Belegging. Ons belê 'n herhalende betaling plus 'n addisionele toedeling, indien van toepassing, minus heffings, in die onderskeie gekose beleggingsfondse. Die addisionele toedeling hang af van die vlak van kommissie wat aan die begin beding is. Nadat 'n adviesfooi, indien van toepassing, van 'n aanvanklike bedrag afgetrek is, belê ons 'n eenmalige betaling plus 'n addisionele toedeling in die onderskeie gekose beleggingsfondse. Inligting oor al die beleggingsfondse wat ons bied, is op die Sanlam webruimte by ▇▇▇▇://▇▇▇.▇▇▇▇▇▇.▇▇.▇▇ beskikbaar.
Appears in 2 contracts
Sources: Uitkeerplan, Uitkeerplan