KWALIFISERENDE PERSONE Voorbeeld Klousules

KWALIFISERENDE PERSONE. 12.1 Die Koper erken dat die Verkoper of die Regspersoon „n Okkupeerder skriftelik moet goedkeur volgens hulle uitsluitlike diskresie. Ten einde die Okkupeerder te kan goedkeur, moet die Okkupeerder voldoen aan die asseseringsprosedure aangeheg hierby as Aanhangsel E, xxxxx prosedure voldoen aan die vereistes van die Wet op Ouer Persone, Wet 13 van 2006. 12.2 Slegs persone van 50 jaar en ouer kwalifiseer as Okkupeerders. Indien twee Okkupeerders getroud is met mekaar en enige van die hulle kwalifiseer in terme van die bepalings van klousules 12.1 en 12.2, xxx word dit geag dat beide Okkupeerders kwalifiseer. 12.3 Familielede is toelaatbaar as Okkupeerders saam met die Koper in die geval van byvoorbeeld 2 (twee) xxxxxx of 2 (twee) susters of 'n ouer met 'n kind. Die Okkupeerders moet voldoen aan klousules 12.1. en 12.2 en die Verkoper of die Regspersoon moet die Okkupeerder skriftelik goedkeur. 12.4 Die eenheid mag nie deur meer as 2 (twee) persone gebruik of geokkupeer word nie. 12.5 Die Koper en of die Okkupeerder en hulle eggenote (indien getroud) is nie geregtig om enige regte in terme van die kontrak te sedeer, verhuur, verpand of andersins te vervreem nie. 13.