Beleggingsadviesooreenkoms tussen die planhouer en die tussenganger Voorbeeld Klousules

Beleggingsadviesooreenkoms tussen die planhouer en die tussenganger. Die planhouer mag ons versoek om 'n fondsgebaseerde fooi vir deurlopende beleggingsadvies vir sy of haar belegging te betaal. BTW xxx op hierdie fooi gehef word. Ons xxx hierdie fooi maandeliks betaal aan die tussenganger wat hierdie advies voorsien. Hierdie beleggingsadvies is 'n diskresionêre diens wat voorsien word deur 'n tussenganger wat deur die planhouer aangewys is. Dit is nie xxxx van die tussengangerdienste waarvoor ons fooie betaal nie. Die fondsgebaseerde fooi vir die beleggingsadvies word as 'n persentasie per jaar van die fondswaarde gespesifiseer. Die planhouer moet die persentasie spesifiseer. Die fondsgebaseerde fooi word op 'n maandelikse basis bereken, wat beteken dat die gespesifiseerde persentasie deur 12 gedeel word. Dit word maandeliks deur middel van 'n onttrekking van die fondswaarde afgetrek. Omdat die fondsgebaseerde fooi op die fondswaarde gebaseer word, xxx die randwaarde van die fooi xxxxxx. Byvoorbeeld, 'n fondsgebaseerde fooi van 0.50% impliseer R41.67 per maand as die fondswaarde gelyk is aan R100 000.00. Die huidige fondsgebaseerde fooi, indien van toepassing, word in die staat aangedui.