Siekteverlof Voorbeeld Klousules

Siekteverlof. Artikels 22 - 24 3.3.1 ’n Werknemer is geregtig op ses weke se betaalde siekteverlof in ’n periode van 36 maande. 3.3.2 Gedurende die eerste ses maande is ’n werknemer geregtig op een dag betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk. 3.3.3 ’n Werkgewer kan ’n mediese sertifikaat vereis voordat hy ’n werknemer betaal wat vir meer as twee agtereenvolgende dae afwesig was of iemand wat dikwels afwesig is. 3.4
Siekteverlof. Artikel 22 Sick leave: Section 22 1. In hierdie Hoofstuk beteken siekteverlofsiklus die tydperk van 36 maande diens by dieselfde werkgewer wat onmiddellik volg op: 1. In this Chapter, sick leave cycle means the period of 36 months’ employment with the same employer immediately following: a. die aanvang van 'n werknemer se diens; of b. die voltooiing van daardie werknemer se vorige siekteverlofsiklus. 2. Gedurende elke siekteverlofsiklus is 'n werknemer geregtig op 'n hoeveelheid siekteverlof met betaling wat gelyk is aan die getal dae wat die werknemer gewoonlik sou gewerk het gedurende 'n tydperk van ses weke. 3. Ondanks subartikel (2) is 'n werknemer, gedurende die eerste ses maande diens, geregtig op een dag siekteverlof met betaling vir elke 26 dae wat hy of sy gewerk het. 4. Gedurende 'n werknemer se eerste siekteverlofsiklus kan die werkgewer 'n werknemer se geregtigdheid op siekteverlof ingevolge subartikel (2) verminder met die getal dae siekteverlof wat ingevolge subartikel (3) geneem is. 5. Behoudens artikel 23 moet 'n werkgewer 'n werknemer vir 'n dag siekteverlof: a. die loon betaal wat die werknemer gewoonlik sou ontvang het vir werk op daardie dag; en b. op die werknemer se gewone betaaldag betaal. 6. 'n Xxxxxxxxxx kan die betaling verminder waarop 'n werknemer ingevolge hierdie artikel geregtig is ten opsigte van afwesigheid van enige dag indien- a. die getal dae betaalde siekteverlof minstens vergelykbaar vermeerder word met enige vermindering in die daaglikse bedrag siektebetaling; en b. die werknemer se geregtigdheid op betaling: i. vir enige dag se siekteverlof minstens 75 persent is van die loon wat aan die werknemer betaalbaar is vir gewone ure wat die werknemer op daardie dag sou gewerk het; en a. an employee’s commencement of employment; or b. the completion of that employee’s prior sick leave cycle. 2. During every sick leave cycle, an employee is entitled to an amount of paid sick leave equal to the number of days the employee would normally work during a period of six weeks. 3. Despite subsection (2), during the first six months of employment, an employee is entitled to one day’s paid sick leave for every 26 days worked. 4. .During an employee’s first sick leave cycle, an employer may reduce the employee’s entitlement to sick leave in terms of subsection (2) by the number of days’ sick leave taken in terms of subsection (3). 5. Subject to section 23, an employer must pay an employee for a day’s sick leave: a. the wage the employee...
Siekteverlof. Die werknemer is geregtig op een honderd-en-twintig (120) kalenderdae siekverlof in elke siklus van drie (3) jaar xxxx bepaal in die Kerkorde (2007, Reglement 19) en xxxx verder omskryf in die personeelbeleid. 4.6
Siekteverlof. 9.1 Die Werknemer is geregtig op 14 kalenderdae siekteverlof per jaar of xxxx omskryf deur die WBDV en waar van toepassing een (1) dag siekteverlof teen volle vergoeding vir elke 26 kalenderdae wat hy/sy in diens van die Universiteit is. Indien die aanstelling vir ’n korter tydperk as 12 maande is, word siekteverlof op ’n pro rata-grondslag bereken. 9.2 Vir enige afwesigheid van werk vir 'n tydperk van meer as twee opeenvolgende dae of meer as twee geleenthede in 'n tydperk van agt (8) weke, moet die Werknemer 'n mediese sertifikaat, onderteken deur 'n geregistreerde mediese praktisyn, indien wat sertifiseer dat die Werknemer as gevolg van siekte of besering nie geskik was vir werk vir die tydperk van die Werknemer se afwesigheid nie. 9.3 Die Werknemer moet die Universiteit van sy/haar afwesigheid vergewis op die eerste xxx xxx xx/xxxx afwesigheid en voor 09:00 op daardie dag. 10.
Siekteverlof. Gedurende die eerste ses maande van diens is ʼn werknemer geregtig op 1 dag siekteverlof vir elke 26 dae gewerk. Daarna is die werknemer geregtig op 30 dae siekteverlof gedurende ʼn 36 maande siklus. Die werknemer moet die werkgewer so gou as moontlik in xxxxxx xxxx van sy/haar afwesigheid van die werk deur siekte. ‘n Werknemer is geregtig op betaalde siekverlof, maar in die geval waar die werknemer vir meer as 2 (twee) agtereenvolgende dae afwesig is weens siekte, of by meer as 2 (twee) geleenthede in ʼn periode van 8 (agt) weke afwesig is, moet ‘n werknemer ʼn mediese sertifikaat oorhandig aan die werkgewer wat bevestig dat die werknemer ongeskik was vir diens weens siekte of besering tydens die tydperk van afwesigheid, om betaalde siekverlof te ontvang.
Siekteverlof. Die tentmaker is geregtig op een honderd-en-twintig (120) kalenderdae siekverlof in elke siklus van drie (3) jaar xxxx bepaal in die Kerkorde (2015, Reglement 16 – xxxx gewysig) en xxxx verder omskryf in die personeelbeleid. Die siekteverlof word pro-rata bereken ooreenkomstig die werksdae gewerk. 4.6
Siekteverlof. 5.1 Die Xxxx xxx 'n werknemer tagtig (80) dae siekteverlof in 'n 3 (drie ) jaar siklus toestaan. 5.2 Die Xxxx xxx 'n mediese sertifikaat van 'n geregistreerde mediese praktisyn vereis indien die amptenaar vir meer as 2 (twee) agtereenvolgende dae siekverlof geneem het. 5.3 Daar word verder nie van die Raad verwag om 'n werknemer te betaal indien 'n werknemer gedurende 'n 8 week tydperk by meer as twee geleenthede afwesig was sonder 'n mediese sertifikaat wat verklaar dat hy/sy nie in staat was om xx xxxx vir die duur van sy/haar afwesigheid op grond van 'n siekte of besering nie. 6.
Siekteverlof. 10.2 Elke vennoot is geregtig op 10 werksdae siektevelof per jaar of op ‘n tydperk van 30 werksdae siekteverlof per elke 3 jaa siklus, met behoud van xx xxxxx trekking teen winste of salaries na gelang van die geval. 10.3 Dit word op rekord geplaas dat al die vennote lede van die Professionele Voorsieningsvereniging van S.A. (P V V) is. Xxxxxxx die een of ander vennoot nog nie lid is van P V V nie, onderneem sodanige vennoot xx xxxxx 30 dae vanaf datum hiervan lid van P V V te word. 10.4 In geval van siekte van ‘n vennoot is daardie betrokke vennoot verplig om onmiddellik aansoek te doen vir die uitbetaling van sy voordele vanaf die P V V en moet al sodanige inkomste en/of ontvangstes vanaf P V V in die vennootskap tree of P V V ophou om dit te betaal. Hierdie ontvangstes xxx xxxx die vennootskap aangewend word ter gedeeltelike betaling van die wins of die salaries wat aan ‘n vennoot mag toekom.. Alternatiewelik xxx die P V V bydrae aan die bepaalde vennoot wat daarop geregtig is, in verrekening met sy salaries of wins gebring word. 11.
Siekteverlof. ‘n Siekteverlofsiklus is ‘n tydperk van 36 maande by dieselfde werkgewer. Gedurende elke siekteverlofsiklus is ‘n werknemer geregtig op 6 weke betaalde siekverlof. • Gedurende die eerste 6 maande is ‘n werknemer geregtig op 1 dag siekteverlof vir elke 26 dae gewerk. • Dienskontrakte vir beheerliggaamaanstellings word normaalweg jaarliks onderhandel. In die praktyk impliseer dit 10 dae siekteverlof per jaar. • Die werkgewer is nie verplig om ’n werknemer te betaal indien die werknemer: • meer as twee opeenvolgende dae afwesig is; of • meer as twee keer in ‘n agt weke periode afwesig van werk is en nie ‘n mediese sertifikaat indien as bewys dat die werknemer nie geskik was om xx xxxx nie.
Siekteverlof. Betaalde siekteverlof van een werkdag vir elke 26 dae ten opsigte waarvan die werknemer op besoldiging geregtig was, op voorwaarde dat ‘n geldige mediese sertifikaat ingedien word vir afwesigheid van meer as twee dae, of meer as twee geleenthede binne agt weke.