Sekuriteitsfirmas Voorbeeld Klousules

Sekuriteitsfirmas. Indien ‘n werknemer van ’n sekuriteitsfirma wat ingevolge ‘n kontrak deur die versekerde in diens geneem is, verlies of skade veroorsaak, stem die versekeraar in om nie sy verhaalreg teen die gemelde sekuriteitsfirma uit te oefen nie indien die versekerde ingevolge die gemelde kontrak nie teen die gemelde sekuriteitsfirma mag eis nie. Die maatskappy xxx xxx indien ‘n geldige eis ingevolge enige afdeling of onderafdeling van hierdie polis ingestel word, as verweer aanvoer dat die maatskappy se regte benadeel is deur die voorwaardes van enige kontrak wat tussen die versekerde en enige sekuriteitsverskaffer aangegaan is in verband met die beskerming van die versekerde eiendom nie. 26.
Sekuriteitsfirmas. Nieteenstaande Spesifieke uitsondering 5, indien die versekerde ingevolge ‘n kontrak met ‘n sekuriteitsfirma werknemers van sodanige firma in diens geneem het om die versekerde se eiendom, in die loop van die besigheid van die versekerde vermeld in die bylae of persone te beskerm, regtens aanspreeklik gehou word vir die handelinge of versuim van die werknemers van die sekuriteitsfirma in die loop van hulle diens, sluit hierdie afdeling sodanige regsaanspreeklikheid in tot die mate waartoe hierdie skadeloosstelling ingevolge hierdie afdeling verskaf sou gewees het indien die vermelde werknemers ingevolge ‘n dienskontrak by die versekerde, en nie die sekuriteitsfirma nie, in diens was maar slegs tot hoogstens die aanspreeklikheidsperk vermeld in die bylae. Indien die sekuriteitsfirma ten tyde van die plaasvind van ‘n gebeurtenis wat tot ‘n eis aanleiding gee ten opsigte van dieselfde gebeurtenis op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx geregtig is, is die versekeraar nie aanspreeklik om enige betaling xx xxxx nie behalwe ten opsigte van enige bedrag bó die bedrag wat ingevolge sodanige xxxxx xxxxx betaalbaar is.