HUISHOUDELIKE REËLS
ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ AFTREEOORD
Die volgende huishoudelike reëls vul die Grondwet van die ACVV, sowel as sekere aspekte van u oorspronklike Koopkontrak van lewensreg aan en vorm gesamentlik die kontrak tussen u en die ACVV. Alle inwoners is gevolglik tot die nakoming daarvan verbind:
1. SEKURITEIT
1.1 Alle inwoners is verplig om in ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ by die bestaande gebeurlikheidsplan en die inoefening van ontruimsoefeninge. ‘n Dokument met meer besonderhede word in u lêer ingesluit.
1.2 Geen buitedeurslotte mag vervang word nie. Om te verseker dat ons u huis kan binngegaan in ‘n noodgeval, moet u asseblief die sleutel van u voordeur, nadat u die deur gesluit het, uit die slot haal en aan ‘n hakie wat ons kan voorsien, ophang. Alle vertikale skuiwers aan staaldeur moet ontkoppel word, of ons kan dit vir u verwyder. By die ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ moet u ook die skuiwer ontkoppel wanneer u ookal die deur sluit.
Indien u ‘n skuifdeur as hoofingang het, moet die bostaande vir u tweede ingangsdeur of agterdeur gevolg word.
Indien u veiligheidsdeure by u ingange het, moet u asseblief duplikaatsleutels by die
kantoor inthandig.
Hierdie voorsorgmaatreëls is in die belang van u eie veiligheid.
1.3 Geen kollektelys, van watter aard ookal, mag in die Oord gesirkuleer word sonder die Hoof van ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ se toestemming nie.
1.4 Geen ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ op die perseel toegelaat word nie.
1.5 Elke voertuig van ‘n inwoner op die Oord moet ‘n identiteitskyfie regs, onder op die voorruit, vertoon. Hierdie skyfies is gratis by die kantoor beskikbaar.
1.6 Tuinwerkers en huishulpe wat nie op die ACVV se betaalstaat verskyn nie, sal slegs met die nodige toestemming van die Bestuurder op die perseel toegelaat word. Hulle moet ook die nodige identiteitskaarte dra.
1.7 Die Bestuur en/of personeel kan nie verantwoordelik gehou word vir enige persoonlike besittings wat uit u huis vermis mag word nie, of vir enige skade berokken of beserings opgedoen in of buite u huis nie.
1.8 Geen ▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ aard ookal, wat hoër as ‘n halwe meter is, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ as ‘n halwe meter van die grensheinings toegelaat word nie.
1.9 Indien u enige vlamme of ▇▇▇▇ ▇▇▇▇, meld dit asseblief dadelik by die Hoof aan.
2. WOONEENHEDE
2.1 Die Bestuur/Beheerraad en die inwoner ▇▇▇, voordat die inwoner intrek en by die beëindiging van die inwoner se verblyf in die betrokke wooneenheid, ‘n gesamentlike inspeksie doen van die akkommodasie.
2.2 ‘n Lys van enige en alle defekte word na die inspeksie as Aanhangsel B tot hierdie ooreenkoms toegevoeg.
3. MAANDELIKES HEFFING
3.1 Maandelikse heffings is vooruitbetaalbaar voor of op die 7de ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ maand. Vyftien persent (15%) ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ gehef word op laat betalings.
4. ETES
4.1 Maaltye kan teen vergoeding van die kombuis bestel word. ‘n Vasgestelde spyskaart word gevolg.
4.2 Voorsiening vir spesiale diëte kan slegs per geneesheer voorskrif gedoen word en slegs binne die kapasiteit van die vasgestelde spyskaart.
4.3 Maaltye word daagliks om 12:00 bedien.
4.4 Maaltye kan by die wooneenhede besorg word teen die vasgestelde tarief en is slegs beskikbaar aan lede wat na ‘n operasie herstel of weens siekte en daar vooraf met die Verpleegkundige aan diens reëlings getref is.
4.5 Die kantoor moet voor 10:00 die vorige dag in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word indien u nie ‘n middagete gaan neem nie, asook wanneer u gaste vir middagete wil nooi. Maaltye vir gaste word teen die standaard tarief bestel en moet vooraf betaal word. Besprekings vir ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ moet voor middagete op die voorafgaande Vrydag gedoen word.
4.6 Indien u vir ‘n nag of ▇▇▇▇▇▇ op ‘n ander plek oorslaap, moet die voorgeskrewe vorm behoorlik ingevul word en by die kantoor ingedien word. Die betrokke vorm maak voorsiening vir belangtrike inligting, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ andere die tydperk van afwesigheid en waar met u kontak gemaak kan word. Dit ▇▇▇ ook as versoek dien om u tuin te versorg.
5. SIEKEBOEG
5.1 Die siekeboeg is by die relevante owerhede geregistreer. Die eenheid beskik volgens wetlike vereistes oor ‘n stel omvattende en aanvaarbare reëls, wat deur inwoners en besoekers eerbiedig moet word. Besonderhede is by die Hoof van ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ beskikbaar.
5.2 Die Hoof van ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ behou die reg voor om u geneesheer ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ indien dit nodig sou wees.
5.3 ‘n Bedrag is by maandelikse heffings betaalbaar ten opsigte van siekeboegdienste.
5.4 Inwoners wat siekeboegdienste benodig, mag teen ‘n tarief in die siekeboeg opgeneem word.
5.5 Inwoners wat van die dienste van privaat verpleegkundiges of “oppassers” gebruik maak, is self verantwoordelik om te verseker/toe ▇▇ ▇▇▇▇ dat die huishoudelike reëls nagekom word. ‘n Volledige stel reëls ten opsigte ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ andere hul identifisering, die ontvang van besoekers, ens is by die kantoor beskikbaar.
6. SKOONMAAK EN WASGOEDDIENSTE
6.1 Inwoners is verantwoordelik vir die skoonhou van wooneenhede, asook om toe ▇▇ ▇▇▇▇ dat die area voor die eenheid skoon en higiënies gehou word.
6.2 Wasgoed opsie beskikbaar.
7. VULLISVERWYDERING
7.1 Die bewoner van ‘n ▇▇▇▇ moet –
a) op ‘n ▇▇▇▇ van die eiendom skiftelik deur die bestuur vir dié doel aangewys, in ‘n higiëniese en droë toestand ‘n houer vir vullis hou;
b) verseker dat die vullis voordat dit in die houer geplaas word, goed toegedraai is of, in die geval van blikke en ander houers, dit vry van vloeistof is;
c) die houer, vir die doel van vullisverwydering, plaas op ‘n plek en op die ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die Bestuur bepaal;
d) wanneer die vullis verwyder is, die houer onmiddellik terugneem na die plek in paragraaf (a) bedoel.
8. ▇▇▇▇▇▇
‘n Bewoner van ‘n eenheid mag ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇, insluitende vullis, sigaretstompies, oorskietkos en ander vuilgoed op die eiendom stort of laat stort of gooi of toelaat dat dit gedoen word nie.
9. KLAGTES
9.1 Die ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ het ‘n amptelike Klagte Protokol wat alle tye geldend is. Inwoners moet hulself vergewis van die klagteprosedure en dit gebruik indien nodig.
9.2 Klagtes wat amptelik ▇▇▇▇▇ word, ▇▇▇ na behore ondersoek en hanteer word. Terugvoer ▇▇▇ skriftelik gebied word.
9.3 In die ontvangsportaal van ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ is ‘n houer waar klagtes geplaas kan word.
10. STRUKTURELE VERANDERINGE
10.1 Geen strukturele veranderinge of byvoegings mag aangebring word sonder die vooraf skriftelike toestemming van die Bestuur nie.
10.2 Geen items of toebehore wat addisioneel aan die struktuur geheg word, mag sonder vooraf skriftelike toestemming van die Bestuur aangebring word nie.
10.3 Sodanige veranderinge mag nie verwyder word wanneer die wooneenheid ontruim word nie.
11. BUITEVOORKOMS
Die bewoner van ‘n eenheid mag nie iets op enige gedeelte van die eiendom, insluitende balkonne, patio’s, stoepe en tuine, plaas of iets daarop doen wat na die oordeel van die bestuur esteties onaangenaam, onooglik of ongewens voorkom wanneer dit van buite die ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ word.
12. TUINE
12.1 Die aanplant van gras en bome is ACVV ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇▇ se verantwoordelikheid. U word versoek om u privaat tuin sodanig te beplan, sodat dit daarby ▇▇▇ inskakel.
12.2 Geen bome mag aangeplang of verwyder word voor beraadslaging met die Hoof nie.
12.3 Waterbesparende maatreëls mag van tyd tot tyd onafwendbaar wees. Dit is almal se belang dat sodanige maatreëls onvoorwaardelik gehoorsaam word.
12.4 Daar moet gepoog word om sover moontlik aanplanting met in agneming van die ▇▇▇▇▇ Karoo se natuurlike plantegroei te doen. Geen indringerplante wat ‘n risiko inhou vir ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇, mag aangplant word nie.
13. WASGOED
‘n Bewoner van ‘n eenheid mag nie sonder die skriftelike toestemming van die bestuur sy eie wasgoedlyne span nie en mag ook nie enige wasgoed of ander items aan enige gedeelte van die gebou of die perseel hang sodat dit van buite die gebou of enige ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ sigbaar is nie.
14. BEWARING VAN VLAMBARE STOWWE EN ANDER GEVAARLIKE OPTREDES
‘n Bewoner mag nie in die gebou of op die perseel enige stof bewaar of enige ander gevaarlike handeling verrig of laat verrig of toelaat dat dit verrig word wat die verhoging van die tarief van die premie betaalbaar deur die ACVV op enige versekeringspolis ▇▇▇ of kan meebring nie.
15. MOTORAFDAKKE
15.1 Onderdak parkering word ▇▇▇▇ versoek beskikbaar gestel teen ‘n maandelikse heffing.
15.2 Dit mag slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit opgerig is, met ander woorde slegs vir padwaardige voertuie.
16. VOERTUIE
16. Geen bewoner mag sonder die skriftelike toestemming van die bestuur ‘n voertuig op die eiendom parkeer of laat staan, of toelaat dat ‘n voertuig op die eiendom parkeer of laat staan nie anders as op aangeduide parkeerareas.
16.2 Die bestuur mag enige voertuig wat sonder hulle toestemming op die eiendom geparkeer is, daarop staan of daarop geabandonneer is, op die koste en risiko van die eienaar daarvan laat verwyder of wegsleep.
16.3 Bewoners van dele moet ▇▇▇▇ dat hulle voertuie en die voertuie van hulle besoekers en gaste nie olie of remvloeistof op die eiendom drup of die eiendom op enige wyse skend nie.
16.4 Bewoners word nie toegelaat om op enige gedeelte van die eiendom, enige voertuig uitmekaar te haal of groot herstelwerk daaraan te doen nie.
17. TROETELDIERE
17.1 ‘n Bewoner van ‘n ▇▇▇▇ mag nie sonder die skriftelike toestemming van die bestuur enige ▇▇▇▇, reptiel of voël op die eiendom aanhou nie, en sodanige toestemming word nie sonder goeie redes weerhou nie.
17.2 Wanneer die bestuur sodanige toestemming ▇▇▇▇▇▇▇ of enige tyd daarna, kan hulle enige redelike voorwaardes stel.
17.3 Die bestuur kan sodanige toestemming terugtrek indien enige voorwaarde opgelê kragtens subreël 17.2 , verbreek word.
18. BESOEKERS
Besoekers is baie welkom. Dit is egter u verantwoordelikheid om die volgende onder u besoekers se aandag te bring:
18.1 Spoedbeperkings moet gehoorsaam word.
18.2 Wys die parkeerarea aan waar u verwag hulle moet parkeer.
18.3 Troeteldiere word nie in die oord toegelaat nie.
18.4 Begrip moet getoon word dat sekere tye van die dag as “rustyd” beskou word.
18.5 Geen langtermyverblyf mag aan besoekers verskaf word nie.
19. VERHUUR VAN EENHEDE
Alle huurders van eenhede en ander bewoners aan wie die reg tot okkupasie van ‘n betrokke eenheid ▇▇▇▇▇▇▇ is, moet hierdie gedragreëls nakom, ondanks andersluitende bepalings vervat in enige huurooreenkoms of ooreenkoms van okkupasie.
20. GEDRAG
20.1 Dit is die verantwoordelikheid van elke inwoner om op hoogte ▇▇ ▇▇▇▇ van die huishoudelike reëls en dit stiptelik na te kom. Gedrag wat teenstrydig is met die reëls of steurnis versoorsaak, ▇▇▇ ▇▇▇ geduld word nie.
20.2 Vuurwapens word toegelaat onderhewig aan die nuwe vuurwapenwet en regulasies.
20.3 Geen personeellid van die ACVV mag aandring op vergoeding, kos of lekkernye nie. Personeel mag ook nie geld leen, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇, skimp vir eetgoed of ‘n oproep van u telefoon maak nie. U moet alle klagtes of navrae in hierdie verband by die Hoof aanmeld vir opvolging.
20.4 Geen personeel mag enige vorm van werk verrig in ruil vir vergoeding van ‘n inwoner nie.
