OKKUPASIEDATUM Voorbeeld Klousules

OKKUPASIEDATUM. 9.1 Okkupasie van die eenheid word gegee aan die Koper op ontvangs van 'n sertifikaat in terme van artikel 6(1) van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir afgetrede persone. 9.2 Nieteenstaande die okkupasiedatum hierbo uiteengesit xxx fisiese okkupasie slegs xxxxxxx word aan die Koper indien die koopprys xxxx uiteengesit in klousule 8 hiervan ten volle betaal is, of voorsiening daarvoor gemaak is tot tevredenheid van die Verkoper. 9.3 Indien registrasie van transport plaasvind na die datum van okkupasie, moet die Koper aan die Verkoper okkupasiehuur betaal teen R4 500,00 (Vierduisend vyfhonderd Rand) BTW ingesluit, per maand. Die Koper se verpligting om okkupasiehuur te betaal ontstaan op die datum xxxxxx xx in klousule 9.1 hiervan, ongeag of die Koper in terme van klousule 9.2 gemagtig is om okkupasie van die eenheid te neem aldan nie, en daarna maandeliks vooruit op die 1ste (eerste) xxx xxx xxxx maand tot en met registrasie van die eenheid in die naam van die Koper. 9.4 Die partye plaas op rekord dat die Koper bewus is daarvan dat die geboue op dag van okkupasie nog nie voltooi mag wees nie, en dat die Koper en die Okkupeerder noodwendig ongerief mag ervaar weens die konstruksie van sodanige werke en van die geraas en stof wat daardeur veroorsaak word. Die Xxxxx xxx nie geregtig wees om hierdie ooreenkoms te kanselleer, of enige eis teen die Verkoper in te stel uit hoofde van die voorgaande redes nie. 9.5 Vanaf die datum van ondertekening hiervan tot datum van registrasie van die eenheid in die naam van die Koper, mag die Koper nie op enige wyse die eenheid of sy regte in die eenheid vervreem, of die eenheid verhuur, of op enige xxxxx xxxx sy reg tot okkupasie daarvan vervreem, hetsy tydelik of andersins, sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van die Verkoper nie. Sodanige toestemming is nie nodig vir die vervreemding van die Koper se regte by wyse van „n testamentêre bemaking nie, onderhewig daaraan dat enige erfgenaam gebonde xxx xxxx aan al die bepalings van hierdie kontrak. 9.6 Totdat die eenheid geregistreer is in die naam van die Koper, en die Koper „n lid van die Regspersoon word, is die Koper gebonde aan al die reëls en regulasies van die Regspersoon asof hy die geregistreerde eienaar van die eenheid is. 10.