Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2011
▇▇▇▇ 1
Selfstudie Aktekursus
Vraag 1 - Modelantwoord [50]
1.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le ▇▇▇▇ ▇▇
Aansoek kragtens Artikel 40
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 1
Ek, die ondergetekende
Remmington ▇▇▇▇▇▇ in my hoedanigheid as direkteur en behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van
Trident Steel Eiendoms Beperk 2
Registrasienommer 1972/006101/07
doen hiermee aansoek kragtens artikel 40 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Johannesburg, vir die uitreiking aan gemelde maatskappy van ‘n sertifikaat van verenigde titel met betrekking tot -
1) Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en
1 Sien Voorbeeld 9 B in ▇▇▇▇ 4 van Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs.
2 Sedert 1 Mei 2011 (die inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet 71 van 2008) moet geen hakies rondom die woord “eiendoms” geplaas word nie. Indien hierdie woord egter afgekort word, moet die hakies nogsteeds gebruik word, naamlik (Edms).
-2-
2) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en
3) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en
4) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002
▇▇▇▇▇ eiendomme by konsolidasie bekend ▇▇▇ staan as -
Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied 3
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng
groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig) vierkante meter
▇▇▇▇ aangedui op konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002. Geteken te Johannesburg op 14 September 2011.
Nms Trident Steel (Edms) Bpk
[10]
3 Al die bladsye van die konsolidasiekaart is nie voorsien nie. Derhalwe is u nie in besit gestel van die nuwe eiendomsbeskrywing van die gekonsolideerde eiendom en sy grootte nie. U ▇▇▇▇ derhalwe self ‘n geregistreerde nommer versin en die groottes van die onderskeie komponent eiendomme bymekaar tel ten einde die korrekte grootte aan te dui.
1.2 Opgestel deur my
Vorm O
TRANSPORTBESORGER
Le ▇▇▇▇ ▇▇
SERTIFIKAAT VAN VERENIGDE TITEL 4
NADEMAAL -
Trident Steel Eiendoms Beperk Registrasienommer 1972/006101/07
aansoek gedoen het om die uitreiking aan gemelde maatskappy van ‘n Sertifikaat van Verenigde Titel kragtens die bepalings van artikel 40 van die Registrasie van Akteswet, 1937;
EN NADEMAAL die gemelde maatskappy die geregistreerde eienaar is van
1) Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en
2) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en
3) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002
4 Hierdie sertifikaat word ooreenkomstig vorm O opgestel. Sien ook
Voorbeeld 9 D in ▇▇▇▇ 4 van Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs.
-2-
en
4) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002
wat verenig is tot die grond hieronder beskryf
SO IS dit dat ingevolge die bepalings van genoemde Wet, ek, die Registrateur van Aktes te Johannesburg, hierby sertifiseer dat voornoemde
Trident Steel Eiendoms Beperk Registrasienommer 1972/006101/07
sy opvolgers in titel of regsverkrygendes die geregistreerde eienaar is van
Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng
groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig) vierkante meter
▇▇▇▇ aangedui op konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 hierby aangeheg.
Die eiendom hierkragtens gehou is onderhewig aan die volgende voorwaardes:5
A Neither the owner nor any other person shall have the right, save and except to prepare the erf for building purposes to excavate therefrom any material without the written consent of the Local Authority.
B Subject to the following condition imposed in favour of the Eco Homeowners Association NPC registration number 1999/028490/08:6
5 Voorwaarde A in Transportakte T69869/2002, rakende minerale regte moet uit die sertifikaat weggelaat word, aangesien alle minerale regte voorwaardes in opvolgende aktes weggelaat moet word - (HRO2/2011). Sien paragraaf 4.8 in Hoofstuk 4 van Selfstudie Aktekursus - ▇▇▇▇ 1.
6 Waar ‘n maatskappy in die titelvoorwaardes beskryf word, is dit praktyk om sy naam te ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ na die nuwe toepaslike agtervoegsel ▇▇ ▇▇▇▇▇▇.
-3-
1 Every owner of the erf or any subdivision thereof or any interest therein or any unit thereon, as defined in the Sectional Title Act, 1986, shall become and shall remain a member of the Eco Homeowners Association.
2 The owner of the erf or any subdivision thereof or any interest therein or any unit thereon as defined in the Sectional Titles Act, 1986, shall not be entitled to transfer the erf or any subdivision thereon or any interest therein or any unit thereon without a clearance certificate from the Eco Homeowners Association to confirm that all the levies due to it has been paid.
C Die voormalige Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied, aangedui deur die figuur ▇▇▇▇ op die aangehegte konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 is onderhewig aan die volgende voorwaarde - 7
The property is subject to a right of way servitude, indicated by the figure ArsK on attached consolidation diagram S.G. no. 8503/2002 8 in favour of Erf 1503 Roodekop Township as will more fully appear from Notarial Deed of Servitude K123/1982 with diagram S.G. No. A1907/1981 annexed thereto.
D Die voormalige Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied, aangedui deur die figuur pBCD op aangehegte konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 is onderhewig aan die volgende voorwaarde - 9
The property is further subject to a right of way servitude, indicated by the figure tBCu on attached consolidation diagram S.G. No. 8503/2002 10 in favour of Erf 1513 Roodekop Township, as will more fully appear from Notarial Deed of Servitude K124/1982 with diagram S.G. No. A1911/1981 annexed thereto.
7 Aangesien slegs Erf 1505 Roodekop aan hierdie voorwaarde onderhewig is, moet die voorwaarde gekwalifiseer word deur die byvoeging van ‘n inleidende sin waarin ‘n verwysing na die figuur waarmee die gemelde erf op die konsolidasiekaart aangedui word, gemaak moet word.
8 Hierdie inligting kan gevind word in serwituutnota nr. 1 op kaart L.G. Nr. 8503/2002.
9 Aangesien slegs Erf 1511 Roodekop dorpsgebied aan hierdie voorwaarde onderhewig is, moet hierdie voorwaarde ook gekwalifiseer word deur ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ na die belettering waarmee die erf op die konsolidasiekaart aangedui word.
10 Hierdie inligting kan gevind word in serwituutnota nr. 2 op die konsolidasiekaart.
-4-
En verder onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat in gemelde aktes vermeld staan of ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word.11
EN DAT, kragtens hierdie sertifikaat, genoemde Trident Steel Eiendoms Beperk, sy opvolgers in titel of regsverkrygendes, nou en voortaan daartoe geregtig is ooreenkomstig plaaslike gebruik, maar behoudens die regte van die Staat.
Ten bewyse waarvan ek, voornoemde Registrateur, hierdie Akte onderteken en met die ampseël bekragtig het.
Aldus gedoen en geteken op die kantoor van die Registrateur van Aktes te Johannesburg op hede hierdie dag van .
Registrateur van Aktes
[25]
11 Hierdie algemene voorwaarde klousule is nie van toepassing in die aktekantore in Kaapstad, Pietermaritzburg, Bloemfontein en Vryburg nie.
1.3 Opgestel deur my
▇▇▇▇ ▇▇
TRANSPORTBESORGER
Le ▇▇▇▇ ▇▇
Aansoek en toestemming kragtens artikel 40(5)(a) 12
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937
Ek, die ondergetekende
Remmington ▇▇▇▇▇▇ in my hoedanigheid as direkteur en behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van
Trident Steel Eiendoms Beperk Registrasienommer 1972/006101/07
die eienaar, wat aansoek gedoen het om die uitreiking van ‘n Sertifikaat van Verenigde Titel ten opsigte van
Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng
groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig) vierkante meter
▇▇▇▇ aangedui op kaart L.G. Nr. 8503/2002
bestaande uit 1) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng Groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter en
2) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter en
3) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied
Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter
beswaar met verband B98439/2002
en ander grond, doen hierby aansoek dat die gekonsolideerde grond ▇▇▇▇ op gemelde kaart aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met genoemde verband beswaar is, met die verband beswaar word.
12 Sien voorbeeld 9G in die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs (▇▇▇▇ 4), praktiese voorbeelde.
-2-
Geteken te Johannesburg op 14 September 2011. As getuies
1
2
R ▇▇▇▇▇▇ nms Trident Steel (Edms) Bpk
en ek, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇, die tekenbeampte van ABSA Bank Beperk Registrasienommer 1986/004794/06
behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van die direkteure van gemelde bank, die wettige houer van voornoemde verband, stem hierby toe dat die gekonsolideerde grond ▇▇▇▇ op die genoemde kaart aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met die genoemde verband beswaar is, met die verband beswaar word.
Geteken te Johannesburg op 15 September 2011. As getuies
1 |
| |
2 |
|
|
A ▇▇▇▇▇ nms ABSA Bank Bpk [15] |
Vraag 2 - Modelantwoord [15]
Koper: ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ Eiendom: Eenheid ▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Betaal | Koopprys | 800 000,00 | |
Ontvang | Deposito op koopprys | 110 000,00 | |
Ontvang | Waarborge vir koopprys | 680 000,00 | |
Betaal | Transportkoste (insluitende hereregte) | 17 400,00 | |
Ontvang | Hereregte | 6 000,00 | |
Betaal | Okkupasiehuur (1/2/2011-28/2//2011) | 8 000,00 | |
Betaal | Okkupasiehuur (1/3/2011- 31/03/2011) | 8 000,00 | |
Betaal | Okkupasiehuur (1/4/2011-30/4/2011) 13 | 8 000,00 | |
Betaal | Pro rata heffings aan regspersoon (1/02/2011-30/04/2011) | 1 500,00 | |
Betaal | Pro rata heffings & belastings aan stadsraad (1/02/2011-30/04/2011) | 1 200,00 | |
Totaal | 796 000,00 | ||
balans deur u verskuldig | 48 100,00 | ||
Balanse | 844 100,00 | 844 100,00 |
Balans deur u verskuldig 48 100,00
13 Tegnies gesproke behoort die koper nie vir die laaste dag van April ook okkupasiehuur te betaal nie, aangesien hy ▇▇▇ alreeds die eienaar van die eiendom is. Indien dit u siening was sou die berekening van die okkupasiehuuur verskuldig vir April as volg daarna uitsien, naamlik
-
R8 000,00 ÷ 30 dae x 29 dae = R7 733,33. Aangesien hierdie nie die finale staat is nie maar bloot ten einde vas te stel of die koper nog enige bedrae verskuldig is alvorens ▇▇ ▇▇▇ registreer, hoef hierdie berekening nie so tegnies gedoen te word nie.
Vraag 3 - Modelantwoord [30]
3.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
▇▇▇▇▇▇▇▇ E
Volmag om oordrag ▇▇ ▇▇▇ 14
Ons die ondergetekendes,
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇
in ons hoedanigheid as trustees van die regspersoon van die deeltitelskema bekend as ▇▇▇▇▇▇, nommer SS159/2010, behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n eenparige besluit 15 gedateer 1 September 2011
benoem en stel hiermee aan ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ en/of ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
met die mag van substitusie om my ▇▇▇▇▇▇ prokureur en agent ▇▇ ▇▇▇▇ en om voor die Registrateur van Aktes te Pretoria te verskyn en daar en ▇▇▇ te verklaar dat -
Nademaal geboue op Erf 35 Groenpunt, waarvan die ondergemelde transportnemer die geregistreerde eienaar is, op Erf 36 Groenpunt, waarop ‘n deeltitelskema geopen is genaamd ▇▇▇▇▇▇, skemanommer SS159/2010, oorskry;
En nademaal geboue op die gemelde deeltitelskema wat op Erf 36 Groenpunt geopen is op Erf 35 Groepunt oorskry;
En nademaal die onderskeie oorskrydings van soortgelyke grootte is en die eienaar van Erf 35 Groenpunt en die regspersoon vir die skema opgerig op Erf 36 Groenpunt ooreengekom het om die grond waarop die onderskeie oorskrydings voorkom te verruil;
En nademaal die regspersoon gelyktydig met hierdie oordrag, transport van Gedeelte 1 van Erf 35 Groenpunt, groot 200 (tweehondred) vierkante meter ▇▇▇ ontvang in ruil vir die ondergemelde eiendom;
Nou derhalwe magtig ons hiermee die komparant om oordrag ▇▇ ▇▇▇ aan en ten behoewe van
14 Sien Voorbeeld 5 D waar hierdie vraag voorheen gevra is.
15 Die lede van die regspersoon tesame met die houer van ‘n saaklike reg van uitbreiding van die skema mag kragtens a 17 van die Wet op Deeltitels, by wyse van ‘n eenparige besluit die regpersoon opdrag ▇▇▇ ▇▇ ‘n gedeelte van die gemeenskaplike eiendom te vervreem. Die regspersoon ▇▇▇ ▇▇▇ die bevoeghdheid hê om met sodanige gedeelte van die gemeenskaplike eiendom ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ in ooreenstemming met die opdrag en enige akte vir sodanige doel te onderteken.
-2-
▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 590127 5151 083
getroud, ▇▇▇▇▇ huwelik bepaal word deur die reg van Zimbabwe
die volgende eiendom, naamlik -
Gedeelte 1 van Erf 36 Groenpunt Dorpsgebied Registrasie afdeling J.R., Provinsie van Gauteng groot 200 (tweehonderd) vierkante meter
▇▇▇▇ aangedui op onderverdelingskaart L.G. nr. 1532/2011
Geteken te Pretoria op 14 September 2011. As getuies
1
2
M ▇▇▇▇▇▇▇ A ▇▇▇▇▇▇▇ [18]
3.2 ▇▇▇▇ aangedui op aamgehegte kaart L.G. Nr. 1532/2011 en gehou kragtens Akte van Transport T75879/2010.16 [6]
3.3 Dokumente vir indiening by die aktekantoor
1 Konsep transportakte vir Gedeelte 1 van Erf 36 Groenpunt
2 Volmag om oordrag ▇▇ ▇▇▇
3 Hereregtekwitansie
4 Uitklaringsertifikaat vir die gedeelte
5 Onderverdelingskaart vir die gedeelte
6 Toestemming tot onderverdeling deur die plaaslike bestuur insluitende die onderverdelingsvoorwaardes
7 Sertifikaat deur die plaaslike bestuur dat al die onderverdelings- voorwaardes nagekom is
8 Afskrif van die eenparige besluit gesertifiseer deur twee trustees van die regspersoon tot die vervreemding van die gedeelte
9 Alle verbande geregistreer oor die onverdeelde aandele in die gemeenskaplike eiendom
10 Skriftelike toestemming deur al die verbandhouers kragtens artikel 56 van die Akteswet vir afhandeling van die verbande met betrekking tot die betrokke gedeelte. [6]
16 Hierdie nommer verteenwoordig die titelaktenommer vir Erf 36, op die tydstip wat die deeltitelregister geopen is. Aangesien Gedeelte 1 na die grondregister terugval, herleef hierdie titelakte.
Vraag 4 - Modelantwoord [20]
Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
▇▇▇▇▇▇▇▇ E
Volmag om oordrag ▇▇ ▇▇▇
Ons, die ondergetekendes Mort Deadhappy
in my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel van ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, boedelnommer 7891/2009
behoorlik daartoe gemagtig kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Hoë Hof, Kaapstad op 28 Augustus 2009
en
▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ Identiteitsnommer 560808 0243 08 0
ongetroud, in my hoedanigheid as langslewende ▇▇▇▇ van die oorledene met wie ▇▇ ▇▇▇▇▇ gemeenskap van goed getroud was
▇▇▇▇▇▇ en stel hiermee aan ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ en/of ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ met mag van substitusie om my ware en wettige prokureur en agent ▇▇ ▇▇▇▇ en om voor die Registrateur van Aktes te Kaapstad te verskyn en daar en ▇▇▇ te verklaar dat -
Nademaal die gemelde ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, identiteitsnommer 560808 0243 08 0 binne gemeenskap van goed getroud was met ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, wie op 25 April 2009 oorlede is, en wie as die oorledene ▇▇ ▇▇▇▇ geregtig is op een halwe aandeel in die ondergemelde eiendom as gevolg ▇▇▇ ▇▇▇▇ hwuwelik binne gemeenskap van goed met die oorledene;
En nademaal, kragtens die gesamentlike testament gedateer 16 Februarie 2000 van ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ wie op 25 April 2009 oorlede is en sy langslewende ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ met wie ▇▇ ▇▇▇▇▇ gemeenskap van goed getroud was, die ½ (een halwe) aandeel van die oorledene in die ondergemelde eiendom aan hul ▇▇▇▇, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, getroud binne gemeenskap van goed met ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, bemaak is, onderhewig aan die uitsluiting van die gemeenskap van goed ▇▇▇▇ meer volledig hieronder uiteengesit;
En nademaal die langslewende ▇▇▇▇, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ‘n herverdelingsooreenkoms aangegaan het gedateer 14 November 2009 met betrekking tot die ondergemelde onroerende eiendom tot die effek dat ▇▇▇▇
-2-
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ op die geheel van die ondergemelde eiendom geregtig ▇▇▇ ▇▇▇▇, onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van die langslewende ▇▇▇▇, ▇▇▇▇ meer volledig hieronder uiteengesit;
Nou derhalwe magtig ons die komparant om oordrag ▇▇ ▇▇▇ aan en ten gunste van
1 ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ Identiteitsnommer 790106 5053 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, met die uitsluiting van die gemeenskap van goed met betrekking tot die ondergemelde eiendom op grond van die bepalings vervat in die gesamentlike testament van ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en langslewende ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ gedateer 16 February 2000
van die volgende eiendom, naamlik -
Erf 35693 Kaapsig
geleë in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie ▇▇▇-Kaap groot 2 000 (twee duisend) vierkante meter
Gehou kragtens Akte van Transport T21518/1985 ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aan die volgende voorwaardes
1 Onderhewig aan die volgende voorwaarde ▇▇▇▇ uiteengesit in die gesamentlike testament van ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en langslewende ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ gedateer 16 February 2000, naamlik:
“Enige voordeel verkry ingevolge my testament ▇▇▇ die eiendom ▇▇▇ van die betrokke begunstigde en ▇▇▇ uitgesluit wees van enige gemeenskap van ▇▇▇▇▇▇▇ van wins en verlies en ▇▇▇ ▇▇▇ staan van die maritale mag wat van toepassing mag wees op die huwelik.”
2 Onderhewig aan die volgende voorwaarde opgelê in die herverdelings- ooreenkoms tussen ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ gedateer 14 November 2009, naamlik -
“Onderhewig aan ‘n lewenslange reg op vruggebruik aan en ten ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 560808 0243 08 0 ongetroud
Geteken te Kaapstad op 14 September 2011. As getuies
1
2
M Deadhappy ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇
Vraag 5 - Modelantwoord [25]
5.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le ▇▇▇▇ ▇▇
Volmag om oordrag ▇▇ ▇▇▇ 17
Ons, die ondergetekendes
▇▇▇-▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ in my hoedanigheid as mede-eksekuteur en ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ in my hoedanigheid as genomineerde van Beste Bank Beperk, Registrasienommer 1980/579842/06 en as sulks die mede-eksekuteur in die boedel ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇, boedelnommer 852/2008 behoorlik daartoe gemagtig kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Hoë Hof te Pietermaritzburg op 15 Desember 2008
▇▇▇▇▇▇ en stel hiermee aan ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ en/of ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ met mag van substitusie om ons ware en wettige prokureur en agent ▇▇ ▇▇▇▇ en om voor die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg te verskyn en te verklaar dat -
Nademaal kragtens die testament gedateer 24 Oktober 2006 ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ wie op 8 Mei 2008 oorlede is, die ondergemelde eenheid tesame met uitsluitlike gebruiksgebied beskryf as motorafdak MA8 aan haar kinders in gelyke dele bemaak is, onderhewig aan die uitsluiting van die gemeenskap van goed ▇▇▇▇ meer volledig hieronder uiteengesit;
Nou derhalwe magtig ons die komparant om oor te dra aan en ten gunste van
1 ▇▇▇-▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 781010 0093 00 1 getroud buite gemeenskap van goed
2 ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
Gebore op 18 Augustus 1973
Identiteitsnommer 730918 0039 08 9 ongetroud
3 ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 761204 0481 08 5
getroud binne gemeenskap van goed met ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, met die uitsluiting van die gemeenskap van goed met betrekking tot die hieronder gemelde eiendom ingevolge die bepalings van die testament ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ gedateer 24 Oktober 2006
die volgende eiendom, naamlik -
17 Sien Voorbeeld 5 F waar hierdie vraag voorheen gevra is.
-2-
‘n Eenheid bestaande uit -
a) ▇▇▇▇ 11 ▇▇▇▇ aangetoon en vollediger beskryf op Deelplan No. SS193/1999 in die skema bekend as Oakwood ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë te Durban, in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die vloeroppervlakte, volgens voormelde deelplan 180 (een honderd en tagtig) vierkante meter groot is; en
b) ‘n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema, aan genoemde ▇▇▇▇ toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota ▇▇▇▇ op genoemde deelplan aangeteken
Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2000
Onderhewig aan die volgende voorwaarde opgelê in die testament ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ gedateer 24 Oktober 2006, naamlik -
“Die erfenis van my erfgename ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ uitmaak van die gemeenskap van goed van ‘n bestaande of toekomstige huwelik nie.”
Geteken te Durban op 14 September 2011. As getuies
1
2
5.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor
1 Konsep akte van transport
2 bestaande titelakte
3 volmag om oordrag ▇▇ ▇▇▇
4 hereregtevrystellingsertifikaat
▇▇▇-▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ [15]
5 belastinguitklaringsertifikaat met betrekking tot die eenheid
6 artikel 15B(3)(a) van die Wet op Deeltitels transportbesorgersertifikaat
7 afskrif van die testament, gesertifiseer deur en geëndosseer as aanvaar deur die Meester
8 artikel 42(1) van die Boedelwet transportbesorgersertifikaat
9 meester gesertifiseerde afskrif van die naasbestaande verklaring
10 notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied
11 huidige notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied
12 belastinguitklaringsertifikaat en hereregtevrystellingsertifikaat vir die uitsluitlike gebruiksgebied (indien nie alreeds aangedui op die uitklaringsertifikaat en hereregtevrystellingsertifikaat tov die eenheid nie)
13 Bestaande verband(e) en toestemming van ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇(s) [10]
Vraag 6 - Modelantwoord [30]
6.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
▇▇▇▇▇▇▇▇ E
Aaansoek kragtens artikel 45bis(1)(a)
van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 18
Ons, die ondergetekendes ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 651212 5095 08 8 en
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 670116 0073 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar verklaar hiermee dat -
▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ 1234 Kimberley
gelëe in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, Distrik Kimberley, Provinsie Noord Kaap
groot 1000 (een duisend) vierkante meter
Gehou kragtens Akte van Transport T14654/1996
geregistreer is in die naam van die bogemelde ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ en sy voormalige ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (voorheen Mvula), identiteitsnommer 650917 0008 08 4;
En nademaal ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 651212 5095 08 8
Getroud binne gemeenskap van goed met ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ binne gemeenskap van goed getroud was met ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (voorheen Mvula),
▇▇▇▇▇ huwelik ontbind is deur ‘n finale egskeidingsbevel uitgereik deur die Hoë Hof van Suid-▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ saaknommer 3359/2010 gedateer 15 Junie 2010;
En nademaal die skikkingsooreenkoms wat ook ‘n bevel van die hof gemaak is nie met die bogemelde eiendom handel nie;
Maar nademaal ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (voorheen Mvula)
Identiteitsnommer 650908 0085 08 1
18 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in Mei 2006 (▇▇▇▇ 1) vraag 2.
-2-
en
▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 600204 5467 08 1
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar kragtens ‘n addendum tot die skikkingsakte gedateer 20 Augustus 2011, hule
halwe aandeel in bogemelde eiendom verkoop het aan ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ vir R600 000,00;
Nou derhalwe doen ons hierby aansoek by die Registrateur van Aktes te Kimberley vir die endossering van Akte van Transport T14654/1996 kragtens artikel 45bis(1)(a) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 tot die effek dat ons op die bogemelde eiendom geregtig is, een halwe aandeel op grond van die huwelik binne gemeenskap van goed tussen ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ and ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (previously Mvula) en die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aandeel op grond van die addendum tot die skikkings- ooreenkoms, asof ons formeel transport daarvan ontvang het.
Geteken te Kimberley op 14 September 2011
▇▇▇ ▇▇▇▇▇
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Opgestel deur my
Vorm T TRANPSORTBESORGER
▇▇▇▇▇▇▇▇ E
Toestemming
Ons, die ondergetekendes ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 651212 5095 08 8 en ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 670116 0073 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
die verbandgewer van verband B3214/1996 gepasseer deur my, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 651212 5095 08 8 en ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (voorheen Mvula)
Identiteitsnommer 650917 0008 08 4
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
ten gunste van ABC Bank Beperk vir die bedrag van R600 000,00
1 Stem hierby toe tot die ontheffing van die boedel van gemelde ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ (voorheen Mvula) en ▇▇▇ ▇▇▇▇▇, identiteitsnommer 601213 5874 08 8, getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, van aanspreeklikheid onder genoemde verband;
2 aanvaar ▇▇▇▇▇▇ volle aanspreeklikheid vir alle verpligtings onder die verband;
3 stem hierby toe tot die substitusie van onsself as die enigste skuldenaar ten opsigte van voornoemde verband.
Geteken te Kimberley op 14 September 2011.
As getuies 1 ▇▇▇ ▇▇▇▇▇
2 EN ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Ek, die ondergetekende, ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit deur die direkteure van ABC Bank Beperk, Registrasienommer 1960/012349/06, die wettige houer van die voormelde verband, stem hierby toe tot die ontheffing, aanvaarding van aanspreeklikheid en die substitusie van die skuldenaar voornoemd.
Geteken te Kimberley op 15 September 2011. As getuies 1
2 E ▇▇▇▇▇▇▇ nms ABC Bank Bpk [22]
6.2 Bykomende dokumente vir indiening by die aktekantoor
1 Akte van Transport T14654/1996 vir endossering
2 hereregtevrystellingsertifikaat
3 belastinguitklaringsertifikaat
4 gesertifiseerde afskrif van egskeidingsbevel en
skikkingsooreenkoms
5 gesertifiseerde afskrif van die addendum tot die skikkingsooreenkoms
6 verband B3214/1996 [7]
6.3 Geen hereregte is betaalbaar nie, aangesien die betaling daarvan kragtens artikel 9 van die Wet op Hereregte vrygestel is. [1]
Vraag 7 - Modelantwoord [10]
7.1 Opgestel deur my
Vorm H
TRANSPORTBESORGER
Le ▇▇▇▇ ▇▇
Transportakte
[kragtens artikel 33 van die Registrasie van Akteswet 1937 (No. 47 van 937]
Hierby word bekendgemaak
dat ingevolge ‘n bevel van die Hoë Hof, Grahamstad op 12 Desember 2010, ek, die Registrateur van Aktes ▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ Town kragtens genoemde bevel hierby sedeer en transporteer in volle en vrye eiendom aan en ten gunste van
-2-
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇
Identiteitsnommer 501214 5487 08 4 en ▇▇▇▇▇ ▇▇▇
Identiteitsnommer 601219 0008 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes, sekere
1 Erf 56 Oos-Londen
Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie Oos-Kaap
groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter
Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T167/1932 met algemene plan L.G. nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte van Transport T1258/1969
Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word
2 Erf 57 Oos-Londen
Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie Oos-Kaap
groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter
Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T1597/1932 met algemene plan L.G. Nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte van Transport T1258/1969
Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word
3 Erf 58 Oos-Londen
Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie Oos-Kaap
groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter
Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T3/1933 met algemene plan L.G. Nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte van Transport T1258/1969
Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word [7]
7.2 Ondersteunende dokumente vir indiening by die aktekantoor
1 Huidige titleakte(s) vir die drie eiendomme (T1258/1972), indien beskikbaar. Indien nie, ‘n beëdigde verklaring deur die transportnemer dat hy nie in staat was om besit van die titelakte te bekom nie
2 hereregte kwitansie vir die drie eiendomme
3 uitklaringsertifikaat vir die drie eiendomme
4 gesertifiseerde afskrif van die hofbevel
5 huweliksertifikaat en beëdigde verklaring ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ en ▇▇▇▇▇ rakende die huwelik binne gemeenskap van goed [3]
Vraag 8 - Modelantwoord [20]
Bylae van Voorwaardes kragtens artikel 11(3)(b)
van die Wet op Deeltitels 95 van 1986
DEELPLAN : LG. Nr. D123/2011
NAAM VAN DIE SKEMA: Morester
NAAM EN ADDRES Die Trustees van die ABC Trust VAN DIE ONTWIKKELAAR Registrasienommer IT 8183/2005
van ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
2000
NOMMER VAN DIE TITELAKTE
VAN DIE BETROKKE GROND: T1/2007 en T2/2007
NOMMER VAN DIE TITELAKTE
WAARBY KAART GELIASSEER IS Algemene plan LG Nr. 285/2001 is by
T357/2001 en T159/2001 geliasseer
Ek die ondergetekende ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
‘n transportbesorger, praktiserende as sulks in Kaapstad, sertifiseer hiermee dat die eiendom bekend as -
1 Erf 123 ▇▇▇▇▇▇▇▇
Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie ▇▇▇-Kaap groot 1 000 (een duisend) vierkante meter
Gehou kragtens Akte van Transport T1/2007
onderhewig aan en geregtig op die volgende voorwaardes is, naamlik -
-2-
A No trade or business in wine, spirits or beer shall be carried on on the said property
B The property is subject to a 2 metres wide servitude for municipal purposes in favour of the ▇▇▇▇▇▇▇▇ Local Municipality together with ancillary rights as will more fully appear from Notarial Deed No. K44/2006S with diagram annexed thereto.
C The property may not be transferred without the written consent of the Local Authority.19
D Erf 123 ▇▇▇▇▇▇▇▇ en Erf 124 ▇▇▇▇▇▇▇▇ is notarieël gekoppel en ▇▇▇ vir alle doeleindes as een eiendom beskou word en die twee eiendomme mag vervreem oor beskik word of getransporteer word nie, anders as aan dieselfde persoon, ▇▇▇▇ meer volledig blyk uit Notariële Koppelingsakte K S.
2 Erf 124 ▇▇▇▇▇▇▇▇
Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie ▇▇▇-Kaap groot 1 500 (een duisend vyf honderd) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T T2/2007
is onderhewig aan of geregtig op die volgende voorwaardes:
A Onderhewig aan voorwaardes A en ▇ ▇▇▇▇ meer volledig uiteengesit in paragraaf 1 hiervan.
B The property is subject to a 5 metre wide right of way servitude in favour of Highbrow Holdings (Proprietary) Limited as will more fully appear from Notarial Deed No. K100/2006S with diagram annexed thereto.
3 Die onwikkelaar het ten gunste van homself en sy opvolgers in titel die reg gereserveer om van tyd tot tyd, binne ‘n tydperk van 30 (dertig) jaar vir sy persoonlike rekening ‘n verdere gebou of geboue 20 op te rig en te voltooi op
19 Aangesien die algemene voorwaardeklousule (“en verder onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word”) nie in die aktekantoor vir Kaapstad gebruik word nie, is hierdie klousule weggelaat.
20 en/of ‘n vertikale en/of horisontale uitbreiding van ‘n bestaande gebou, afhangend van die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ spesifieke geval.
die aangewese gedeelte van die gemeenskaplike eiendom ▇▇▇▇ aangetoon op die plan ▇▇▇▇ bedoel in artikel 25(2)(a) van die Wet, in die aktekantoor van Kaapstad geliasseer en om sodanige gebou of geboue in ‘n ▇▇▇▇ of dele en gemeenskaplike eiendom te verdeel en om die reg tot uitsluitlike gebruik oor ‘n gedeelte van daardie gemeenskaplike eiendom te verleen aan die eienaar of eienaars van een of meer dele in die skema.21
4 Die ontwikkelaar het verder die volgende voorwaarde opgelê kragtens artikel 11(2) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986, naamlik - 22
1 Die eienaar ▇▇▇ ▇▇▇▇ 1 ▇▇▇ geregtig wees op die uitsluitlike gebruik, okkupasie en genot van die gebied gemerk T1 (Tuin), groot 50 (vyftig) vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.
2 Die eienaar ▇▇▇ ▇▇▇▇ 2 ▇▇▇ geregtig wees op die uitsluitlike gebruik, okkupasie en genot van die gebied gemerk T2 (Tuin), groot 50 (vyftig) vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.
3 Die eienaar ▇▇▇ ▇▇▇▇ 3 ▇▇▇ geregtig wees op die uitsluitlike gebruik, okkupasie en genot van die gebied gemerk T3 (Tuin), groot 50 (vyftig) vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.
5 Geen verdere voorwaardes is deur die ontwikkelaar opgelê nie.
Geteken te Kaapstad op 14 September 2011.
TRANSPORTBESORGER
TOTAAL [200]
21 Die bewoording van die saaklike reg ▇▇▇▇ uiteengesit in Vorm F (sertifikaat van saaklike reg van uitbreiding) kan hier gevolg word.
22 Hierdie paragraaf kan ook op ‘n ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ verwoord word, naamlik:
Die Ontwikkelaar het, kragtens artikel 11(2) van die Wet op Deeltitels, 1986, saamgelees met artikel 27 van gemelde Wet, die reg op die uitsluitlike gebruik van die volgende dele van die gemeenskaplike eiendom, en wat vir hierdie doel op die deelplan ingeskets is, toegeken, naamlik -
Eenheid Nr. | Uitsluitlike gebruik | Uitsluitlike gebruik Nr. | Vierkante meter |
1 | Tuin | T1 | 50 (vyftig) |
2 | Tuin | T2 | 50 (vyftig) |
3 | Tuin | T3 | 50 (vyftig) |
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2011
▇▇▇▇ 2
Selfstudie Aktekursus
Vraag 1 - Modelantwoord [6]
Die drie uitsonderings is -
1 ‘n Reg van weg, waterleiding, pyplyn of geleiding van elektrisiteit met ‘n breedte wat nie 15 meter oorskry nie;
2 ‘n Serwituut wat aanvullend tot die bogemelde serwituut is en wat ‘n serwituut area van nie meer as 225 vierkante meter beslaan nie en wat aangrensend is aan die gebied van die laasvermelde serwituut; en
3 ‘n Vruggebruik oor die geheel van landbougrond ten gunste van een persoon of ten gunste van sodanige persoon en ▇▇ ▇▇▇▇ of die langslewende van hulle indien hulle binne gemeenskap van goed getroud is.
Vraag 2 - Modelantwoord [4]
a Indien ‘n transaksie van BTW vrygestel is, val dit geheel en al buite die “BTW net.” Hereregte is derhalwe betaalbaar op die transaksie. Die posisie is derhalwe dieselfde asof die verkoper nooit vir BTW geregistreer was nie.
b Indien ‘n transaksie teen ‘n nulkoers is, val dit nogsteeds binne die “BTW net” en al die bepalings rakende BTW is steeds op die transaksie van toepassing, insluitende die bepaling dat die koper nogsteeds insetbelasting- krediete met betrekking tot die betrokke eiendom kan eis. Die ▇▇▇▇▇ is slegs “0%” in plaas van die huidige “14%.”
Vraag 3 - Modelantwoord [10]
4.1 Die partye plaas op rekord dat -
1) die eiendom as ‘n lopende ▇▇▇▇, naamlik die uitverhuring van geboue vir besigheidsdoeleindes, verkoop word.
2) die lopende ▇▇▇▇ ▇▇▇ op datum hiervan, ‘n inkomstegenererende
bedryf wees.
3) die verkoper ‘n geregistreerde BTW ondernemer is met BTW registrasienommer registration number 4880125659
4) die koper ‘n geregistreerde BTW ondernemer is met BTW registrasienommer 4320177601.
4.2 Indien die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sou beslis dat hierdie transaksie nie as ‘n nul-▇▇▇▇▇ transaksie kwalifiseer nie, sal die koper verantwoordelik wees vir die betaling van BTW bykomend tot die koopprys.
Vraag 4 - Modelantwoord [5]
Hereregte moet eers bereken word op die waarde van die hele eiendom (met ander woorde op R2 000 000,00) waarna die bedrag hereregte betaalbaar, in hierdie geval, deur twee gedeel moet word. Derhalwe:
R 0,00 - R600 000,00 x 0% = R 0,00
R 600 001,00 - R1 miljoen x 3% (dus R400 000,00 x 3%) = R 12 000,00
R1 miljoen - R1,5 miljoen x 5% (dus R500 000,00 x 5%) = R 25 000,00
bo R1,5 miljoen x 8% (dus R500 000,00 x 8%) = R 40 000,00
TOTAAL = R 77 000,00
R77 000,00 ÷ 2 = R 38 500,00 hereregte betaalbaar met betrekking tot die ½ aandeel in die eiendom.
Vraag 5 - Modelantwoord [5]
5.1 Die maatskappy is ‘n persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy [1]
5.2 Die maatskappy is ‘n privaat maatskappy [1]
5.3 Die maatskappy is ‘n openbare (publieke) maatskappy [1]
5.4 Die maatskappy is ‘n maatskappy in staatsbesit [1]
5.5 Die maatskappy is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk [1]
Vraag 6 - Modelantwoord [5]
Ja. Indien die eiendom wat in die naam van die solvente ▇▇▇▇ geregistreer is, nie ten tyde van die registrasie van die verband deur die kurator van die boedel van die insolvente ▇▇▇▇ vrygestel is nie, kan die verbandhouer nie ‘n versekerde of preferente eis verkry nie en in soverre dit die insolvent ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ aangaan, is die verband nietig. (▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ NO v Delta Cables (Pty) Ltd 1992 (1) SA 9 (AD)).
Vraag 7 - Modelantwoord [5]
Artikel 88 van die Insolvensiewet bepaal dat ‘n verband (gepasseer vir ‘n bestaande skuld) by die registrateur ingedien moet word binne twee maande nadat die skuld ontstaan het. Indien dit nie binne twee maade ingedien word nie, sal die verbandhouer nie enige preferensie hê indien die verbandgewer binne ses maande na die indiening van die verband insolvent verklaar word nie.
Aangesien A alreeds meer as twee maande gelede die geld aan B geleen het, ▇▇▇ ▇ ▇▇▇ ‘n preferente eis hê indien B binne ses maade na die indiening van die verband ten gunste van A, gesekwestreer word nie.
Vraag 8 - Modelantwoord [3]
Die transportbesorger wat die registrasie van ‘n verband ten gunste van ‘n bank of finansiële instelling behartig moet vasstel dat -
i) die huisbouer kragtens die Wet op Beskerming van Behuisingsverbruikers geregistreer is;
ii) hy die huis by die Raad ingeskryf het; en
iii) hy die voorgeskrewe gelde vir daardie inskrywing betaal het
Vraag 9 - Modelantwoord [2]
Kapitaalwinsbelasting is ‘n belasting op die kapitale winste ten aansien van ‘n eiendom wat in ‘n jaar van aanslag verkoop word en wat by die belastingbetaler se belasbare inkomste vir daardie belastingjaar gevoeg word.
Vraag 10 - Modelantwoord 23 [18]
10.1 Sy langslewende agde is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdie bedrag groter is as ‘n kindsdeel van R83 750,00)
Elkeen van die drie ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ gelykop ▇▇▇▇ in die oorblywende geld, naamlik elkeen is geregtig op R70 000,00. [4]
10.2 Sy langslewende ▇▇▇▇ is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdie bedrag groter is as ‘n kindsdeel van R83 333,33).
Die kind gebore uit die huwelik sowel as die kind wat deur die oorledene gedurende sy leeftyd kragtens die gewoontereg as sy eie aanvaar is ▇▇▇ gelykop in die oorblywende geld ▇▇▇▇, met ander woorde elkeeen is geregtig op R62 500,00. [4]
10.3 Sy vader is geregtig op 50% van sy boedel, naamlik R300 000,00. Die oorlewendes aan ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇ is geregtig op die ander helfte. Sy twee
23 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in September 2008 (▇▇▇▇ 2), Vraag 8 vir 12 punte en in September 2009 (▇▇▇▇ 1) Vraag 16 vir 12 punte.
▇▇▇▇▇▇ is derhalwe elkeen geregtig op R100 000,00 en die twee kinders van sy oorlede suster is elkeen geregtig op R50 000,00. [4]
10.4 Sy vrou, die kind gebore uit hul huwelik en hul aangenome kind is elkeen geregtig op R160 000,00. Die stiefkind is nie daarop geregtig om intestaat van die oorledene te erf nie. [6]
Vraag 11 - Modelantwoord [3]
Die ▇▇▇▇ dat ‘n kind buite die eg gebore is affekteer nie die bevoegheid van een bloedverwant om intestaat van ‘n ander bloedverwant te erf nie. Dit is die geval desnieteenstaande die bepalings van enige reg of van die gemenereg of gewoontereg, maar onderhewig aan die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging en artikel 40(3) 24 en 297(1)(f) 25 van die Kinderwet.
Vraag 12 - Modelantwoord 26 [7]
12.1 Ja. Registrateurskonferensiebesluit 5 van 2005 bepaal dat wanneer ‘n persoonlike serwituut gekanselleer word, hetsy kragtens artikel 68(1) - (die notering van die verval van die serwituut) of kragtens artikel 68(2) - (notariële kansellasie van die serwituut), moet ‘n hereregtekwitansie of hereregte- vrystellingsertifikaat ingedien word, tensy die serwituut sy tyd uitgedien het. Vnauit die feite in die vraag is dit duidelik dat die serwituut nie sy tyd uitgedien nie, en derhalwe ▇▇▇ sodanige kwitansie of vrystellingsertifikaat ingedien moet word. [2]
12.2 Ek ▇▇▇ ‘n aansoek, onderteken deur die geregistreerde eienaar van die eiendom waaroor die vruggebruik geregistreer is, kragtens artikel 68(1) van die Registrasie van Akteswet indien vir die notering van die verval van die vruggebruik. Ek ▇▇▇ ook ‘n sterfkennis of sterftesertifikaat indien as bewys
24 Kragtens artikel 40(3) van die Kinderwet bestaan daar geen reg tussen ‘n kind gebore uit ‘n vrou as gevolg van kunsmatige inseminasie en enige persoon wie se gameet vir sodanige kunsmatige inseminasie gebruik is of die bloedverwante van daardie persoon nie, tensy -
a) daardie persoon die vrou is wat geboorte aan die kind gegee het; of
b) daardie persoon die man was van sodanige vrou ten tyde van die kunsmatige inseminasie.
Hierdie artikel is onderhewig aan artikel 296, wat handel oor kunsmatige inseminasie van ‘n surrogaat ▇▇▇▇▇▇.
25 Kragtens artikel 297(1)(f) van die Kinderwet ▇▇▇ die kind geen eis vir erfopvolging hê teen ‘n surrogaat ▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇▇ man of enige van hul bloedverwante nie.
26 ‘n Soortgelyke vraag is in Mei 2008 (▇▇▇▇ 2), Vraag 2 en Mei 2009 (▇▇▇▇ 2), Vraag 9 vir 7 punte gevra.
van die dood van die vruggebruiker. ‘n Endossement tot daardie effek ▇▇▇ ▇▇▇ op die titelakte aangebring word. [3]
12.3 Nee, dit is nie nodig nie, aangesien die vruggebruik deur tydsverloop verval het, met ander woorde die vruggebruik het sy tyd uitgedien. [2]
Vraag 13 - Modelantwoord [6]
13.1 ‘n Grondserwituut ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ samesmelting indien die eienaar van die heersende eiendom ook die eienaar van die dienende eiendom word of andersom. [2]
13.2 Nee, die registrateur ▇▇▇ ▇▇▇ die samesmelting in hierdie geval noteer nie. Indien die verval van ‘n grondserwituut nie teen die titelaktes van die onderskeie eiendomme aangeteken is nie, is daar ‘n vermoede dat sodanige onaangetekende serwituut herleef deur die insluiting daarvan in enige daaropvolgende akte nadat die de facto samesmelting plaasgevind het.27 [4]
Vraag 14 - Modelantwoord 28 [10]
14.1 ▇▇▇▇ aangedui op algemene plan L.G. Nr.13/2010 en gehou kragtens Sertifikaat van Verenigde Titel T1234/1998. [3]
14.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T222/2010 met algemene plan L.G. nr. 13/2010 wat daarop betrekking het.[3]
14.3 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T222/2010 met algemene plan L.G. Nr. 13/2010 wat daarop betrekking het met betrekking tot een-halwe aandeel en gehou kragtens Akte van Transport T25/2011 met betrekking tot die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aandeel. [4]
Vraag 15 - Modelantwoord [5]
Die Wet op Verbuikersbeskerming vereis dat verbuikersooreenkomste in gewone en verstaanbare taal moet wees sodat ‘n ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ met gemiddelde geletterdheidsvaardighede en minimale ondervinding as ‘n verbruiker van die betrokke goedere of dienste die inhoud, betekenis en belangrikheid van die bepalings kan verstaan.
Faktore wat in aanmerking geneem moet word, is -
27 Du Toit vs ▇▇▇▇▇▇ & Another 1950 (2) SA 93 (C) op pp 102-103; Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa, Juta Kaapstad, hersiene uitgawe 1, 2007, p. 3-34
28 A similar question has been asked in May 2010 (Part 2), Question 10 for 10 marks.
1) die klas van persone vir wie ‘n dokument bedoel is;
2) die samehang, omvattendheid en konsekwentheid van die dokument;
3) die organisering, vorm en styl van die voorstelling of dokument;
4) die woordeskat en sinstruktuur wat gebruik word; en
5) die gebruik van hulpmiddels ▇▇▇▇ illustrasies, voorbeelde en opskrifte.
Vraag 16 - Modelantwoord [6]
Enige 3 van die volgende:
1) A 34(1): Waar ‘n persoon ‘n mede-eienaar is van ‘n stuk grond wat ▇▇ ▇▇▇▇ met ander kragtens een titelakte besit, kan hy by die Registrateur van Aktes aansoek doen vir die uitreiking aan hom van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel (SGT) ten aansien van sy onverdeelde aandeel in daardie grond. Hierdie artikel ▇▇▇ met die nodige veranderineg ook van toepassing wees op enige persoon wat die eienaar is van die geheel of ‘n aandeel in ’n stuk grond en ‘n SGT verlang vir enige breuk van sy onverdeelde aandeel in sodanige grond - (a 34(1A).
2) A 34(2): Indien ‘n titelakte, waarkragtens grond of aandele gesamentlik besit word, verlore of vernietig is, mag enige mede-eienaar ‘n SGT vir sy aandeel in die grond verkry, sonder dat hy ‘n gesertifiseerde afskrif van die verlore of vernietigde titelbewys ▇▇▇▇ ▇▇ verkry.
3) A 35: Iemand wat kragtens meer as een titelbewys eienaar is van onverdeelde aandele in een of meer stukke grond, mag aansoek doen vir ‘n SGT ten aansien van sy gesamentlike aandeel.
4) A 36: Iemand wat twee of meer stukke grond kragtens een titelbewys besit, mag ‘n SGT vir een of meer van daardie stukke grond verkry.
5) A 38: Waar beide die eienaar van die grond se titelbewys sowel as die kopie van die aktekantoor verlore of vernietig is kan ‘n SGT in die plek van so ‘n verlore of vernietigde titelbewys uitgereik word.
6) A 39(1): Indien dieselfde stuk grond weens ‘n ▇▇▇▇ in die name van verskillende persone geregistreer is, kan die registrateur, nadat die grond aan die regte eienaar getransporteer is, aan die wettige eienaar ‘n SGT vir die grond wat hy kragtens verskillende titelbewyse besit, uitreik.
7) A 39(2): Hierdie artikel maak voorsiening vir ‘n “skoon” titelbewys waar die bestaande titelakte voorwaardes of serwitute bevat wat reeds verval het of wat gekanselleer is. Die enigste ▇▇▇▇ ▇▇ ‘n titelakte skoon te kry van voorwaardes wat nie meer van toepassing is nie, is om ‘n SGT, vry van sodanige voorwaardes te verkry
8) A 43(1): Waar ‘n eienaar ▇▇ ▇▇▇▇▇ in twee of meer gedeeltes onderverdeel het en begerig is om een of meer van daardie gedeeltes kragtens ‘n aparte titelakte ▇▇ ▇▇▇, kan hy aansoek doen dat ‘n SGT ten aansien van ‘n gedeelte van ‘n stuk grond aan hom uitgereik word.
TOTAAL: [100]
Saamgestel deur
▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇
BCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)
Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-
Afrika en
▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇
▇▇(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honeurs (UNISA)
Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika en gepubliseer deur
Selfstudie Aktekursus BK
Registrasienommer 1994/016876/23
Posbus 74047 Lynnwoodrif 0040
▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇▇▇▇▇▇
Tel: (▇▇▇) ▇▇▇-▇▇▇▇
Faks: (012) 361-1108
Webwerf: ▇▇▇.▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇.▇▇.▇▇
BRONNE
Selfstudie Aktekursus vor Prokureurs
The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa Betrokke wette, regulasies en voorgeskrewe vorms Registrateurskonferensiebesluite
