasietydperk ingedien word.
22.3 Kansellasies wat ná die voorgeskrewe kansellasietydperk ontvang word ▇▇▇ ▇▇▇ terugbetaal word nie.
VII. BREINLYN MATRIEK VIR VOLWASSENES:
23. Graad 10–11 (eerste jaar):
23.1 Die volledige Graad 10-kurrikulum word by inskrywing vir die eerste helfte van die jaar voorsien, gevolg deur die Graad 11-kurrikulum vir die tweede helfte van die jaar.
23.2 Die rekeninghouer is daarvoor verantwoordelik om die rekening vir Graad 10 en Graad 11 ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ vereffen.
23.3 Die rekening vir Graad 10 moet ten volle vereffen word voor inskrywing vir Graad 11 toegelaat ▇▇▇ word.
24. Graad 12 (tweede jaar):
24.1 Die beleid, ▇▇▇▇ uiteengesit in punt 6 (VI) “Breinlyn (IEB-gerigte) Graad 12” hierbo, is van toepassing.
24.2 Die rekeninghouer moet die eerste jaar se rekening (Graad 10 en Graad 11) ten volle vereffen voor inskrywing vir Graad 12 toegelaat ▇▇▇ word.
VIII. CAMBRIDGE:
25. Onder geen omstandighede ▇▇▇ enige terugbetalings vir Cambridge-kursusfooie of -eksamenfooie gemaak word nie.
IX. GED®:
26. Onder geen omstandighede ▇▇▇ enige terugbetalings vir GED®-kursusfooie of -eksamenfooie gemaak word nie.
I. DIVERSE
1. Graad 1–7:
1.1 Ek verstaan dat as ek ’n student inskryf met die oog daarop om een graad oor die loop van twee jaar te voltooi, is die volgende van toepassing op my:
1.1.1. Die volle bedrag vir die betrokke graad is betaalbaar gedurende die eerste jaar van inskrywing.
1.1.2. ’n Bedrag gelykstaande aan 25% van die jaarlikse fooi vir die graad is betaalbaar as ’n herinskrywingsfooi vir die tweede jaar.
1.2 Ek onderneem om my rekening ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ betaal voordat ▇▇ ▇▇▇▇ inskryf vir die volgende jaar.
1.3 Betalings vir assesserings is van toepassing, ▇▇▇▇ voorgeskryf (ten volle betaal), as ek besluit om in te skryf vir assesserings in Junie of November.
2. Graad 8–12:
2.1 Ek verstaan dat graad 8 tot 12 nie oor twee jaar voltooi kan word nie, tensy ek skriftelik daartoe instem. Hierdie reëling is onderhewig aan spesifieke vereistes in verband met die assesseringskedule.
2.2 As ek besluit om die volgende jaar met dieselfde graad aan ▇▇ ▇▇▇, word my kontrak met ▇▇▇▇▇▇▇▇ aan die einde van die jaar as verstreke beskou en ek ▇▇▇ die volgende jaar weer moet inskryf vir dieselfde graad.
2.3 Ek onderneem om my rekening ten ▇▇▇▇▇ ▇▇ betaal voor ▇▇ ▇▇▇▇ inskryf vir die volgende jaar.
2.4 Enige addisionele kostes of uitgawes, praktiese fooie, IEB-registrasiefooi en eksamens-/ assesseringsfooie, is betaalbaar ▇▇▇▇ bepaal deur die spesifieke produk.
J. KONTRAK IN GEHEEL
Hierdie ooreenkoms behels die volledige ooreenkoms tussen my en Breinlyn. Daar moet skriftelik ooreengekom word oor enige veranderinge en onderteken word deur die betrokke partye. Hierdie ooreenkoms vernuwe alle vorige verstandhoudings of ooreenkomste tussen die partye. Die partye doen afstand van die reg ▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ op enige beweerde voorskrifte wat nie uitdruklik in hierdie ooreenkoms bevat word nie.
Hiermee aanvaar ek al die bepalings en voorwaardes van die hierdie ooreenkoms.
Volle Naam en Van Handtekening van Ouer/Voog Datum
▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ (Edms.) Bpk. Standaard ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇
Geskep: 30 Augustus 2016
Opgedateer: 27 Junie 2017
Weergawe 2017 v3
▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ 2017 v3
Bladsy 9 van 9
June 27, 2017 10:13 PM
