Aftrekkings wat deur die batebestuurders gemaak word Voorbeeld Klousules

Aftrekkings wat deur die batebestuurders gemaak word n Batebestuurder hef fooie vir beleggingsnavorsing en vir die uitkies van die onderliggende xxxxx van 'n beleggingsfonds. Hierdie fooie word in aanmerking geneem in die berekening van die daaglikse eenheidsprys van 'n beleggingsfonds. Die gepubliseerde prestasiesyfers van 'n beleggingsfonds is daarom na aftrekking van hierdie fooie. Meer inligting oor hierdie fooie en hulle huidige waardes is in die staat beskikbaar.
Aftrekkings wat deur die batebestuurders gemaak word n Batebestuurder hef die volgende vir 'n beleggingsfonds. Hierdie word in die daaglikse prys van die eenhede ingesluit. • 'n Jaarlikse batebestuursheffing, wat 'n persentasie van die markwaarde van die xxxxx in 'n beleggingsfonds is. Hierdie heffing word op 'n daaglikse basis bereken, wat beteken dat dit deur 365 gedeel word. Die huidige heffing vir 'n beleggingsfonds word in die staat aangedui. • 'n Prestasieheffing, wat gehef word as die beleggingsfonds beter as die maatstaf presteer. Die huidige minimum en maksimum heffings asook die huidige maatstaf vir 'n beleggingsfonds word in die staat aangedui, as 'n prestasieheffing op 'n beleggingsfonds van toepassing is. Besonderhede oor die maatstaf, en hoe die heffing bereken word, is van die batebestuurder beskikbaar. • Direkte beleggingskoste, byvoorbeeld kollektiewe belegging aanvangsgelde, makelaarsloon, ouditgelde, bankheffings en trusteegelde.