Stoorkoste Voorbeeld Klousules
Stoorkoste. Veranderlikes: A: Hoeveelheid Kommoditeit met Verskaffer Leweringsperiode Aanpassing oorgedra aan VKB B: Datum van oordrag van die Kommoditeit aan VKB* C: Verskaffer Leweringsperiode Aanpassing Einddatum volgens Kontrakbevestiging D: Stoorkoste** Formule: (Aantal dae vanaf B tot C) x A x D * Indien geen oordrag van die Kommoditeit plaasvind nie as gevolg van die kansellasie of likwidasie (“uitwas”) van die Koopkontrak by ooreenkoms tussen die Partye, ▇▇▇ die datum van uitwas as die datum van oordrag vir doeleindes van hierdie berekening beskou word. ** Die Stoorkoste ▇▇▇ óf die toepaslike koste van die Plek van ▇▇▇▇▇▇▇▇ óf die JSE CDM kostes wees, ▇▇▇▇ volgens die Kontrakbevestiging tussen die Partye ooreengekom. Indien die stoorkoste tussen B en C aangepas word, ▇▇▇ die toepaslike Stoorkoste bereken word teen die gemiddelde van die toepaslike Stoorkoste vir die periode B tot C.
