AANHEF Voorbeeld Klousules

AANHEF. 3.1 Die Verkoper is kragtens Sertifikaat van Saaklike Reg SK 1553/2009S, die houer van „n reg om vir sy persoonlike rekening van tyd tot tyd, maar binne „n tydperk van 75 (vyf en sewentig) jaar vanaf die datum waarop die Deeltitelregister geopen is, naamlik 8 April 2009, „n verdere gebou of geboue op die gedeelte, sowel as op ander gedeeltes wat xxxx uitmaak van die gemeenskaplike eiendom, op te rig en te voltooi. 3.2 Die Verkoper is in die proses om „n ontwikkelingskema in terme van die Wet op Deeltitels met betrekking tot die behuisingsontwikkelingskema op die grond op te rig. 3.3 Die Verkoper verkoop eenhede in die behuisingsontwikkelingskema in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels. 3.4 Dit word op rekord geplaas dat, vir doeleindes van hierdie kontrak, die bepalings van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone slegs van toepassing is insoverre dit nie teenstrydig is met die bepalings van die Wet op Deeltitels nie. 3.5 Die Verkoper en die Koper het ooreengekom dat die Verkoper die eenheid in die behuisingsontwikkelingskema aan die Koper verkoop wat die eenheid by die Verkoper koop, onderhewig aan die terme en voorwaardes van die kontrak. 4.
AANHEF. 2.1 AANGESIEN die Werkgewer die kontrak gesluit het en in die proses is om sessie te neem van die gedeelte; en 2.2 AANGESIEN hierdie ooreenkoms onderhewig is aan die suksesvolle registrasie van die Notariële Sessie in die naam van die Werkgewer; 2.3 NOU DERHALWE stel die Werkgewer die Kontrakteur aan om die werke xxxx omskryf in hierdie ooreenkoms en in die kontrakdokumente, te verrig en te voltooi en die Kontrakteur aanvaar hierdie aanstelling onderhewig aan die terme en voorwaardes hierin uiteengesit. 3.
AANHEF. 3.1 Western Breeze is kragtens Sertifikaat van Saaklike Reg SK 1553/2009S, die houer van „n reg om vir sy persoonlike rekening van tyd tot tyd, maar binne „n tydperk van 75 (vyf en sewentig) jaar vanaf die datum waarop die Deeltitelregister geopen is, naamlik 8 April 2009, „n verdere gebou of geboue op die gedeelte, sowel as op ander gedeeltes wat xxxx uitmaak van die gemeenskaplike eiendom, op te rig en te voltooi. 3.2 Die Sessionaris is begerig om, by xxxx xxx „n Notariële Sessie, die gedeelte te bekom. 3.3 Die Sessionaris maak „n aanbod om sessie te neem van die gedeelte, xxxxx „n ooreenkoms daar xxx xxxx onderhewig aan die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms, sodra die aanbod deur Western Breeze aanvaar is. 3.4 Dit word op rekord geplaas dat, vir doeleindes van hierdie ooreenkoms, die bepalings van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone slegs van toepassing is insoverre dit nie teenstrydig is met die bepalings van die Wet op Deeltitels nie. 4.
AANHEF. 1.1 Die Verkoper is die eienaar van die Eiendom wat xxxx uitmaak van die ontwikkeling wat bekend staan as Diemersfontein Village, geleë binne die Diemersfontein Wine and Country Estate te Wellington. 1.2 Die Verkoper het ooreengekom om die eiendom genoem te C1 in die Skedule van Inligting aan die Xxxxx xx verkoop, en die Koper het ooreengekom om dit te koop, onderhewig aan die nakoming van die voorwaardes wat in hierdie ooreenkoms vervat is. 1.3 Die Bouer het ooreengekom om 'n woning op die Eiendom te bou. 2.
AANHEF. AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH * behoorlik ingestel is kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997; * kragtens artikel 32(1)(a) van die Wet ʼn institusionele statuut mag maak; EN AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH * voortgedryf word deur die waardes onderliggend aan die Grondwet, in die besonder rakende menswaardigheid, gelykheid en vryheid; * akademiese integriteit, akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, etiese gedrag, billikheid en deursigtigheid nastreef; * eenheid in verskeidenheid bevorder deur verdraagsaamheid en respek vir verskillende perspektiewe en geloofsisteme in te skerp, om sodoende ʼn geskikte omgewing vir leer, innovasie, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid te verseker; EN AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH * verbind is daartoe om ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika xx xxxx, bekend vir betrokke akademieskap, akademiese uitnemendheid, sosiale responsiwiteit, en ʼn etiek van xxxx xxxxx personeel en studente; * streef om tot voordeel van die samelewing uit te blink in innoverende leer en onderrig, en voorpuntnavorsing; * verbind is tot die ontwikkeling van ʼn omvangryke reeks akademiese, professionele, beroepsgerigte en algemene programme om samelewingsbehoeftes aan te spreek; * responsief tot die welsyn van sy personeel, studente en die groter gemeenskap is deur optimale betrokkenheid, kapasiteitsbou en gesonde bestuurspraktyke; DAAROM MAAK DIE RAAD VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH NOU HIERDIE STATUUT, AS VOLG:
AANHEF. Siende dat A. (“die Borg”) bereidwillig is om die Universiteit van Stellenbosch xx xxxx xxxx finansiele steun aan die Universiteit van Stellenbosch te verleen, en B. die Universiteit van Stellenbosch bereidwillig is om hierdie borgskap te aanvaar, IS DIT DERHALWE DIE PARTYE SE WENS OM DIE AANVAARDE OOREENKOMS OP SKRIF TE STEL: 1.
AANHEF. Genade, barmhartigheid en vrede vir u van God die Vader en van die Here Xxxxx Xxxxxxxx! Die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente het die genoeë om u in xxxxxx xx stel dat u by 'n vergadering gehou op tot herder en leraar van die gemeente beroep is, sodat u hier alles kan kom doen wat van 'n herder en leraar volgens die Woord van God, die Kerkorde, en ander bepalinge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk verwag kan word. 2.