Uitkeerplan Planbeskrywing
Uitkeerplan Planbeskrywing
Die plan is 'n versekeringspolis ▇▇▇▇ beskryf onder, en gereguleer deur die Langtermynversekeringswet, 1998 en die Versekeringswet, 2017. Die plan is 'n kontrak tussen die planhouer en ons, Sanlam Lewensversekering Beperk (Sanlam Lewens).
Die kontrak bestaan uit die volgende:
• die kwotasie;
• die aansoek om die plan;
• hierdie planbeskrywing, PLE-A07-01-X, ▇▇▇▇ van tyd tot tyd bygewerk, en beskikbaar op die Sanlam webruimte by ▇▇▇▇://▇▇▇.▇▇▇▇▇▇.▇▇.▇▇;
• die staat, ▇▇▇▇ van tyd tot tyd bygewerk;
• ander dokumente, korrespondensie en inligting, indien enige, wat by implikasie ▇▇▇▇ van die kontrak vorm.
Ons ▇▇▇ die planbeskrywing en staat bywerk om wysigings te weerspieël
• in administrasieprosedures, byvoorbeeld hoe eenheidspryse bepaal word en waar inligting oor beleggingsfondse gekry kan word;
• in heffings, insluitend die fooie wat deur die batebestuurders gehef word;
• wat deur eksterne faktore vereis word, byvoorbeeld wetgewing, of die interpretasie daarvan.
Hierdie planbeskrywing moet tesame met die staat wat die planhouer ontvang, gelees word. Alle inligting wat op 'n spesifieke plan van toepassing is, word in die staat vir daardie plan uiteengesit. As daar enige teenstrydigheid tussen die inhoud van hierdie planbeskrywing en 'n staat vir 'n plan is, ▇▇▇ die voorwaardes van die staat geld.
Verduidelikings
Opsiedatum
Dit is die datum wat die einde van die termyn aandui, en word in die staat aangedui.
Oop termyn
Na die gekose termyn verstryk het, word die termyn van die plan as oop beskou. Dit beteken dat die fondswaarde nie outomaties uitbetaal ▇▇▇ word na die gekose termyn verstryk het nie, maar dat die plan ▇▇▇ voortgaan tot die planhouer die plan beëindig.
Eenmalige fonds
Dit is die ▇▇▇▇ van die fondswaarde wat deur eenmalige betalings opgebou word.
Herhalende fonds
Dit is die ▇▇▇▇ van die fondswaarde wat deur herhalende betalings opgebou word.
Wysigingheffingsdatum
Dit is die datum tot wanneer ons 'n wysigingsheffing vir sekere wysigings ▇▇▇ hef, en word in die staat aangedui. 'n Aparte datum geld vir die eenmalige en herhalende fondse.
Werksdag
Dit is enige dag van die week van Maandag tot Vrydag, openbare vakansiedae uitgesluit.
Betalings
Eenmalige betalings
Eenmalige betalings mag gemaak word, op voorwaarde dat dit deur wetgewing toegelaat word en nie minder is as ons minimum wat toegelaat word nie. As die transaksiedatum vir 'n betaling, ▇▇▇▇ in die staat aangedui, meer as een dag later as die betaaldatum is, ▇▇▇ ons die betaling aanpas om voorsiening ▇▇ ▇▇▇▇ vir die vertraging vanaf die dag na die betaaldatum tot die transaksiedatum.
Herhalende betalings
Herhalende betalings word toegelaat, maar ▇▇▇ moet dit van die begin van die plan van toepassing wees. Dit kan nie later bygevoeg word nie. 'n Herhalende betaling, indien van toepassing, is op dieselfde ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ maand of jaar verskuldig, ▇▇▇▇ in die staat aangedui.
As herhalende betalings per debietorder gemaak word, en die dag wat versoek is waarop ons die betaling moet vorder, nie op 'n werksdag ▇▇▇ ▇▇▇, of 'n maand nie die spesifieke dag het nie, sal ons dit op die volgende werksdag vorder.
Die transaksiedatum vir 'n herhalende betaling is die laaste van die datum waarop die betaling verskuldig is en die werklike betaaldatum. As dit nie 'n werksdag is nie, sal die transaksiedatum die eerste werksdag daarna wees. Ons ▇▇▇ ▇▇▇ 'n herhalende betaling wat voor die transaksiedatum gemaak word aanpas om voorsiening ▇▇ ▇▇▇▇ vir vroeë betaling nie.
As 'n betaling nie ten ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ 'n respyttydperk van 30 dae gemaak word nie, mag ons die herhalende betaling as gestaak ag.
Betalingsgroei
As die plan betalingsgroei het, ▇▇▇ die herhalende betaling volgens die voorwaardes van die tipe betalingsgroei, ▇▇▇▇ gekies, verhoog word.
Ons bied die volgende tipe(s) betalingsgroei:
• Vaste groei
Die herhalende betaling ▇▇▇ ▇▇▇▇ jaar met die gekose vaste persentasie verhoog word.
• Sanlam-inflasie
Die herhalende betaling ▇▇▇ ▇▇▇▇ jaar met die inflasiekoers, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ons bepaal, verhoog word. Met die vasstelling van die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ons die verandering in die verbruikersprysindeks, of enige ander algemeen aanvaarde metode om inflasie te meet wat in daardie stadium van toepassing mag wees, in ag neem. Die Sanlam-inflasiekoers mag as gevolg van verskille in berekeningsmetodes van amptelike koerse verskil. 'n Minimum en maksimum verhoging, wat van tyd tot tyd mag verander, is van toepassing.
Die tipe betalingsgroei wat op 'n plan van toepassing is, word in die staat aangedui.
Belegging
Ons belê 'n herhalende betaling plus 'n addisionele toedeling, indien van toepassing, minus heffings, in die onderskeie gekose beleggingsfondse. Die addisionele toedeling hang af van die vlak van kommissie wat aan die begin beding is.
Nadat 'n adviesfooi, indien van toepassing, van 'n aanvanklike bedrag afgetrek is, belê ons 'n eenmalige betaling plus 'n addisionele toedeling in die onderskeie gekose beleggingsfondse.
Inligting oor al die beleggingsfondse wat ons bied, is op die Sanlam webruimte by ▇▇▇▇://▇▇▇.▇▇▇▇▇▇.▇▇.▇▇ beskikbaar.
Hoe en wanneer word die bedrag wat aan 'n spesifieke beleggingsfonds toegedeel is, belê?
Ons gebruik die bedrag wat aan 'n spesifieke beleggingsfonds toegedeel is om op die transaksiedatum eenhede in daardie beleggingsfonds te koop.
Eenheidsprys
'n Eenheidsprys word daagliks in Suid-Afrikaanse geldeenheid bereken, op grond van die markwaarde van die ▇▇▇▇▇ in die beleggingsfonds.
Die volgende word in aanmerking geneem wanneer die eenheidsprys vir 'n spesifieke beleggingsfonds bereken word:
• belasting, ▇▇▇▇ in die toepaslike polishouerfonds gehef;
• die fonds se vaste bemarkings-en-administrasieheffing;
• die fooie wat deur die batebestuurders gehef word.
Die eenheidsprys van 'n beleggingsfonds word nie gewaarborg nie, en mag mettertyd vermeerder of verminder, tensy dit spesifiek anders in die kontrak genoem word.
Vir die Vestigende Bonusfonds is die volgende van toepassing, in plaas daarvan om die markwaarde direk te gebruik:
• Gereelde volle vestigende bonusse word verklaar om die fonds 'n egalige groei ▇▇ ▇▇▇.
• 'n Bonuskoers word maandeliks verklaar en by die fonds gevoeg deur die eenheidsprys met die daaglikse ekwivalent van die bonuskoers ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇.
• Die bonuskoers word volgens die verwagte langtermynopbrengs van die fonds bereken, met inagneming van die maandelikse verandering in markwaarde.
Die eenheidsprys van die eenhede van die Vestigende Bonusfonds word gewaarborg om nie mettertyd te verminder nie.
Mag 'n beleggingsfonds gesluit word?
Ja. Dit kan byvoorbeeld gebeur as wetgewing verander of sekere klasse ▇▇▇▇▇ onbekombaar raak of dit na ons mening nie meer verstandig is om in die spesifieke beleggingsfonds te belê nie. As die plan geraak word, ▇▇▇ ons die planhouer versoek om 'n ander beleggingsfonds ▇▇ ▇▇▇▇ wat in daardie stadium vir hierdie tipe plan toegelaat word, en om ons van die keuse in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ stel. As ons geen reaksie op sodanige versoek ontvang nie, sal ons besluit in watter beleggingsfonds om die ▇▇▇▇ van die plan wat geraak word te belê.
Omskakeling van beleggingsfondse
Omskakeling van beleggingsfondse wat in daardie stadium vir hierdie tipe plan toegelaat word, mag op versoek gedoen word. Ons ▇▇▇ eenhede verkoop van die beleggingsfondse waaruit 'n omskakeling gedoen word, en ▇▇▇ eenhede koop van die beleggingsfondse waarnatoe 'n omskakeling gedoen word. Ons doen dit op die eerste werksdag na ontvangs van die omskakelingsversoek.
Toekomstige betalings mag toegedeel word aan enige beleggingsfonds wat vir hierdie tipe plan toegelaat word. Die betalings wat reeds aan die huidige beleggingsfondse toegedeel is, ▇▇▇ ▇▇▇ in hierdie beleggingsfondse ▇▇▇.
▇▇▇▇▇ ▇▇ beleggingsfondse om ▇▇ ▇▇▇▇▇▇
Daar is tans geen transaksieheffing vir die eerste vier omskakelings in 'n planjaar nie. Vir elke daaropvolgende omskakeling in 'n planjaar ▇▇▇ ons 'n transaksieheffing, wat in daardie stadium bepaal ▇▇▇ word, hef. Die huidige transaksieheffing word in die staat aangedui. Ons mag die aantal gratis omskakelings van tyd tot tyd verander.
Verhandeling ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Ons mag die ▇▇▇▇▇ in die beleggingsfondse vir transaksies ▇▇▇▇ skriplenings gebruik. Enige inkomste of verlies voortspruitend uit hierdie transaksies, ▇▇▇ vir ons eie rekening wees, en ▇▇▇ dus nie die planvoordele raak nie.
Fondswaarde
Die fondswaarde van 'n spesifieke beleggingsfonds is die aantal eenhede vermenigvuldig met die eenheidsprys vir daardie beleggingsfonds.
Vir die Vestigende Bonusfonds ▇▇▇ die fondswaarde slegs op enige van die volgende datums gelyk wees aan die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds vermenigvuldig met die eenheidsprys daarvan:
• die datum waarop ons kennis ontvang van die dood van die laaste oorlewende versekerde lewe, of
• die opsiedatum, of
• 'n datum elke vyf jaar na die opsiedatum.
Op enige ander datum ▇▇▇ die fondswaarde gelyk wees aan die laagste van die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds vermenigvuldig met die eenheidsprys daarvan en die markwaarde van die onderliggende ▇▇▇▇▇, wat mettertyd mag vermeerder of verminder. As 'n voordeel betaal word, of as 'n heffing vir vermindering of staking van die herhalende betaling gehef word, op 'n tydstip wanneer die markwaarde van die onderliggende ▇▇▇▇▇ die laagste van die twee waardes is, ▇▇▇ 'n markwaarde-aanpassing op die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds toegepas word. Dit ▇▇▇ gedoen word deur 'n aantal eenhede gelyk in waarde aan die verskil tussen die aantal eenhede vermenigvuldig met die eenheidsprys en die markwaarde van die onderliggende ▇▇▇▇▇ ▇▇ verkoop. Die oorblywende eenhede in die Vestigende Bonusfonds, indien enige, ▇▇▇ dus laer wees as wat dit sou gewees het as die voordeel betaal is op 'n tydstip toe die aantal eenhede vermenigvuldig met die eenheidsprys laer as of gelyk aan die markwaarde van die onderliggende ▇▇▇▇▇ was.
Die fondswaarde van die plan is die totale fondswaarde van al die beleggingsfondse vir daardie plan.
Lojaliteitsbonus
Op sekere planverjaarsdae voeg ons korting op sekere heffings by die fondswaarde by in die vorm van 'n Lojaliteitsbonus, as beloning vir die instandhouding van die plan by ons. Ons bereken die bedrag van die Lojaliteitsbonus as 'n persentasie van sommige van die heffings wat van die plan afgetrek is. Verdere besonderhede oor die berekening van die Lojaliteitsbonus, indien van toepassing, word in die staat voorsien.
Heffings
Belasting
Belasting word gehef volgens die ▇▇▇▇▇ wat op die toepaslike polishouerfonds van toepassing is.
Heffings vir die plan
Die huidige heffings word in die staat aangedui en kan een of meer van die volgende wees:
• 'n Betalingsheffing, wat van herhalende betalings afgetrek word, as betalings per aftrekorder gemaak word. Die heffing word as 'n persentasie van die herhalende betaling bereken.
• 'n Maandelikse planheffing, wat van tyd tot tyd ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ word om vir inflasie, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ons bepaal, voorsiening ▇▇ ▇▇▇▇. Die heffing word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede ter waarde van die heffing te verkoop.
• 'n Jaarlikse adviesheffing, indien van toepassing, wat 'n persentasie van die fondswaarde is, en afhang van die onderhandelde deurlopende kommissie. Hierdie heffing word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat dit deur 12 gedeel word. Die heffing word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede ter waarde van die heffing te verkoop.
• 'n Jaarlikse bemarkings-en-administrasieheffing, wat uit twee dele bestaan:
• 'n Vaste bemarkings-en-administrasieheffing, wat 'n persentasie van die fondswaarde is en vir verskillende beleggingsfondse mag verskil. Dit word in aanmerking geneem wanneer ons die daaglikse prys van die eenhede bereken.
• 'n Veranderlike bemarkings-en-administrasieheffing, wat 'n persentasie van
die fondswaarde is. Aparte persentasies is op die eenmalige en herhalende fondse van toepassing. Hierdie heffing word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat dit deur 12 gedeel word. Die heffing word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede ter waarde van die heffing te verkoop.
Vir die Vestigende Bonusfonds ▇▇▇ die veranderlike bemarkings-en- administrasieheffing altyd bereken word op 'n fondswaarde gelyk aan die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds vermenigvuldig met die eenheidsprys daarvan.
Aftrekkings wat deur die batebestuurders gemaak word
'n Batebestuurder hef fooie vir beleggingsnavorsing en vir die uitkies van die onderliggende ▇▇▇▇▇ van 'n beleggingsfonds. Hierdie fooie word in aanmerking geneem in die berekening van die daaglikse eenheidsprys van 'n beleggingsfonds. Die gepubliseerde prestasiesyfers van 'n beleggingsfonds is daarom na aftrekking van hierdie fooie. Meer inligting oor hierdie fooie en hulle huidige waardes is in die staat beskikbaar.
Wysigingsheffing
'n Plan mag in enige stadium verander word, op voorwaarde dat ons met die wysiging saamstem. Ons ▇▇▇ 'n wysigingsheffing hef as die wysiging voor 'n wysigingheffingsdatum gedoen word. Die wysigingheffingsdatum word aan die begin bepaal en verander nie by daaropvolgende wysigings nie. Aparte wysigingheffingsdatums is op die eenmalige en herhalende fondse van toepassing.
Die wysigingsheffing ▇▇▇ van die fondswaarde geneem word deur die nodige aantal eenhede te verkoop.
Die huidige wysigingsheffing vir die mees algemene wysigings word in die staat aangedui.
Transaksieheffing
Buiten die bogenoemde wysigingsheffing ▇▇▇ ons 'n transaksieheffing vir elk van die volgende wysigings hef:
• Beëindiging van die plan;
• 'n Lening teen die plan;
• 'n Ad hoc-onttrekking op die plan.
Ons ▇▇▇ ook 'n transaksieheffing hef as die herhalende betaling verminder of gestaak word.
Die bedrag van hierdie transaksieheffing word deur middel van regulatoriese maatreëls bepaal en dit ▇▇▇ in die toekoms verander as sodanige regulatoriese maatreëls of wetgewing verander.
Ons ▇▇▇ ▇▇▇ hierdie transaksieheffing op of na die opsiedatum hef nie.
Ons ▇▇▇ ook 'n transaksieheffing vir ander transaksies hef, ▇▇▇▇ in hierdie planbeskrywing genoem, en ▇▇▇▇ in die staat aangedui word. Hierdie transaksieheffing ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇ tot tyd verhoog word om vir inflasie, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ons bepaal, voorsiening ▇▇ ▇▇▇▇.
Ons ▇▇▇ aanhou om 'n transaksieheffing na die wysigingheffingsdatum te hef.
Elke transaksieheffing ▇▇▇ van die fondswaarde geneem word deur die nodige aantal eenhede te verkoop.
Beleggingsadviesooreenkoms tussen die planhouer en die tussenganger
Aanvanklike beleggingsadvies
As die planhouer ooreengekom het om die tussenganger 'n adviesfooi te betaal, ▇▇▇ hierdie fooi van die aanvanklike bedrag afgetrek word voordat die verskil in die plan belê word.
Deurlopende beleggingsadvies
Die planhouer mag ons versoek om 'n fondsgebaseerde fooi, BTW ingesluit indien van toepassing, vir deurlopende beleggingsadvies vir sy of haar belegging te betaal, maar slegs vanaf die opsiedatum. Ons ▇▇▇ hierdie fooi maandeliks betaal aan die tussenganger wat hierdie advies voorsien.
Hierdie beleggingsadvies is 'n diskresionêre diens wat voorsien word deur 'n tussenganger wat deur die planhouer aangewys is. Dit is nie ▇▇▇▇ van die tussengangerdienste waarvoor ons kommissie betaal nie.
Die fondsgebaseerde fooi vir die beleggingsadvies word as 'n persentasie per jaar van die fondswaarde gespesifiseer. Die planhouer moet die persentasie spesifiseer. Die fondsgebaseerde fooi word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat die gespesifiseerde persentasie deur 12 gedeel word. Dit word maandeliks deur middel van 'n onttrekking van die fondswaarde afgetrek. Omdat die fondsgebaseerde fooi op die fondswaarde gebaseer word, ▇▇▇ die randwaarde van die fooi ▇▇▇▇▇▇. Byvoorbeeld, 'n fondsgebaseerde fooi van 0.50% impliseer R41.67 per maand as die fondswaarde gelyk is aan R100 000.00.
Vir die Vestigende Bonusfonds ▇▇▇ die fondsgebaseerde fooi altyd bereken word op 'n fondswaarde gelyk aan die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds vermenigvuldig met die eenheidsprys daarvan.
Die huidige fondsgebaseerde fooi, indien van toepassing, word in die staat aangedui.
Vermindering of staking van die herhalende betaling
Die herhalende betaling kan op versoek verminder of gestaak word, mits daar voldoen word aan ons voorwaardes wat in daardie stadium van toepassing is. Ons ▇▇▇ 'n transaksieheffing hef wanneer die herhalende betaling voor die opsiedatum verminder of gestaak word.
Een van die voorwaardes vir die staking van die herhalende betaling is 'n minimum fondswaarde na die transaksieheffing, indien van toepassing, afgetrek is. As herhalende betalings gestaak word ten spyte daarvan dat daar nie aan hierdie voorwaarde voldoen is nie, sal die plan beëindig word. As daar geen beëindigingswaarde beskikbaar is nie, sal die plan verval. Die minimum fondswaarde word in die staat aangedui.
Realisering van die planvoordele
Die planvoordele mag gerealiseer word op een van die maniere wat hieronder beskryf word. Om 'n voordeel te realiseer, ▇▇▇ ons eenhede verkoop op die dag waarop ons die versoek ontvang.
Wetgewende beperkings, ▇▇▇▇ in hierdie planbeskrywing genoem word, mag van toepassing wees.
Beëindiging van die plan
'n Plan mag op versoek beëindig word. Die fondswaarde minus die wysigings- en transaksieheffing, indien van toepassing, ▇▇▇ aan die planhouer betaal word wanneer die plan beëindig word.
'n Lening teen die plan
Die planhouer mag twee maande na die begindatum aansoek doen om 'n lening teen die plan, mits daar voldoen word aan ons voorwaardes in daardie stadium.
Die voorwaardes is tans die volgende:
• Die leningsbedrag mag nie minder as 'n minimum bedrag wees nie.
• Die fondswaarde, minus die leningsbedrag en die wysigings- en transaksieheffing, indien van toepassing, mag nie minder as 'n minimum wees nie.
• Die leningsbedrag mag nie 'n sekere persentasie van die beëindigingswaarde oorskry nie.
Aangesien hierdie voorwaardes van tyd tot ▇▇▇ ▇▇▇ verander, ▇▇▇ dit gekommunikeer word wanneer die planhouer om 'n lening aansoek doen.
Die dag waarop ons die versoek om 'n lening ontvang, ▇▇▇ ons 'n aantal eenhede, met 'n waarde gelyk aan die goedgekeurde leningsbedrag, na eenhede in die Stratus Leningsfonds vir planhouers omskakel. Hierdie fonds ▇▇▇▇ nie in enige groei nie.
Ons ▇▇▇ die berekening van die wysigingsheffing, indien van toepassing, grond op die vermindering in die fondswaarde as gevolg van die leningsbedrag en die transaksieheffing.
'n Ad hoc-onttrekking op die plan
Die planhouer mag 'n ad hoc-onttrekking op die plan maak, mits daar voldoen word aan ons voorwaardes wat in daardie stadium van toepassing is. Aangesien hierdie voorwaardes van tyd tot ▇▇▇ ▇▇▇ verander, ▇▇▇ dit gekommunikeer word wanneer die planhouer om 'n ad hoc- onttrekking aansoek doen. Ons ▇▇▇ die nodige aantal eenhede verkoop om vir die wysigings- en transaksieheffing, indien van toepassing, en die onttrekkingsbedrag te betaal. Die fondswaarde ▇▇▇ verminder met die waarde van die eenhede wat verkoop is.
Gereelde onttrekkings op die plan
Die planhouer mag aansoek doen om gereelde onttrekkings op die plan ▇▇ ▇▇▇▇, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ voldoen word aan ons voorwaardes wat in daardie stadium van toepassing is. Een van hierdie voorwaardes is dat terwyl herhalende betalings gemaak word, gereelde onttrekkings nie gemaak kan word nie. Aangesien voorwaardes egter van tyd tot ▇▇▇ ▇▇▇ verander, ▇▇▇ dit gekommunikeer word wanneer die planhouer om gereelde onttrekkings aansoek doen.
Die besonderhede van die gereelde onttrekkings ▇▇▇ in die staat aangedui word nadat ons die aansoek om gereelde onttrekkings aanvaar het.
Ons hef 'n transaksieheffing vir elke onttrekkingsbetaling wat gemaak word. Die ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ mettertyd ▇▇▇▇▇▇. Die huidige vlak word in die staat aangedui.
Ons ▇▇▇ die nodige aantal eenhede van die toepaslike beleggingsfondse eweredig aan die fondswaardes verkoop om die transaksieheffing en die onttrekkingsbedrag te betaal. Die fondswaarde ▇▇▇ verminder met die waarde van die eenhede wat verkoop is.
Ons ▇▇▇ die eenhede verkoop op die onttrekkingsdag wat versoek is. As 'n maand nie hierdie spesifieke dag het nie, of as dit nie op 'n werksdag ▇▇▇ ▇▇▇, ▇▇▇ ons die eenhede op die volgende werksdag verkoop. Ons ▇▇▇ die onttrekkingsbedrag so gou moontlik na die eenhede verkoop is, betaal.
Ons ▇▇▇ die gereelde onttrekkings staak wanneer dit nie aan ons voorwaardes voldoen nie.
Wetgewende beperkings
Kragtens huidige wetgewing is 'n beperkte tydperk wat eindig op die beperkte tydperk se einddatum, ▇▇▇▇ in die staat aangedui, op die plan van toepassing.
As die planhouer tydens 'n beperkte tydperk die plan wil beëindig, mag ons nie meer by die beëindiging betaal as 'n bedrag wat volgens wetgewende beperkings bepaal word nie. As die beëindigingswaarde meer is as die bedrag beperk deur wetgewing, ▇▇▇ ons die beperkte bedrag as 'n ad hoc-onttrekking betaal. Die balans ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇ tot die beperkte tydperk se einddatum.
Slegs een ad hoc-onttrekking mag tydens 'n beperkte tydperk op die plan gemaak word. Die bedrag van so 'n ad hoc-onttrekking word beperk tot die bedrag ▇▇▇▇ hierbo bepaal. As 'n ad hoc-onttrekking tydens 'n beperkte tydperk gemaak is, ▇▇▇ nog 'n ad hoc-onttrekking nie voor die beperkte tydperk se einddatum toegelaat word nie.
Daarby mag ons slegs een lening tydens 'n beperkte tydperk teen die plan toestaan. Die bedrag van so 'n lening word ook beperk ▇▇▇▇ hierbo beskryf. As ons 'n lening tydens 'n beperkte tydperk toegestaan het, mag ons dit nie weer voor die beperkte tydperk se einddatum doen nie.
Gereelde onttrekkings op die plan mag slegs na die beperkte tydperk se einddatum gemaak word.
Voordeel betaalbaar by dood
Die voordeelbedrag is gelyk aan die fondswaarde op die datum waarop ons kennis ontvang van die dood van die laaste oorlewende versekerde lewe.
Een of meer begunstigdes mag aangewys word om die voordeelbedrag te ontvang. 'n Begunstigde mag die aanwysing eers aanvaar of afwys na die dood van die laaste oorlewende versekerde lewe.
Mag die aanwysing van 'n begunstigde verander word?
'n Aanwysing mag enige tyd bygevoeg, gekanselleer of verander word. Dit moet skriftelik en deur die planhouer onderteken wees, en moet die ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hoofkantoor bereik voor die dood van die laaste oorlewende versekerde lewe.
▇▇▇ die aanwysing verval?
Ja, dit ▇▇▇ verval as die plan algeheel sedeer word. As die plan as sydelingse sekuriteit sedeer word, ▇▇▇ die aanwysing nie verval nie, maar die regte van die sessionaris ▇▇▇ voorkeur geniet bo enige regte van 'n begunstigde.
Benoemde om die nuwe planhouer te word
'n Persoon of entiteit mag benoem word om na die dood van die planhouer die nuwe planhouer te word. Die benoemde mag 'n benoeming eers na die dood van die planhouer aanvaar of afwys.
As die benoemde nie die benoeming aanvaar nie, of as niemand benoem is nie, sal die plan 'n bate in die boedel van die planhouer wees.
Mag die benoeming verander word?
'n Benoeming mag enige tyd bygevoeg, gekanselleer of verander word. Dit moet skriftelik en deur die planhouer onderteken wees, en moet die ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hoofkantoor voor die dood van die planhouer bereik.
▇▇▇ die benoeming verval?
Ja, dit ▇▇▇ verval as die plan sedeer word, hetsy algeheel of as sydelingse sekuriteit.
Betalings
Alle betalings moet in Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse geldeenheid gemaak word.
Let asseblief op
• Die plan is onderworpe aan wetgewing en ons vereistes van tyd tot tyd.
• Ons bepaal die waardes, voordele en heffings van hierdie plan, en administreer die plan, volgens die aktuariële basis wat daarvoor goedgekeur is ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die Langtermynversekeringswet, 1998 vereis.
• Die vlak van herhalende betalings mag verander word, onderworpe aan ons vereistes in daardie stadium.
• Ons waarborg nie die prestasie van die gekose beleggingsfondse nie. Die waarde van die eenhede mag vermeerder of verminder, en prestasie van die verlede is geen waarborg vir toekomstige prestasie nie. Byvoorbeeld, die waarde van die ▇▇▇▇▇ in buitelandse geldeenhede mag wesenlik vermeerder of verminder as gevolg van veranderings in wisselkoerse.
• Ons ▇▇▇ enige bedrag wat die planhouer ons skuld, aftrek van enige bedrag wat ons aan die planhouer moet betaal.
• Ons ▇▇▇ slegs 'n eis vir betaling van 'n voordeel oorweeg nadat ons die inligting ontvang het wat ons vir hierdie doel mag vereis.
