ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
ERKENNING VAN AANSPREEKLIKHEID EN OOREENKOMS OM TE BETAAL
SAMBREEL FONDS / FONDS NAAM DEELNEMENDE WERKGEWER
1. PARTYE
VOLLE NAME VAN ▇▇▇▇▇▇▇▇▇
VOLLE NAME VAN ▇▇▇▇▇▇▇▇▇ / LID
2. AGTERGROND
2.1 Die werknemer ▇▇▇▇▇▇ is ‘n lid van ‘n aftreefonds wat deur die werkgewer aangebied word (Sien Bylae “A”);
2.2 Kragtens die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956, mag ‘n aftreefonds sekere gemagtigde aftrekkings direk van die lid se aftreevoordele maak vir oorbetaling aan die werkgewer op grond van die werknemer se erkenning van aanspreeklikheid;
2.3 Hierdie ooreenkoms beoog om daardie regte van die werkgewer teenoor die werknemer vis-à-vis die aftreefonds vas te lê.
3. ERKENNING
3.1 Die werknemer erken dat hy waarlik en wettiglik verskuldig is aan die werkgewer in die bedrag ▇▇▇▇ uiteengesit in die Bylae (die “skuldbedrag”);
3.2 Die werknemer erken dat hierdie skuld/aanspreeklikheid teenoor die werkgewer voortspruit uit die skuldoorsaak ▇▇▇▇ volledig uiteengesit in die Bylae, en dat die vergoeding ten opsigte daarvan direk betaalbaar is van enige voordele waarop hy, of enige ander begunstigde ▇▇▇ ▇▇▇, kragtens die reëls van die aftreefonds op geregtig mag wees;
3.3 Die werknemer stem in dat sy aftreevoordele by toevalling aan hom dienooreenkomstig aangewend mag word, hetsy ten dele of ten volle, ter aflossing van sy aanspreeklikheid ▇▇▇▇ hierbo ▇▇ ▇▇▇▇▇▇. Enige tekort, indien enige, bo die opbrengs van die gemelde aftreevoordele ▇▇▇ ‘n skuld teenoor die werkgewer.
4. RENTE
4.1 Die skuldbedrag, of enige balans daarvan, en enige ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ verskuldig van tyd tot tyd met rente daaarop, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ dra vanaf die datum gemeld in die Bylae en teen die ▇▇▇▇▇ vermeld in die Bylae.
4.2 Rente word bereken maandeliks vooruit en is maandeliks agterna betaalbaar.
V411-Liability Acknowlegement (Afr) 1/2…
5. DOMICILIUM
Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms kies die werknemer beide die residensiële en die sake-adres van die Bylae as die domicilium citandi et executandi.
6. JURISDIKSIE
Die werknemer stem toe tot die jurisdiksie van die landdroshof nieteenstaande dat die bedrag ter sprake die jurisdiksie van die landdroshof mag oorskry.
7. KOSTE
Alle koste, op ‘n prokureur-en-kliënt skaal, voortspruitend uit enige aksie teen die werknemer ingevolge hierdie ooreenkoms is betalbaar op aanvraag deur die werknemer.
8. EKSEPSIES
Die werknemer doen afstand van die voordele van die volgende regseksepsies: non numeratae pecuniae (gelde nie betaal), non causa debiti (geen skuldoorsaak) en error calculi (berekenings ▇▇▇▇).
9. SERTIFIKAAT
‘n Sertifikaaat geteken deur ‘n gevolmagtigde van die Werkgewer wat aantoon die skuldbedrag, of enige balans van tyd tot tyd, betaalbaar deur die werknemer aan die werkgewer is afdoende bewys van sodanige bedrag verskuldig vir doeleindes van vonnis.
10. BYLAE
Die Bylae gemerk “A” waarna in hierdie ooreenkoms ▇▇▇▇▇▇ word is ▇▇▇▇ van hierdie ooreenkoms, en moet deur die partye geparafeer word.
11. GETEKEN DEUR DIE PARTYE
WERKNEMER
DATUM PLEK
WERKGEWER
VOLLE NAAM VAN GEVOLMAGTIGDE
V411-Liability Acknowlegement (Afr) 2/2…
DATUM PLEK
