Lede Voorbeeld Klousules
Lede. Waar die woord “direkteur” gebruik word, word dit geag “lid” in te sluit indien die versekerde ‘n beslote korporasie is.
Lede. 5.1 Die Vereniging word sonder kapitaal saamgestel, en lidmaatskap daarvan word afdoende gestaaf deur die eienaarskap, in die Aktekantoor in Kaapstad geregistreer, van een of meer erwe in die Dorpsgebied. Lidmaatskap van die Vereniging volg outomaties op registrasie van eienaarskap, en lede is verplig om hulle by die bepalings van hierdie Konstitusie ▇▇ ▇▇▇. Geen persoon kan ophou om ʼn lid van die Vereniging te ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hy die geregistreerde eienaar van ʼn erf in die Dorpsgebied ▇▇▇ nie;
5.2 Elke lid is geregtig op EEN (l) stem vir elke erf wat hy in die Dorpsgebied besit. Eienaarskap van ʼn erf in onverdeelde aandele maak slegs een lidmaatskap uit, en sodanige lidmaatskap word deur een individu ingevolge die bepalings van Klousule 8.10 hiervan verteenwoordig;
5.3 Lidmaatskap word oorgedra kragtens registrasie van ʼn Transportakte by die Aktekantoor in Kaapstad, waardeur eienaarskap van een of meer erwe in die Dorpsgebied aan die nuwe lid oorgedra word;
5.3.1 Oordrag van eiendomsreg mag nie plaasvind sonder die voorlegging van ‘n klaringsbewys, uitgereik deur die Dagbestuur, aan die Aktekantoor nie. Sodanige uitreiking ▇▇▇ slegs teruggehou word in die geval van uitstaande verpligtinge van die huidige eienaar teenoor die Vereniging;
5.3.2 Enige verandering in geregistreerde eienaarskap moet binne redelike tyd na die datum van oordrag deur die betrokke eienaar onder die Dagbestuur se aandag gebring word deur middel van die indiening van óf ‘n afskrif van die bladsy van die Transportakte waarop die naam van die eienaar aangetoon word óf ‘n amptelike bewys uitgereik deur die Aktekantoor in Kaapstad.
5.4 Elke lid betaal aan die Vereniging ʼn jaarlike ledegeld, waarvan die bedrag deur die Dagbestuur ingevolge Klousule 10 hiervan vasgestel word. Die aldus vasgestelde ledegeld is in gelyke mate op alle erwe van toepassing en is betaalbaar ten opsigte van elke erf wat deur ʼn lid besit word.
5.5 Dit is elke lid se reg om insae te hê in alle bouplanne t.o.v. eenhede in sy/haar onmiddelike omgewing wat die sigbare uiterlike karakter en voorkoms van die Dorpsgebied mag affekteer.
Lede
