Omskrewe gebeurtenisse Voorbeeld Klousules

Omskrewe gebeurtenisse. Die maatskappy xxx die versekerde skadeloos stel teen alle bedrae waarvoor die versekerde in sy private hoedanigheid regtens aanspreeklik word om te betaal as vergoeding ten opsigte van: (a) toevallige dood van of liggaamlike besering aan of siekte van enige persoon behalwe 'n persoon wat die versekerde of enige lid van die versekerde xx xxxxx of huishouding is of wat in diens van die versekerde is indien sodanige dood, liggaamlike besering of siekte wat ontstaan uit en/of in die loop van sodanige diens en/of (b) toevallige verlies van of skade aan eiendom behalwe eiendom wat behoort aan of wat verpag, verhuur, gehuur of geleen is aan of wat in trust gehou word deur of wat onder die toesig of beheer is van of wat in die bewaring is van die versekerde of enige persoon in die versekerde se diens, of enige lid van die versekerde xx xxxxx of huishouding wat enige tyd gedurende die versekeringstydperk binne die gebiedsgrense plaasvind en veroorsaak is gedurende die voornoemde tydperk deur 'n xxxx of die nalatigheid van die versekerde, sy eggenote en enige lid van sy huisgesin wat normaalweg by hom inwoon Met dien verstande dat: die aanspreeklikheid van die maatskappy ingevolge hierdie afdeling vir alle vergoeding betaalbaar aan enige enkele xxxxx of enige getal eisers met inbegrip van alle regsuitgawes aan enige xxxxx toegestaan of aangegaan ter verdediging van enige eis wat deur of met die toestemming van die maatskappy betwis word ten opsigte van of voortspruitend uit enige enkele gebeurtenis of ten opsigte van of voortspruitend uit alle gebeurtenisse van 'n reeks volgende op of toeskryfbaar aan een bron of oorspronklike oorsaak, xxx xxx die bedrag in die bylae vermeld oorskry nie.
Omskrewe gebeurtenisse. Verlies van of skade aan die geheel of ‘n gedeelte van die eiendom omskryf in die bylae wat aan die versekerde, sy/haar gade en/of lede van sy/haar familie wat finansieel van die versekerde afhanklik is en normaalweg by die versekerde inwoon behoort, veroorsaak deur enige ongeval of teenspoed wat nie andersins uitgesluit is nie, terwyl enige plek in die wêreld.
Omskrewe gebeurtenisse. Indien enige insittende in die gespesifeerde xxxx van ’n voertuig hieronder beskryf regstreeks in verband met sodanige voertuig op gewelddadige, toevallige, uitwendige en sigbare wyse liggaamlike besering opdoen betaal die versekeraar die mediese onkoste in verband met sodanige besering tot hoogstens ’n bedrag van R1 000 per beseerde insittende maar tot hoogstens R20 000 in totaal vir alle beseerde insittendes as gevolg van 'n voorval of ’n reeks voorvalle voortspruitende uit een gebeurtenis. Die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie onderafdeling word verminder met enige bedrag wat ingevolge enige ongevalle- of soortgelyke wetgewing verhaalbaar is. Die uitdrukking mediese onkoste sluit enige koste in wat aangegaan word in verband met sodanige insittende se bevryding uit sodanige voertuig of sy vervoer na ’n plek waar mediese behandeling toegedien kan word.
Omskrewe gebeurtenisse. Die maatskappy xxx die versekerde skadeloos stel vir: (i) verlies van of skade aan die eiendom gemeld in die bylae wat aan die versekerde behoort veroorsaak deur enige ongeval of teëspoed wat ontstaan uit enige toevallige omstandigheid wat nie uitgesonder is nie in terme van enige uitsondering wat op hierdie polis in die geheel van toepassing is wat ontstaan binne die gebiedsgrense (ii) verlies of skade aan gaste/kliënte se eiendom wat verband hou met kommersiële jag en/of wildbesigtigingsaktiwiteite alleenlik (uitgesonderd vuurwapens van enige aard) indien in die bylae vermeld veroorsaak deur enige ongeval of teëspoed wat ontstaan uit enige toevallige omstandigheid wat nie uitgesonder is nie in terme van enige uitsondering wat op hierdie polis in die geheel van toepassing is wat ontstaan binne die gebiedsgrense Met dien verstande dat: (a) die maatskappy se aanspreeklikheid in terme van Omskrewe gebeurtenis (i) hierbo ten opsigte van elke item in geen geval meer is as die versekerde bedrag wat volgens die bylae verseker is of in die geheel die totale bedrag hierkragtens verseker nie (b) die waarde van eiendom met betrekking tot Omskrewe gebeurtenis (ii) hierbo beperk xxx xxxx tot ‘n maksimum bedrag van R3 000 (drieduisend rand) per enige enkele gas of kliënt en beperk tot ‘n maksimum bedrag van R25 000 (vyf en twintigduisend rand) ten opsigte van enige enkele gebeurtenis.
Omskrewe gebeurtenisse. As ’n insittende in die gespesifiseerde xxxx van die voertuig wat hieronder beskryf word in regstreekse verband met sodanige voertuig, ’n liggaamlike besering opdoen deur gewelddadige, toevallige, eksterne en sigbare xxxx xxx die maatskappy aan die versekerde die mediese uitgawes betaal wat aangegaan is in verband met sodanige besering tot hoogstens R15 000 per beseerde insittende, maar nie meer as R30 000 in totaal vir al die insittendes wat beseer is as gevolg van ’n voorval of reeks voorvalle wat uit enige enkele gebeurtenis voortspruit nie. Die bedrag betaalbaar onder hierdie onderafdeling xxx verminder word met enige bedrag verhaalbaar onder enige werkluiversekeringsbepaling of soortgelyke wetgewing. Die term mediese uitgawes sluit in enige koste wat aangegaan is om sodanige beseerde insittende uit sodanige voertuig xx xxxxx of om sodanige versekerde insittende na ’n plek te bring waar mediese behandeling gegee kan word. Omskrewe voertuig maar net as dit Gespesifiseerde xxxx van die onder onderafdeling A van hierdie voertuig waarin die besering moet afdeling verseker is voorkom 1. Enige private soort motor of Enige plek in die voertuig gemotoriseerde woonwa 2. Enige ander soort versekerde voertuig Die permanent geslote passasierskajuit buiten ’n bus of taxi Omskrywings 1.
Omskrewe gebeurtenisse. Verlies van of skade aan die ondergemelde eiendom mits sodanige eiendom spesifiek beskryf en onder 'n aparte versekerde bedrag in die bylae verseker word: (a) boot, seiljag- of bemanningsklere en ander gespesifiseerde persoonlike besittings (b) duik- en visvangtoerusting, waxxxxxx'x, skitoue en ander sporttoerusting (c) voedsel, brandstof en ander voorrade, reddingsgordels en mediese toerusting (d) verkykers, sekstante, visopsporings- en ander soortgelyke toerusting (e) seevaartboeke, -kaarte en skeepvaarttoerusting (f) radar, radio, televisie en elektroniese toerusting. Onderafdeling C:
Omskrewe gebeurtenisse. Verlies van of skade aan die sleepwa en/of inlooptrollie in die bylae omskryf insluitende die perma- nente toebehore daaraan geheg.
Omskrewe gebeurtenisse. Die versekering wat deur hierdie onderafdeling van hierdie afdeling verleen word (indien in die bylae vermeld), is onderworpe aan die skadeloosstellingsperke vermeld in die bylae en sluit in: (I)
Omskrewe gebeurtenisse. Die Maatskappy stel die Versekerde skadeloos stel vir: (i) (i) verlies van of skade aan die eiendom vermeld in die Bylae wat aan die Versekerde behoort veroorsaak deur enige ongeval of teëspoed of enige toevallige omstandigheidwat nie andersins uitgesonder is nie. Die perk vermeld in die Bylae ten opsigte van daardie item en in geen geval meer as die versekerde bedrag vermeld in die Bylae nie en gaste/kliënte se eiendom wat verband hou met Kommersiële Jag en/of Wildbesigtigingsaktiwiteite en in die Bylae gespesifiseer tot hoogstens R 3 000 per gas/kliënt (maksimum waarde per enkele item beperk tot R 1 500) en verder beperk tot R 25 000 per gebeurtenis.
Omskrewe gebeurtenisse. Regstreekse geldelike verlies tot hoogstens die versekerde bedrag in die bylae gespesifiseer wat gedurende die geldigheidsduur van hierdie afdeling plaasvind en wat regstreeks voortspruit uit: die diefstal van enige van die versekerde se tasbare eiendom of monetêre fondse deur rekenaarbedrog gedurende die geldigheidsduur van hierdie afdeling of die diefstal gedurende die geldigheidsduur van hierdie afdeling van enige van a) die versekerde se monetêre fondse vanuit die tersaaklike oordragrekening by 'n finansiële instelling deur bedrieglike oordragopdragte wat aan sodanige finansiële instelling gekommunikeer word b) die versekerde se monetêre fondse terwyl dit deur die versekerde op rekening gehou word (afsonderlik van die versekerde se Oordragrekening) by 'n finansiële instelling deur bedrieglike oordragopdragte wat aan sodanige finansiële instelling gekommunikeer word met dien verstande dat hierdie omskrewe gebeurtenis slegs van toepassing is op die eiendom, monetêre fondse en rekenings geleë of gehou binne die gebiedsperke.