Aftrekkings en ander handelinge betreffende besoldiging Voorbeeld Klousules

Aftrekkings en ander handelinge betreffende besoldiging. Artikels 34 en 34A 4.6.1 'n Werkgewer mag nie geld van 'n werknemer se besoldiging aftrek nie, tensy – (a) die werknemer skriftelik instem tot die aftrekking van 'n spesifieke skuld; (b) die aftrekking ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms, wet, hofbevel of arbitrasietoekenning gedoen word. 4.6.2 'n Aftrekking ten opsigte van skade of verlies wat deur die werknemer veroorsaak is, mag slegs gedoen word met die instemming van die werknemer en nadat die werkgewer 'n regverdige prosedure gevolg het. 4.6.3 Werkgewers moet aftrekkings en werkgewerbydraes vir bystandsfondse binne sewe dae na die fonds oorbetaal. 4.7
Aftrekkings en ander handelinge betreffende besoldiging. (1) 'n Werkgewer mag geen aftrekking van 'n werknemer se besoldiging doen nie tensy- (a) die werknemer, behoudens subartikel (2), skriftelik instem tot die aftrekking ten opsigte van 'n skuld in die ooreenkoms vermeld; of (b) die aftrekking ingevolge 'n wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasietoekenning vereis of toegelaat word. (2) 'n Aftrekking ingevolge subartikel (1) (a) kan gedoen word ten einde 'n werkgewer vir verlies of skade te vergoed slegs indien- (a) die verlies of skade in die loop van diens voorgekom het en aan die skuld van die werknemer te wyte was; (b) die werkgewer 'n billike prosedure gevolg het en die werknemer 'n redelike geleentheid gebied het om aan te toon waarom die aftrekkings nie gemaak moet word nie; (c) die totale bedrag van die skuld nie die werklike bedrag van die verlies of skade xx xxxx gaan nie; en (d) die totale aftrekkings van die werknemer se besoldiging ingevolge hierdie subartikel nie een kwart van die werknemer se besoldiging in geld xx xxxx gaan nie. (3) 'n Aftrekking ingevolge subartikel (1) (a) ten opsigte van enige goedere wat deur die werknemer gekoop is, moet die aard en hoeveelheid van die goedere spesifiseer. (4) 'n Werkgewer wat 'n bedrag vir betaling aan 'n xxxxx xxxxxxx aftrek van 'n werknemer se besoldiging ingevolge subartikel (1), moet die bedrag aan die persoon betaal in ooreenstemming met die tydperk en ander vereistes in die ooreenkoms, wet, hofbevel of arbitrasietoekenning vermeld. (5) 'n Werkgewer mag nie van 'n werknemer vereis of hom of haar toelaat om- (a) enige besoldiging terug te betaal nie behalwe vir oorbetalings wat vroeër deur die werkgewer gemaak is as gevolg van 'n xxxx in die berekening van die werknemer se besoldiging; of (b) ontvangs xx xxxxx van 'n bedrag wat groter is as die besoldiging wat werklik ontvang is nie. 34A