Beleggingsadviesooreenkoms tussen die versekerde lewe en die FONDS Voorbeeld Klousules

Beleggingsadviesooreenkoms tussen die versekerde lewe en die FONDS. Die versekerde lewe, as 'n lid van die FONDS, mag die FONDS versoek om 'n fondsgebaseerde fooi, BTW ingesluit indien van toepassing, vir deurlopende beleggingsadvies vir sy of haar aftreebelegging te betaal. Ons, as die administrateur van die FONDS en in opdrag van die FONDS, xxx hierdie fooi maandeliks namens die FONDS betaal aan die tussenganger wat hierdie advies voorsien. Hierdie beleggingsadvies is 'n diskresionêre diens wat voorsien word deur 'n tussenganger wat deur die versekerde lewe aangewys is. Dit is nie xxxx van die tussengangerdienste waarvoor ons kommissie betaal nie. Die fondsgebaseerde fooi vir die beleggingsadvies word as 'n persentasie per jaar van die fondswaarde gespesifiseer. Die versekerde lewe moet die persentasie spesifiseer. Die fondsgebaseerde fooi word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat die gespesifiseerde persentasie deur 12 gedeel word. Dit word maandeliks deur middel van 'n onttrekking van die fondswaarde afgetrek. Omdat die fondsgebaseerde fooi op die fondswaarde gebaseer word, xxx die randwaarde van die fooi xxxxxx. Byvoorbeeld, 'n fondsgebaseerde fooi van 0.50% impliseer R41.67 per maand as die fondswaarde gelyk is aan R100 000.00. Vir die Vestigende Bonusfonds xxx die fondsgebaseerde fooi altyd bereken word op 'n fondswaarde gelyk aan die aantal eenhede in die Vestigende Bonusfonds vermenigvuldig met die eenheidsprys daarvan. Die huidige fondsgebaseerde fooi, indien van toepassing, word in die staat aangedui.