KOOPOOREENKOMS
H:\DebbieS\Documents\AGREEMENTS\DEVELOPMENTS\DIEMERSFONTEIN - PLAN TRUST\DEED OF SALE - AFRIKAANS - 16 MAY 13 - INCREASED LEVY.doc
Erf Nr. _
▇▇▇▇ ▇▇.
KOOPOOREENKOMS
Aangegaan deur en tussen:
DIE TRUSTEES VAN TYD TOT TYD VAN DIE DIEMERSFONTEIN DEVELOPMENT TRUST
Registrasie Nommer IT4061/2004 ("die Verkoper")
EN
PLAN TRUST DEVELOPMENT (PTY) LTD
Registrasie Nommer: 1969/011511/07 ("die Bouer")
EN
_ _
wie ▇▇ ▇▇▇▇▇ besonderhede in die Skedule van Inligting, ▇▇▇▇▇ 'n integrale ▇▇▇▇ van hierdie ooreenkoms uitmaak, aangedui is
(“die Koper”)
SKEDULE VAN INLIGTING
A | VERKOPER | |
A1 | Volle Naam | DIE TRUSTEES VAN TYD TOT TYD VAN DIE DIEMERSFONTEIN DEVELOPMENT TRUST |
A2 | Registrasie Nr. | IT4061/2004 |
A3 | Volledige straatadres | DIEMERSFONTEIN WINE & COUNTRY ESTATE, WELLINGTON |
A4 | Telefoon | 021 425 3218 |
A5 | Faksnommer | 021 425 3228 |
A6 | E-pos adres | |
B | KOPER | |
B1 | Volle Naam | |
B2 | ID/Registrasie Nommer | |
B3 | Volledige adresse (straat- en posadres) | _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ Kode _ _ |
B4 | Huwelikstatus | |
B5 | Binne/buite gemeenskap van goedere | |
B6 | Telefoon (W) | |
B7 | Telefoon (H) | |
B8 | Selfoon | |
B9 | Faksnommer | |
B10 | E-pos | |
B11 | Persoon wat namens ▇▇▇▇▇ hierin optree | Volle naam: |
Hoedanigheid: | ||
C | DIE EIENDOM | |
C1 | Eiendomsbeskrywing | Erf _ in die ontwikkeling wat as DIEMERSFONTEIN VILLAGE bekend staan en wat ▇▇▇▇ uitmaak van die Diemersfontein Wine & Country Estate |
C2 | Grootte | vierkante meter |
C3 | Verwagte Datum van Oordrag | So spoedig doenlik; na verwagting, binne 2 maande na ondertekening | |||
D | DIE BOUER | ||||
D1 | Volle naam | PLAN TRUST DEVELOPMENT (PTY) LTD | |||
D2 | Registrasie Nr. | 1969/011511/07 | |||
D3 | Volledige adres (straatadres) | 3DE VLOER, ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ HOUSE, ▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇▇▇▇▇▇ | |||
D4 | Telefoon | 021 425 3218 | |||
D5 | Faksnommer | 021 425 3228 | |||
D6 | E-pos | ||||
E | WONING | ||||
E1 | Tipe woning | ||||
E2 | Aanvangsdatum | BINNE EEN MAAND NA DATUM VAN OORDRAG | |||
E3 | Verwagte datum voltooiing | van | 'N MAKSIMUM VAN 5 MAANDE NA DIE AANVANGSDATUM | ||
F | VERGOEDING BETAALBAAR KOPER | DEUR | |||
F1 | Koopprys van eiendom (BTW ingesluit), plus koste van Bouwerk (BTW ingesluit) ten opsigte van die oprig van die woning op die eiendom | Koopprys | Prys Bouwerk | van | |
▇▇▇▇ | ▇ | ▇ | |||
Deposito | R | R | |||
Balans verskuldig | R | R | |||
R | R | ||||
Totale Prys vir Eiendom en Bouwerk Deposito betaalbaar: | R R | ||||
Balans betaalbaar: | R | ||||
F2 | Verband benodig bedrag van | vir 'n | R _ | ||
F3 | Balans van koopprys | R | |||
G | GESKATTE ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ | R940.00 plus BTW, vanaf 1 Maart 2013 of ▇▇▇▇ aangepas deur die Huiseienaarsvereniging in 'n Algemene Jaarvergadering of in 'n Spesiale Vergadering. Dit word op rekord geplaas dat die Verkoper tans die Koper se heffings subsidieer en ▇▇▇ aanhou om dit te subsidieer, as volg: G.1 tot 'n bedrag vanR340.00, vir die periode tot en met 31 Maart 2014 per maand; G.2 vir die periode 1 April 2014 tot en met 31 Maart 2015, in 'n bedrag van R240.00 per maand; G.3 vir die periode1 April 2015 tot en met 31 Maart 2016, in 'n bedrag van R140.00 per maand. Op 1 April 2016 ▇▇▇ die subsidie tot 'n einde kom. Na hierdie datum ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ten ▇▇▇▇▇ aanspreeklik wees vir die betaling van alle en enige heffings wat aan die Huiseienaarsvereniging betaalbaar is. Om onsekerheid te voorkom word dit op rekord geplaas dat indien die heffings sou verhoog te enige tyd gedurende die periode waartydens die Verkoper verantwoordelik is vir betaling van die subsidie, die Koper verantwoordelik ▇▇▇ ▇▇▇▇ vir die bedrag van die verhoging. |
LYS VAN AANHANGSELS
Aanhangsel A Voorgestelde ontwikkelingsplanne van hele ontwikkeling
Aanhangsel B Perseelplan
Aanhangsel C Huisplanne
Aanhangsel D Spesifikasies
Aanhangsel E Opsionele Ekstra Lys
1. AANHEF
1.1 Die Verkoper is die eienaar van die Eiendom wat ▇▇▇▇ uitmaak van die ontwikkeling wat bekend staan as Diemersfontein Village, geleë binne die Diemersfontein Wine and Country Estate te Wellington.
1.2 Die Verkoper het ooreengekom om die eiendom genoem te C1 in die Skedule van Inligting aan die ▇▇▇▇▇ ▇▇ verkoop, en die Koper het ooreengekom om dit te koop, onderhewig aan die nakoming van die voorwaardes wat in hierdie ooreenkoms vervat is.
1.3 Die Bouer het ooreengekom om 'n woning op die Eiendom te bou.
2. VERTOLKING VAN TERME GEBRUIK IN HIERDIE OOREENKOMS
2.1 Tensy die teendeel blyk uit die konteks, ▇▇▇ die volgende woorde die aangeduide betekenisse in hierdie ooreenkoms hê:
2.1.1 “die argitek" ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇ ▇ ▇▇▇▇ Argitekte;
2.1.2 "sertifikaat van voltooiing” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die sertifikaat van voltooiing wat deur die argitek uitgereik word;
2.1.3 “die ontwikkeling” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die residensiële eiendom wat bekend staan as Diemersfontein Village, en wat geleë is op die Diemersfontein Wine and Country Estate;
2.1.4 “die woning” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die residensiële woonhuis wat deur die Bouer op die eiendom opgerig staan te word ten behoewe van die Koper, in ooreenstemming met die Huisplanne, hierby aangeheg as “Aanhangsel C”, en die gekose spesifikasies, ▇▇▇▇ aangedui in "Aanhangsel D", ▇▇▇▇▇ ook hierby aangeheg is;
2.1.5 “die Skedule van Inligting” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die inligting skedule wat vooraan hierdie ooreenkoms aangeheg is en wat geag word 'n integrale ▇▇▇▇ uit ▇▇ ▇▇▇▇ van hierdie ooreenkoms;
2.1.6 “die landmeter” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die landmeter wie deur die Verkoper aangewys ▇▇▇ word vir doeleindes van hierdie ooreenkoms;
2.1.7 “die prima ▇▇▇▇▇” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die jaarlikse rentekoers, synde gelykstaande aan die minimum jaarlikse uitleen rentekoers, maandeliks terugwerkende saamgestel, ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ABSA Bank Bpk gehef word van tyd tot tyd ten opsigte van onversekerde oortrokke rekeninge van ▇▇▇ ▇▇▇▇ verdienstelike korporatiewe kliënte in die privaat sektor. (Sou 'n dispuut ontstaan aangaande die rentekoers, ▇▇▇ 'n sertifikaat uitgereik deur die bank se Bestuurder of Assistent Bestuurder, deurslaggewend en die finale gesag wees in hierdie verband en sodanige sertifikaat ▇▇▇ bindend wees op die partye.)
2.1.8 “die eiendom” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die onbeboude, residensiële erf wat die Verkoper aan die Koper verkoop in terme van hierdie ooreenkoms, aangedui te C1 op die Skedule van Inligting, en waarop 'n woning vir die Koper opgerig staan te word deur die Bouer;
2.1.9 “Vereniging” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die Huiseienaarsvereniging wat bekend staan as die Diemersfontein Wine & Country Estate Home Owners Association en ▇▇▇▇▇ gestig is in terme van artikel 29 van Ordinnansie 15 van 1985
(Eiendomsgebruik- en beplanning Ordonnansie 1985) ▇▇▇▇ gewysig van tyd tot tyd;
2.1.10 "die Bouer" ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die party wie in D1 van die Skedule van Inligting genoem word;
2.1.11 “die Koper” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die party/e wie in B van die Skedule van Inligting aangedui word;
2.1.12 “die Verkoper” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die party wat in A van die Skedule van Inligting aangedui word;
2.1.13 “die Verkoper se prokureurs” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ Ingelyf, te 2de Vloer, ▇▇▇▇▇▇▇▇’▇ ▇▇▇▇▇▇▇▇, h/v Warwick & ▇▇▇▇▇▇ Strate, ▇▇▇▇▇▇▇▇▇, 7700, Tel (▇▇▇) ▇▇▇ ▇▇▇▇, Faks (021) 673 4701 (Verw: M ▇▇▇▇▇▇/▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇);
2.1.14 “die datum van ondertekening” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die laaste datum waarop enigeen van die partye hierdie ooreenkoms onderteken het;
2.1.15 “datum van oordrag” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ die datum waarop registrasie van oordrag van die eiendom na die naam van die Koper, in die akteskantoor plaasvind;
2.1.16 “BTW” ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ belasting op toegevoegde waarde, gehef teen die toepaslike tarief ▇▇▇▇ neergelê in die Wet op Toegeveogde Waarde, 89 van 1991, ▇▇▇▇ gewysig van tyd tot tyd.
2.2 Opskrifte by paragrawe is aangebring vir doeleindes van gerieflike verwysing alleenlik, en ▇▇▇ ▇▇▇ 'n effek hê op die interpretasie van die bepalinge van hierdie ooreenkoms nie.
3. VERKOOP VAN EIENDOM EN OPRIG VAN WONING OP EIENDOM
3.1 Die Verkoper verkoop en die Koper koop hiermee die eiendom op die terme en voorwaardes ▇▇▇▇ in hierdie ooreenkoms uiteengesit word.
3.2 Die Bouer onderneem hiermee om 'n woning, ▇▇▇▇ aangedui in Aanhangsel E1, op die eiendom te bou, onderhewig aan die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
4. KOOPPRYS EN ▇▇▇▇▇▇ VAN BETALING
4.1 Die koopprys van die eiendom is die bedrag genoem in F1 van die Skedule van Inligting.
4.2 The koste van die bouwerk ten opsigte van die woning wat op die eiendom opgerig staan te word, is die bedrag genoem in F1 van die Skedule van Inligting.
4.3 Die Koper moet die deposito, ▇▇▇▇ genoem in F1 van die Skedule van Inligting, aan die Verkoper se Prokureurs betaal binne 7 (sewe) dae na datum van ondertekening van hierdie ooreenkoms. Die Verkoper se Prokureurs ▇▇▇ die deposito in trust hou en belê in 'n rentedraende rekening ooreenkomstig die bepalings van artikel 26 van die Wet op Vervreemding van Onroerende Eiendom, 68 van 1981 (▇▇▇▇ gewysig), en ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ oploop tot voordeel van die Koper. Die bepalings van hierdie klousule 4.3 dien as magtiging aan die Verkoper se prokureurs om die deposito te belê, ▇▇▇▇ vereis in terme van artikel 78(2A) van die Wet op Prokureurs.
4.4 Die balans van die koopprys van die eiendom moet aan die Verkoper betaal word op die datum van registrasie van oordrag.
4.5 Die koste van die bouwerk, ▇▇▇▇ uiteengesit in F1 van die Skedule van Inligting, is betaalbaar deur die Koper aan die Bouer in paaiemente op verskillende stadiums van vordering met die bouwerke, as volg:
4.5.1 Indien die Koper nie 'n verbandlening (▇▇▇▇ genoem in klousule F2) uitneem ▇▇▇, ▇▇▇ word die koopprys as volg betaal:
4.5.1.1 die eerste paaiement van 20% (twintig persent) van die koste van die bouwerk, is betaalbaar met voltooiing van die vloerblad (floor slab);
4.5.1.2 die tweede paaiement van 25% (vyf-en-twintig persent) van die koste van die bouwerk, is betaalbaar met voltooiing van die boustene tot op die hoogte van die muurplaat (wall plate);
4.5.1.3 die derde paaiement van 25% (vyf-en-twintig persent) van die koste van die bouwerk is betaalbaar by voltooiing van die plafonne en dak;
4.5.1.4 die vierde paaiement van 20% (twintig persent) van die koste van die bouwerk is betaalbaar by voltooiing van die ▇▇▇▇▇, elektriese bedrading en loodgieterswerk;
4.5.1.5 die finale paaiement van 10% (tien persent) van die koste van die bouwerk is betaalbaar by voltooiing van die woonhuis in alle opsigte en in ooreenstemming met die goedgekeurde bouplanne en spesifikasies, ▇▇▇▇ uiteengesit in die aanhangsels, maar voor die Koper okkupasie neem of voor okkupasie aangebied is. Die Koper mag nie okkupasie neem alvorens die finale paaiement betaal is nie.
4.5.1.6 Op versoek van die Verkoper se prokureur, ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ 'n waarborg van 'n bank of ander aanvaarbare finansiële instelling aan die Verkoper se prokureurs (of aan 'n aangewysde derde party wat deur hulle nomineer is) voorsien, wat die betaling van enige van die paaiemente van die koste van die bouwerk waarborg. Sodanige waarborg moet voorsien word ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ (10) ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ dit deur die Verkoper sie prokureurs aangevra is.
4.6 Indien die Koper 'n verbandlening uitneem, ▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ in F2 van die Skedule van Inligting, en sodanige verbandlening word toegestaan, ▇▇▇ ▇▇▇ betaling van die koste van die bouwerke geskied deur die maak van vorderingspaaiemente deur die bank of finansiële instelling wat die verbandlening toegestaan het, tot bevrediging van die Bouer.
4.7 Die Koper verbind homself onherroepbaar daartoe om alle aansoeke en dokumente te onderteken wat die bank of finansiële instelling benodig vir die maak van die vorderinsgpaaiemente aan die Bouer, wanneer die Verkoper se prokureur of Bouer dit aanvra. Die Koper sedeer daarom hiermee sy reg om vorderinsgpaaiemente te ontvang aan die Bouer.
4.8 Sou die finale trekking van die vorderingspaaiement minder wees as die balans wat aan die Bouer verskuldig is, ▇▇▇ moet die Koper onmiddellik die uitstaande balans aan die Bouer betaal.
4.9 Die Koper moet, binne 30 (dertig) dae na ondertekening van hierdie ooreenkoms, 'n onherroepbare waarborg, uitgereik deur 'n geregistreerde kommersiële bank of aanvaarbare finansiële instelling, aan die Bouer verskaf vir die balans van die koopprys van die eiendom asook vir die balans van die koste van die bouwerk.
4.10 As alternatief tot 4.9 hierbo, kan die Koper die balans koopprys en die balans van die koste van die bouwerk inbetaal in die trustrekening van die Verkoper se Prokureurs, ▇▇▇▇▇ gelde belê moet word in 'n rentedraende rekening waarin rente vir die rekening van die Koper verdien word, tot en met datum wat die relevate betalings aan die Bouer verskuldig word. Indien die Koper hierdie ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇, ▇▇▇ ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ hiermee onherroepbare magtiging aan die Verkoper se Prokureurs om die betalings wat aan die Bouer verskuldig is, uit hierdie fondse aan die ▇▇▇▇▇ ▇▇ betaal.
4.11 Indien die Koper die geheel van of 'n gedeelte van die koopprys en/of koste van die bouwerke deur die neem van 'n verbandlening finansier, ▇▇▇ is die Koper aanspreeklik vir die betaling van rente wat op sodanige verbandlening gehef word vanaf datum waarop die verband geregistreer is. Die Koper onderneem, ten behoewe van die ▇▇▇▇▇, ▇▇ te verseker dat rente betyds betaal word ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die leningsooreenkoms tussen die Koper en die bank of finansiële instelling vereis word. Sou die Koper versoek dat die rente deur die verband self gedek word, ▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ in klousule 14, ▇▇▇ onderneem die ▇▇▇▇▇ ▇▇ sodanige versoek spesifiek in te sluit in die aansoek om 'n verbandlening.
4.12 Die Koper onderneem hiermee om die Verkoper se prokureur te voorsien van alle inligting en dokumente wat nodig mag wees om aan die vereistes van FICA (Finansiele Inligting Sentrum Wet, 38 van 2001) te voldoen. Dit sluit in, maar is nie beperk tot, die verskaf van bewys van die Koper se inkomstebelasting-registrasienommer, residensiële adres, gesertifiseerde kopieë van identiteitsdokumente en/of maatskappy, beslote korporasie of trust dokumente, ▇▇▇▇▇ ookal van toepassing.
4.13 Die Koper erken dat ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ dra van die ▇▇▇▇ dat geen gelde belê mag word alvorens die inligitng genoem in artikel 4.12 hierbo aan die Verkoper se Prokureurs voorsien is nie.
5. GROOTTE VAN ERF EN TITELVOORWAARDES
5.1 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ registrasie van oordrag van die eiendom aanvaar, onderhewig aan al die voorwaardes en serwitute wat betrekking het op die eiendom en wat opgelê is deur die Huiseienaarsvereniging en/of ander bevoegde gesag.
5.2 Die Koper erken dat enige grensheinings wat op die planne aangedui is binne of buite die eiendom se ligging kan val, en kan aanleiding gee tot 'n toename of afname in die grootte van die eiendom. Die Koper erken dat hy geen eis teen die Verkoper in so 'n geval ▇▇▇ hê nie, behalwe waar die afname in grootte meer is as 5% (vyf persent).
5.3 Die Koper erken dat hy in sy gebruik van die eiendom, gebonde is aan:
5.3.1 alle voorwaardes van goedkeuring ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ enige relevante gesag opgelê is; en
5.3.2 die Vereniging se Stigtingsdokumente en Grondwet, Reëls, Munisipale Verordening, Argitektoniese en Landskapsontwerp handleidings en enige ander handleiding, riglyn, beleidsreels en dies meer opgestel deur enige gesag en waaraan die ontwikkeling onderworpe gestel is.
6. OORDRAG VAN EIENDOMSREG
6.1 Registrasie van oordrag ▇▇▇ ▇▇▇▇ die Verkoper se prokureurs bewerkstellig word en ▇▇▇ gegee en geneem word op die verwagte datum van oordrag ▇▇▇▇ aangedui in die Skedule van Inligting, of so spoedig doenlik daarna.
6.2 Die Koper moet alle koste van oordrag betaal plus BTW daarop, sook alle ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ en uitgawes wat nodig is om te voldoen aan statutêre bepalings en regulasies, ten einde oordrag van die eiendom te bewerkstellig.
6.3 Indien die Koper op enige wyse registrasie van oordrag vertraag, ▇▇▇ mag die Verkoper, sonder benadeling van enige ander regte en remedies tot sy beskikking in terme van hierdie kontrak, die volgende betaling eis, bereken vanaf datum waarop oordrag redelikerwys geregistreer sou word (▇▇▇▇▇ datum vasgestel ▇▇▇ word ▇▇▇▇ ‘n sertifikaat wat die Verkoper se prokureurs ▇▇▇ uitreik) was dit nie vir die vertraging nie:
6.3.1 rente teen die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ wat van tyd tot tyd gehef word en ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die Bank wat die Verkoper voorsien van ontwikkelingsfinansiering vir die ontwikkeling, sertifiseer; en
6.3.2 pro rata heffings en belastings en ander uitgawes wat ten opsigte van die eiendom betaalbaar is.
7. BESIT, RISIKO, MUNISIPALE EIENDOMSBELASTING EN HEFFINGS
7.1 Op datum van oordrag ▇▇▇ die Verkoper die besit van die eiendom aan die Koper gee.
7.2 Alle risiko en voordeel in die eiendom ▇▇▇ op die Koper oorgaan op datum van oordrag..
7.3 Die Koper is aanspreeklik vir die pro rata aandeel in munisipale belastings en heffings en ander eiendomsverwante kostes wat ten opsigte van die eiendom betaalbaar is vanaf datum van oordrag.
7.4 Die Koper moet die bedrae genoem in 7.3 aan die Verkoper se prokureur betaal binne 7 (sewe) dae nadat die Koper geskrewe kennisgewing ontvang het dat die bedrae betaalbaar is.
8. BOUWERK OP DIE EIENDOM
Die Bouer onderneem om op 'n behoorlik opgerigte en afgewerkte woonhuis op die eiendom te bou, in ooreenstemming met die huisplanne en spesifikasies wat hierby aangeheg is as Aanhangsels C en D. Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ alle materiaal en arbeid wat hiervoor nodig is, voorsien.
9. AANVANG EN VOLTOOIING
9.1 Dit word op rekord geplaas dat die Koper beheer oor die eiendom aan die Bouer ▇▇▇ ▇▇▇ op die datum van oordrag sodat die Bouer die bou van die woonhuis op die eiendom kan begin en voltooi.
9.2 Die Bouer mag en ▇▇▇ geregtig wees om beheer en besit van die eiendom te behou totdat alle bedrae wat deur die Koper aan die Bouer verskuldig is in terme van hierdie ooreenkoms, en enige ander ooreenkoms wat die Bouer en die Koper mag aangaan met betrekking tot die woning, betaal is, en die Koper al sy verpligtinge in terme van hierdie ooreenkoms nagekom het.
9.3 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ met die bouwerke begin op die datum van oordrag ▇▇▇▇ aangedui in die Skedule van Inligting of so spoedig moontlik daarna; maar met die voorbehoud dat die Bouer, in sy diskresie, nie verplig ▇▇▇ ▇▇▇▇ om met die bouwerk te begin nie alvorens:
9.3.1 die Koper voldoende sekuriteit verskaf het, tot die ▇▇▇▇▇ ▇▇ bevrediging, vir die betaling van die balans van die koste van die bouwerk wat op datum van voltooiing betaalbaar is; en
9.3.2 alle nodige toestemmings, goedkeurings, registrasies bekom is en alle owerhede se vereistes aan voldoen is.
9.4 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ poog om die woonhuis en bouwerke te voltooi teen die datum wat in E3 van die Skedule van Inligting aangedui word.
9.5 Indien die aanvang of voltooiing van die bouwerke vertraag word, weens enige rede hoeookal, vir 'n periode wat minder as 4 (vier) maande is, ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ geen eis teen die Bouer hê vir skade of andersins nie.
9.6 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ 30 (dertig) dae kennisgewing gee van die datum waarop voltooiing van die bouwerk antisipeer word. Nieteenstaande, is die Bouer geregtig om hierdie datum uit te stel deur die gee ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ aan die Koper binne 21 (een-en- twintig) dae nadat die eerste kennisgewing aan die Koper gestuur was.
9.7 Vir doeleindes van die voorgaande, ▇▇▇ enige van die volgende gebeurtenisse voltooiing van die bouwerke van die woning daarstel:
9.7.1 die datum waarop die Bouer die woning se sleutels aan die Koper oorhandig en die Koper daarmee saam die sertifikaat onderteken wat oorhandiging bevestig; of
9.7.2 die datum waarop die argitek die sertifikaat onderteken waarin sertifiseer word dat die woonhuis na bevrediging opgerig is, ▇▇▇▇▇ sertifikaat ooreenkomstig die bepalings van artikel 16(3)(b) van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 uitgereik ▇▇▇ word;
watter gebeurtenis ookal eerste plaasvind.
9.8 Nieteenstaande enige bepaling in hierdie ooreenkoms tot die teendeel, ▇▇▇ alle uitstaande bedrae wat in terme van hierdie ooreenkoms betaalbaar is, onmiddellik betaalbaar en opeisbaar wees op datum van voltooiing.
9.9 Die volkome risiko in die eiendom ▇▇▇ op datum van voltooiing op die Koper oorgaan.
10. PLASING EN AFWERKING VAN GEBOUE
10.1 Sou dit vir enige rede watookal in die ▇▇▇▇▇ ▇▇ uitsluitlike diskresie nodig wees ▇▇ ▇▇▇▇▇ wysigings aan te bring met betrekking tot die plasing en/of afwerking van die woning of enige buitegeboue ▇▇▇▇ dit op die ontwerp plan en tekeninge aangedui is, ▇▇▇ ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ daarvan en ▇▇▇ geregtig wees om sodanige ▇▇▇▇▇ wysigings aan te bring, maar onderhewig daaraan dat enige koste verbonde sodanige wysigings vir die ▇▇▇▇▇ ▇▇ rekening ▇▇▇ ▇▇▇▇.
10.2 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ geen skadevergoedingseis van enige aard, hoeookal dit mag onstaan, teen die Bouer hê wat voortrspruit uit 'n verandering of ▇▇▇▇ in die plasing van die woning of enige buitegeboue nie, behalwe as sodanige verandering of ▇▇▇▇ ▇▇ wyte is aan die growwe nalatigheid van die Bouer.
10.3 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ van die tydperk waarbinne die ▇▇▇▇▇ ▇▇ keuse van afwerkings moet uitoefen en aandui, en die Koper onderneem om dit binne die gegewe tydperk te doen.
10.4 Indien die afwerking wat die Koper kies nie beskikbaar of bekombaar is ▇▇▇, ▇▇▇ mag die Bouer, na konsultasie met die Koper, soortgelyke afwerkings gebruik.
10.5 Die Koper onderneem om met die Bouer saam ▇▇ ▇▇▇▇ en om alle inligting wat nodig mag wees vir die behoorlike voltooiing van die woning, te verskaf. Die Koper is aanspreeklik vir enige kostes wat oploop as gevolg van 'n vertraging om aan 10.3, 10.4 of 10.5 te voldoen.
11. WYSIGINGS
Indien die Koper, na ondertekening van hierdie ooreenkoms, versoek dat enige wysigings aangebring word met betrekking tot aspekte van die woonhuis en/of dat enige bykomende werk
deur die Bouer verrig moet word, ▇▇▇ moet sodanige versoek skriftelik gemaak word. Die Bouer mag ▇▇▇, maar is nie verplig daartoe nie, 'n aparte kwotasie aan die Koper voorlê vir sodanige bykomende werk. Sodra as wat die Koper sodanige kwotasie onderteken, ▇▇▇ dit geag word dat hierdie ooreenkoms dienooreenkomstig gewysig is. Alle koste wat betrekking het met sodanige wysiging is vir die rekening van die Koper.
12. BOU AKTIWITEITE EN DIENSTE IN FASES
12.1 Die Koper erken dat as gevolg van die bou aktiwiteite wat gepaard gaan met die ontwikkeling as geheel, hy bou-verwante ongerief kan ervaar weens, onder andere, stof, geraas en dies meer. .
12.2 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ geen eis teen die Verkoper, Bouer of Vereniging hê as gevolg van sodanige bou aktiwiteite in die ontwikkeling nie.
13. WAARBORGE
13.1 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ 'n waarborg ten opsigte van die woning:
13.1.1 vir enige defekte in die hoof strukturele komponente vir 'n periode van 5 (vyf) jaar; en/of
13.1.2 vir enige lekkasie in die dak, op enige ▇▇▇▇ van die woning, vir 'n periode van 1 (een) jaar na die datum van voltooiing.
13.2 Die Koper mag, binne 90 (negentig) dae nadat die woning voltooi is, 'n skriftelike lys van defekte aan die Bouer verskaf ten opsigte van defekte wat deur die waarborge gedek is, waarna die Bouer 'n redelike tyd gegun ▇▇▇ word om die defekte reg te stel. Die Koper word nie hierdeur verhinder om sy regte in terme van artikel 56, saamgelees met artikel 55, van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, uit te oefen nie insoverre dit van toepassing mag wees. Nieteenstaande enigiets tot die teendeel wat in hierdie kontrak mag voorkom, is die Verkoper nie aanspreeklik vir enige verlies of skade wat die Koper mag ly as gevolg van enige daad of late nie, met die uitsondering van verlies of skade wat gely is as gevolg van die growwe nalatigheid (▇▇▇▇ ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ in artikel 51 van die Verbruikersbeskeringwet 68 van 2008) deur die Verkoper, sy werknemers, kontrakteurs, of agente nie. Die Verkoper ▇▇▇ ook nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade, of dit finansiële skade of liggaamlike skade is, wat die Koper of enige ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ mag ly as gevolg van enige eenheid en/of ▇▇▇▇ van 'n gebou en/of ▇▇▇▇ van die eiendom wat te enige tyd verval in 'n defektiewe en gebrekkige toestand, of as gevolg van enige ander bouwerke of verbeteringe wat deur die Verkoper op enige ▇▇▇▇ van die eiendom in die ontwikkeling aangebring word. Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ nie geregtig wees om vir enige van bogenoemde redes, of enige ander rede hoegenaamd, betaling van gelde wat verskuldig is, te weerhou nie.
13.3 Buiten bogenoemde waarborge en die standaard waarborge van die Nasionale Huisbouersvereniging (NHBRC) wat deur die Bouer (of 'n maatskappy namens die Bouer) verskaf word, gee die Bouer geen ander waarborge van enige aard ten ospigte van die woning nie.
13.4 Die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ enige waarborg wat hy ontvang met betrekking tot enige item binne die woning, aan die Koper (insoverre hy daartoe geoorloof is) op die datum van voltooiing van die woning.
14. VERBAND
Hierdie ooreenkoms is onderhewig daaraan dat 'n Bank of ander finansiële instelling 'n verband aan die Koper toestaan vir die bedrag ▇▇▇▇ aangedui in F2 van hierdie ooreenkoms, of vir 'n
verminderde bedrag wat vir die Koper aanvaarbaar is, teen registrasie van 'n verband oor die eiendom gelyktydig met registratsie van oordrag in die naam van die Koper. Die lening moet toegestaan en goedgekeur word binne 30 (dertig) na die datum van ondertekening of binne sodanige uistel periode as wat die Verkoper, in sy uitsluitlike diskresie, mag toelaat. Indien die Koper nie aan hierdie klousule voldoen nie, sal die ooreenkoms in sy geheel verval.
15. KOMMISSIE
Die Verkoper is aanspreeklik om kommissie te betaal wat verskuldig is in etrme van hierdie ooreenkoms aan die relevante agent.
16. DIREKTE BEMARKING EN AFKOELPERIODE
Indien hierdie ooreenkoms gesluit is as gevolg van direkte bearking, ▇▇▇▇ gedefinieer in die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008, ▇▇▇ bevestig die Koper dat hy hiermee in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ is van sy regte in terme van artikel 16, saamgelees met artikel 20(2)(a), om hierdie ooreenkoms te kanselleer, sonder boete of rede, deur die gee van skriftelike kennisgewing aan die Verkoper te dien effek binne 5 dae na:
16.1 ondertekening van hierdie ooreenkoms; of
16.2 lewering van die goedere wat die onderwerp van hierdie ooreenkoms is aan die Koper.
17. DIE VERENIGING
17.1 Dit word op rekord geplaas dat die Vereniging opgerig is tot die voordeel van alle eienaars van erwe binne Diemersfontein Village, insluitende die ontwikkeling waarna ▇▇▇▇▇▇ word in klousule 2.1.3. Die hooffunksie en doel van die Vereniging is om die gemeenskaplike belange van al die eienaars binne Diemersfontein Wine & Country Estate te bevorder, uit te bou en te beskerm en die aanskaf en onderhoud van gemeenspalike areas, ▇▇▇▇▇ privaat paaie, privaat oop areas and ander soorgelyke areas in die ontwikkeling insluit.
17.2 Ten einde die Vereniging in staat te stel om die funksie te verrig waarvoor dit opgerig is, stem die Koper hiermee toe om outomaties lidmaadskap van die Vereniging te verkry op die datum van registrasie van oordrag en erken dat hy gebonde is aan die bepalings van die Vereniging se stigtingsdokumente en reels.
17.3 Die Koper word daarom 'n lid van die Vereniging op datum van registrasie van oordrag en stem toe om 'n lid van die Vereniging ▇▇ ▇▇▇ vir solank as wat hy die geregistreerde eienaar van 'n erf in die ontwikkeling is.
17.4 Die Koper erken dat hy aanspreeklik is om heffings te betaal aan die Vereniging, en die geskatte bedrag van heffings is ▇▇▇▇ aangedui in G van die Skedule van Inligting.
17.5 Die Koper erken en kom ooreen dat hy nie die eiendom mag vervreem of oordrag mag gee alvorens hy 'n uitklaringsertifikaat, teen die fooi wat die Vereniging daarvoor mag hef, van die Vereniging bekom het nie. Die uitklaringsertifikaat ▇▇▇ uitgereik word sodra as wat betaling ontvang is of betaling andersins voldoende verseker is, van alle bedrae wat deur die Koper aan die Vereniging verskuldig is en die Koper voldoen het aan alle verpligtinge wat aan die Vereniging verskuldig is. Die Koper erken en kom ooreen dat hy nie geregtig ▇▇▇ ▇▇▇▇ om toestemming tot oordrag en die uitklaringsertifikaat te ontvang as hy nie aan al bogenoemde vereistes voldoen het nie.
17.6 Die Koper erken dat, voordat hy enige bouplanne ten opsigte van die bou van wonings, ander strukture, wyigings of veranderinge aan bestaande geboue aan die relevante owerhede voorlê, hy die planne eerste aan die Vereniging ▇▇▇ voorlê vir goedkeruring en die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ aanspreeklik wees vir die koste en fooie wat die Vereniging mag hef ten opsigte van sodanige goedkeuring.
17.7 Dit is 'n uitdruklike en wesenlike bepaling van hierdie ooreenkoms dat die Koper nie sy eiendom op enige ▇▇▇▇▇▇ mag vervreem nie alvorens:
17.7.1 die bepalings in klousule 17 nagekom is;
17.7.2 die voorgestelde nuwe koper homself daartoe verbind het, tot bevrediging van die Vereniging, om 'n lid te word van die Vereniging op datum van registrasie van oordrag in die naam van die voorgestelde nuwe koper, en dat hy toestem om outomaties lid te word van die Vereniging op datum van registrasie van orodrag;
17.7.3 die voorgestelde nuwe koper skriftelik erken het dat hy bewus is en kennis dra van die bepalings van hierdie klousule 17.
17.8 Die Verkoper ▇▇▇ 'n voorwaarde teen die titleakte van hierdie erf registreer in terme waarvan die eiendom nie oorgedra mag word sonder die skriftelike toestemming van die huiseienaarsvereniging nie en in terme van die vereniging se grondwet. .
18. KOPER SE KONTRAKBREUK
18.1 Indien die Koper kontrakbreuk pleeg of versuim om te voldoen aan enige bepaling van hierdie ooreenkoms, ▇▇▇ is die Verkoper en/of Bouer geregtig daarop om 7 (sewe) dae skriftelike kennis ▇▇ ▇▇▇ aan die ▇▇▇▇▇ ▇▇ die kontrakbreuk en/of versuim reg te stel. Indien die Koper versuim om die kontrakbreuk en/of versuim reg te ▇▇▇▇, ▇▇▇ mag (maar is nie verplig daartoe nie) die Verkoper en/of die Bouer onmiddellik en sonder benadeling van enige ander regte wat die Verkoper en/of Bouer het (inlsuitende die reg om skadevergoeding te eis):
18.1.1 hierdie ooreenkoms kanselleer, in ▇▇▇▇▇ geval die Koper alle gelde wat reeds deur hom aan die Verkoper, Bouer en/of Verkoper se prokureur betaal is in terme van hierdie ooreenkoms, verbeur; of
18.1.2 spesifieke nakoming eis tesame met betaling van alle verpligtinge van die Koper in terme van hierdie ooreenkoms, insluitende die betaling van enige uitstaande balans van die koopprys.
18.2 Indien die Verkoper of Bouer stappe neem teen die Koper ▇▇▇▇▇ ▇▇ kontrakbreuk of versuim om aan die bepalings van hierdie ooreenkoms te voldoen, mag die Verkoper en/of Bouer, sonder benadeling van enige ander regte wat die Verkoper en/of Bouer mag hê, alle regskoste van die Koper verhaal, insluitende prokureur-kliënt kostes, opsporingskostes en invorderingskommissie wat die Verkoper en/of Bouer aan hul Prokureurs moet betaal.
18.3 Sonder benadeling van die Verkoper en ▇▇▇▇▇ ▇▇ regte in terme van hierdie ooreenkoms, sou die Koper versuim om enige bedrag wat in terme van hierdie ooreenkoms betaalbaar is te betaal op die vervaldatum, ▇▇▇ moet die Koper rente op die uitstaande bedrag aan die Verkoper en/of Bouer betaal teen prima ▇▇▇▇▇ plus 3%, bereken vanaf die vervaldatum tot die datum waarop betaling ontvang word, beide dae inlsuitend.
18.4 Die Verkoper en/of ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ geregtig wees, in hul diskresie, om regstappe in te stel ten opsigte van enige aspek wat uit hierdie ooreenkoms mag voortspruit in enige landdroshof wat jurisdiksie het, nieteenstaande die ▇▇▇▇ dat die waarde van die eis meer is as die landdroshof se finansiële jurisdiksie wat die eisoorsaak of waarde van die eis aanbetref.
19. MAATSKAPPY WAT GEVORM STAAN TE WORD
Indien die persoon wat hierdie ooreenkoms onderteken as ▇▇▇▇▇, optree in sy hoedanighied as agent of trustee van 'n maatskappy wat nog nie gevorm of inkorporeer is ▇▇▇, ▇▇▇:
19.1 onderneem sodanige ondertekenaar in sy persoonlike hoedanigheid dat die maatskappy binne 30 (dertig) dae na ondertekening inkorporeer ▇▇▇ word en dat die maatskappy binne 14 (veertien) dae na inkorporasie, hierdie ooreenkoms ▇▇▇ ratifiseer en aanvaar, sonder enige wysigings;
19.2 indien die maatskappy nie inkorporeer word binne die tydperk genoem in 19.1. nie, of inkorporeer maar nie die ooreenkoms ratifiseer of aanvaar nie binne die 14 (veertien) dae tydperk nie, sal die ondertekenaar geag word die Koper in terme van hierdie ooreenkoms ▇▇ ▇▇▇▇;
19.3 indien die maatskappy inkorporeer en die ooreenkoms ratifiseer of aanvaar in terme van artikel 19, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ die ondertekenaar van hierdie ooreenkoms homself as borg en mede-hoofskuldenaar in solidum en doen afstand van die voordele van skuldverdeling, uitwinning en sessie van die eisoorsaak, teenoor die Verkoper vir die behoorlike nakoming van die maatskappy van alle verpligtinge wat mag ontstaan in terme van:-
19.3.1 hierdie ooreenkoms; of
19.3.2 enige kansellasie van hierdie ooreenkoms; of
19.3.3 artikel 35 van die Insolvensiewet 24 van 1936, ▇▇▇▇ gewsyig, sou daar afstand gedoen word van hierdie ooreenkoms deur 'n likwidateur of sou 'n hof hierdie kontrak kanselleeer weens die likwidasie van die maatskappy.
20. MAATSKAPPY OF TRUST WAT REEDS GEVORM IS
Indien hierdie ooreenkoms onderteken word deur 'n persoon wat handel of voorgee om ▇▇ ▇▇▇▇▇▇ namens en ten behoewe van 'n maatskappy of 'n trust wat reeds inkorporeer en/of gevorm is, ▇▇▇ waarborg die ondertekenaar dat die maatskappy of trust reeds bestaan en behoorlik registreer is and dat hy behoorlik gemagtig is om namens die maatskappy of trust hierdie ooreenkoms te onderteken, en dat hy homself hiermee verbind aan die Verkoper as borg en mede- hoofskuldenaar in solidum, en doen afstand van die voordele van skuldverdeling, uitwinning en sessie van die eisoorsaak, vir die behoorlike nakoming van die maatskappy van alle verpligtinge wat mag ontstaan in terme van: -
20.1 hierdie ooreenkoms; of
20.2 enige kansellasie van hierdie ooreenkoms; of
20.3 artikel 35 van die Insolvensiewet 24 van 1936, ▇▇▇▇ gewsyig, sou daar afstand gedoen word van hierdie ooreenkoms deur 'n likwidateur of sou 'n hof hierdie kontrak kanselleeer weens die likwidasie van die maatskappy, beslote korporasie of trust.
21. SAMEWERKING
21.1 Elke party onderneem hiermee om:
21.1.1 alle dokumente te onderteken en ▇▇ ▇▇▇▇▇ (en ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ voorgaande te beperk, insluitende die ondertekening van die nodige Volmag en Hereregte verklarings);
21.1.2 die nodige te doen, of te laat doen, om die registrasie van oordrag te laat plaasvind en om niks te doen wat die ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ vertraag nie; en
21.1.3 die nodige resolusies aan te neem of toe ▇▇ ▇▇▇▇ dat dit aangeneem word, of ▇▇▇▇ dat dit geneem word deur direkteure en aandeelhouers van 'n maatskappy of lede van 'n beslote korporasie of trustees van 'n trust, ▇▇▇▇▇ ookal van topassing;
in soverre dit in so 'n party se vermoë is om dit te doen en dit uiting gee aan die doel van hierdie oorreenkoms of enige ander ooreenkoms wat tussen die partye gesluit mag word voortspruitende uit hierdie ooreenkoms.
21.2 Die Koper onderneem ▇▇ ▇▇▇▇▇ 5 (vyf) dae nadat hy daarvoor gevra is deur die Verkoper se prokureur, alle nodige oordrag- en verbanddokumente te onderteken en alle verband ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ betaal (indien van toepassing).
22. KENNISGEWINGS EN DOMICILIA
22.1 Elke party kies as sy uitsluitlike adres(“domicilium”) waar hy kennisgewings kan ontvang, prosesstukke op hom beteken kan word en vir enige ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ wat verband hou met hierdie ooreenkoms, die adres, e-pos adres en faksnommer wat aangedui is in die Skedule van Inligting.
22.2 Elke party ▇▇▇ geregtig wees om van tyd tot tyd sy domicilium adres te ▇▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ om skriftelike kennis van die nuwe domicilium adres, wat binne die Republiek van Suid Afrika geleë moet wees, aan die ander partye ▇▇ ▇▇▇. Dit mag nie 'n posbus ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ nie.
22.3 Enige kennisgewing en enige betaling wat deur die een party aan enige ander party (die ontvanger) gegee is en wat:
22.3.1 per hand afgelewer is gedurende normale besigheidsure van die ontvanger by die ontvanger se domicilium, ▇▇▇ geag word deur die ontvanger ontvang ▇▇ ▇▇▇▇ op die oomblik van aflewering, tensy die ontvanger die teendeel bewys;
22.3.2 per voorafbetaalde geregistreerde pos gestuur is vanaf 'n adres binne die Republiek van Suid Afrika aan die ontvanger by die ontvanger se domicilium, ▇▇▇ geag word deur die ontvanger ontvang ▇▇ ▇▇▇▇ op die vierde dag nadat dit gepos is, tensy die ontvanger die teendeel bewys.
22.4 Waar dit op enige plek in hierdie ooreenkoms vereis word dat enige kommunikasie skriftelik moet ▇▇▇▇, ▇▇▇ die begrip "skriftelik" alle kommunikasie wat per e-pos of faks gestuur is, insluit. Alle e-pos of faks kommunikasie ▇▇▇, ▇▇▇▇▇ die teendeel deur die ontvanger bewys word, geag word ontvang ▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die ontvanger een uur nadat dit gestuur is.
23. ALGEMENE BEPALINGS
23.1 Geen aanpassing, kansellasie, wysiging of toevoeging tot hierdie ooreenkoms ▇▇▇ bindend op die party wees nie tensy dit in skrif was en deur al die partye tot die ooreenkoms onderteken is.
23.2 Hierdie dokumentr stel die geheel van die ooreenkoms tussen die partye daar en geen party is gebonde aan enige ondernemings, voorstellings, waarborge, beloftes en dies meer wat nie skriftelik in hierdie ooreenkoms ingesluit is nie.
23.3 Geen vergunning, tegemoetkomendheid of uitstel wat enige party aan 'n ander gegun het in terme van hierdie ooreenkoms ▇▇▇ op enige ▇▇▇▇▇▇ die party wat die vergunning ▇▇▇▇ voormeld gemaak het benadeel nie of sodanige party verhoed om sy regte uit te oefen nie.
GETEKEN te hierdie dag van 2013.
GETUIES: | Namens en ten behoewe van die: Verkoper | |
1. | ||
2. | ||
Gemagtigde verteenwoordiger wie waarborg dat hy/sy behoorlik daartoe gemagtig is |
GETEKEN te hierdie dag van 2013.
GETUIES: | Namens en ten behoewe van die: Koper | |
1. | ||
2. | ||
Koper of sy/haar behoorlik gematigde agent wie waarborg dat hy/sy behoorlik hiertoe gemagtig is |
GETEKEN te hierdie dag van 2013.
GETUIES: | Namens en ten behoewe van die: Bouer | |
1. | ||
2. | ||
Gemagtigde agent wie waarborg dat hy/sy behoorlik hiertoe gemagtig is |
